Werkplek-skieter in hof

Nicolene Schreuder en Dawid Connoway. Foto: Facebook

Nicolene Schreuder en Dawid Connoway. Foto: Facebook

Dawid Connoway (39), die man wat daarvan beskuldig word dat hy Nicolene Schreuder (35) verlede week by haar werksplek in Moreletapark in die ooste van Pretoria doodgeskiet het, het Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Ao. Dave Miller, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Connoway sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning. Hy is nie gevra om te pleit nie.

Connoway is Woensdagaand by sy ma se huis op ʼn plaas in Bronkhorstspruit in hegtenis geneem. Die polisie het hom in ʼn instapkluis gevind waar sy ma hom probeer versteek het. Connoway het glo Woensdagoggend omstreeks 08:30 by die kantoor van Cura Health Insurance, waar Schreuder as ʼn persoonlike assistent gewerk het, ingestap en vir haar gevra. Sy het saam met hom uit die kantoor gestap, waar hy haar buite op die stoep doodgeskiet het. Hy het op sy motorfiets gevlug.

Connoway was voorheen aan Schreuder verloof en daar word beweer dat hul verhouding ʼn paar weke voor die moord skipbreuk gelei het. Hy het op 17 April ʼn foto van hom en ʼn ander vrou op sy Facebook-profiel gelaai waarop iemand kommentaar gelewer het, “Eina… jou vroukie bars seker ʼn aar…”. [sic] Connoway het geantwoord “Ek hoop so,” en kort daarna, “Sy gaan weg saam ander mans. Tit for tat. Fair? Hulle sê mos moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.”

Rudolph Ackerman, Schreuder se hoof by Cura Health Insurance, het haar as ’n opgeruimde en borrelende mens beskryf wat met almal oor die weg gekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Petro ·

Sluit die siek ding sommer toe en gooi die sleutel weg!!!!!!Kani glo dat mans so vermakerig moet wees nie as ek daai comments sien en daai fotos van daai blonde vrou wat hy vasgehou het kan hy dankie se hy was nie met my getroud nie en ek gee nie om wat mense se nie maar mans wat so besitlik is en sy vrou nie kan vertrou nie is die tipiese man wat homself nie kan vertrou nie.

Dave ·

Sake soos dit behoort in Indonesië verhoor te word. Daardie is vuurpeloton-wêreld.

anon ·

hoe kan n ma nog so iemand versteek sies vir jo tannie jo kind moet somer saam jo op gesluit word?????????

SNEL ·

Twee wit manne se koppe wat hulle verlaat het die afgelope week…..dis om van skaam te word dat mens dieselfde ras is.
Dave jy het seker nie die berig klaar gelees nie, Petrol bedoel daar waar hy n foto van hom en n ander vrou op sy Facebook profile gelaai het in die hoop dat Nicolene dit sou sien en n aar bars. Dit was die vermakerigheid om iets uit te lok. Sy het haar seker aan hom afgevee en dis die wat hy n aar gebars het en sy kop hom verlaat het en haar gaan skiet het. Dis vreeslik jammer dat twee pragtige onskuldige vrouens, deur mans wat hulle op n tyd lief gehad het, so sonder rede vermoor is. Die wetters kan nou nog lewe en asemhaal, eet en lag, maar dit het hulle nie vir hul slagoffers gegun nie. Ek stem Dave, wens ons kan hulle Indonesië toe pos dat die sake daar afgehandel word.

Dave ·

Dankie vir die teregwysing Snel en verskoning aan Petro. Ek hèt verkeerd verstaan!
Presies soos jy sê Snel, die hartseer gebeure is boonop ‘n verleentheid vir ons want die blanke Suid Afrikaner is veronderstel om nie barbaars maar opgevoed te wees.

Eish! ·

Maar jy kry siek mense. In die ou tyd as jy ‘n alleen vrou was, was jy bang want jy het nie ‘n man gehad wat jou kon beskerm nie.. Nou as jy getroud is, is jou lewe nog minder werd en is dit wat jou moet beskerm, jou moordenaar. Alleen en ongetroud lyk my is die antwoord.

Neptunus ·

Daar was maar nog altyd ook blanke Suid-Afrikaners wat onopgevoed opgetree het. Gaan lees maar Deneys Reitz se boek Commando, selfs in die Tweede Vryheidsoorlog het jy hulle gekry. Hulle het voorheen dalk verdwyn tussen die massas beskaafde mense, of miskien was hulle toe proporsioneel minder. Die feit is egter mens sien al hoe meer hiervan deesdae. Passiewe aggressie jeens reëls en wette. Gebrek aan integriteit. Selfsug en hebsug. Dit gaan net toeneem.

Skim ·

Dit is verbasend hoe mense in die lewe verander ons het jare terug saam gewerk toe ek dit lees kon ek nie glo dit is dieselfde persoon nie sterkte aan Nicolene se Familie mag God julle deur die moeilike tye dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.