‘Werkplek-skieter’ sal skuld erken

Nicolene Schreuder en Dawid Connoway. Foto: Facebook

Nicolene Schreuder en Dawid Connoway. Foto: Facebook

Dawid Connoway, die man wat daarvan beskuldig word dat hy verlede maand sy voormalige verloofde koelbloedig by haar werkplek in Pretoria doodgeskiet het, sal skuld erken.

Dít het Dinsdag aan die lig gekom tydens Connoway (39) se verskyning in die Pretoria-landdroshof. Connoway sou na verwagting om borgtog aansoek gedoen het, maar het toe besluit om sy aansoek te laat vaar.

Connoway het op 29 April na bewering sy eksverloofde, Nicolene Schreuder (35), by haar werkplek in Moreletapark doodgeskiet. Hy het op sy motorfiets gevlug en Schreuder is op die toneel dood.

Connoway is later die aand by sy ma se huis op ʼn plaas in Bronkhorstspruit in hegtenis geneem. Die polisie het hom in ʼn instapkluis gevind waar sy ma hom probeer versteek het. Sy ma en haar vriend is ook vir dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem.

Hooflanddros Desmond Nair het die hofverrigtinge tot 18 Julie uitgestel wanneer Schreuder se nadoodse verslag beskikbaar sal wees.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dave ·

Dit behoort nie nuus te wees dat hy skuld sal erken. Of was daar enige manier waarop hy sou kon verdoesel dat hy ‘n koelbloedige moordenaar is?

M ·

Ek wonder waarmee het hy gedink toe hy van die begin af op die simpel idee afgekom het. Miskien sal hy nou agterkom die lewe draai nie om spesifieke mense en hulle siek selfsugtigheid nie. Gelukkig behoord hy nou ‘n goeie klompie jare voor hom in ‘n baie harde lewenskool te hê om groot te word.

scalla ·

Eintlik is dit dood logies, wie anders het die skoot afgevuur?

CHRISTA ·

Dit lyk my al hoe meer en meer mans probeer met moord wegkom. Ek mag seker ook nie sê hulle is barbaars nie (seker gawe kêrels, né?)

Peet Schabort ·

Christa, hy het darem die vuilwerk self gedoen en nie iemand gehuur. Dit maak egter nie van hom ‘n ‘gentleman’. Meeste mans wil egter eerder ‘n ding regd@nner of opd@nner as om sagkens te werk te gaan. Waarom mekaar dan nie net UITLOS as om die res van jou lewe op te foeter? Die “tel-tot-tien” bly maar ‘n groot waarheid maar nie so maklik toegepas.
Dink eers en doen dan. NIE drink eers en doen dan.
Ek maak laasgenoemde sin nie van toepassing op hierdie gebeure maar veralgemeen daarmee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.