‘Werkplek-skieter’ se borgtogaansoek uitgestel

Nicolene Schreuder en Dawid Connoway. Foto: Facebook

Nicolene Schreuder en Dawid Connoway. Foto: Facebook

Dawid Connoway, die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy voormalige verloofde by haar werkplek in Pretoria doodgeskiet het, se borgtogaansoek is uitgestel.

Connoway (39) het Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn. Die saak is tot 26 Mei uitgestel. Connoway word daarvan beskuldig dat hy op 29 April by Nicolene Schreuder (35) se werkplek opgedaag en haar in die kop geskiet het. Sy is op die toneel dood.

Connoway is later die aand in hegtenis geneem. Hy word aangekla van moord, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en die rig van ʼn vuurwapen.

Tydens ʼn vorige verskyning het die hof gehoor dat hy ʼn vuurwapen op ʼn veiligheidswag gerig het nadat hy op sy motorfiets weggejaag het om op sy ma en stiefpa se plaas naby Bronkhorstspruit te gaan wegkruip. Sy ma en stiefpa is ook in hegtenis geneem op aanklag van regsverydeling. Hulle is op borgtog vrygelaat.

Connoway het aan die hof gesê hy het voorheen ʼn skuldbekentenisboete betaal vir aanranding en dat daar ʼn hofbevel teen hom is in onverwante sake.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

hendrik ·

Ek het vrydag 15 May2015 was ek gegunpoint gewees ek het die kar. Agter na gesit die poliesie gebel en het n saak oop gemaak by die poliesie en daar het nog niks gebeur nie die ou ry nog hier rond het hom vandag weer gesien

Dave ·

Neem dit op met hoër gesag en verkieslik met ‘n ander polisiestasie. Die polisiestasie wat gesag het oor die stasie waar jy dit gerapporteer het.

SNEL ·

As mens alles in die koerant lees, die seuntjie van vyf wat gesteek is en vir dood agter gelaat is, die byl plaasaanval, daai vrou van nou die dag wat gehi-jack is en sommer koelbloedig dood geskiet is, om net die tip van die ysberg aan te raak, en nou vertel Hendrik van sy voorval, wat nie eers die blaaie gehaal het nie. Dan wonder mens hoeveel is daar nog waarvan mens nie eers weet nie. In hierdie land word dinge nie vir my beter nie, maar op alle gebiede vererger dinge net. Nou om die kersie op die koek te sit, word mense deur geliefdes ook nog vermoor. So binne of buite jou huis, waar is jy nou veilig, want n paar manne se koppe het hulle die afgelope tyd verlaat. Hoop regtig nie die akker kry borg nie. Waar is daai ou wat die ander een voor die hof geblaas het, hy moet miskien hierdie hofverrigtinge gaan bywoon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.