Werksaamhede hervat by poskantore

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Toenemende aantal personeellede van die Poskantoor keer terug werk toe en posstukke is al oor die naweek by Witspos in Johannesburg en Tshwane Mail in Pretoria geprosesseer.

“Nagenoeg 60% van die possorteringwerkers is terug by die werk,” het die Poskantoor in ʼn verklaring gesê.

Die Tramshed-poskantoor in Pretoria is gesluit vir herstelwerk weens vandalisme tydens die staking. Alle ander poskantore in die stad is oop. “Daar is ʼn paar poskantore in Johannesburg, die Wes-Rand en Oos-Rand wat ook tydelik gesluit sal wees vir herstelwerk weens vandalisme,” het die Poskantoor bygevoeg.

Voorvalle van intimidasie neem glo af en possortering het in alle gebiede buiten Witbank hervat.

“Possorteringwerkers in Bloemfontein, Welkom, Polokwane en Witbank het onlangs by die staking aangesluit,” het die Poskantoor bygevoeg. “Agt poskantore is Maandag in Bloemfontein gesluit uit vrees vir werkers en klante se veiligheid.” Die betrokke poskantore is Bainsvlei, Erlichpark, Kagisanong, Mangaung, Universitas, Kenworth, Arboretum en Willows.

Die posdiens is normaal in al die ander provinsies sonder enige werknemers wat staak.

Poskantoorwerkers het op 18 Augustus met ‘n onbeskermde staking begin weens ‘n ontevredenheid met die spoed waarteen tydelike werkers in permanente poste aangestel word.

Volg die verloop van die staking by die Poskantoor op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Susan van der Walt ·

Ek wag vir 2 pakkies waarvan een vanuit Australië gestuur is. Een pakkie was bedoel vir ‘n kind se verjaarsdag. Die ander pakkie is meer as kosbaar want dis CD’s wat ek van my oorlede pa bestel het. Dit is vir my skokkend dat ‘n Poskantoor wat ‘n onmisbare stelsel in enige land is vir 3 mnde net tot stilstand geruk word. Kommunikasie is moontlik met die internet maar om van Couriers gebruik te maak vir oorsese pakkies is ongelooflik duur!

leeann ·

Ek se jaag hulle almal weg, hulle breek af verniel brand af en dan moet mens weer vertou, neEeeeeeeee dis die belasting betaler se geld wat so gemors word!!! Ek glo ons het ook n se in die saak. Laat hulle voete raas!!! Die unie kan voorsien hulle is mos die bo baas opstoker met n klein brein, en skep net !!!

snel ·

SA is sekerlik die enigste land met so baie en aanhoudende strikes. Die een instansie stop en dan begin die ander een weer. Wie is nou volgende, myne, munisipaliteite, staatsdiens, onderwys….? Waar is die dae wat jy en die werkgewer ooreen kom op n salaris waarvoor jy bereid is om voor te werk en as jy nie meer tevrede is nie, dan SOEK jy vir jou ander werk. Hierdie is niks meer as n “grootmens tantrum” nie, en elke keer word daar net ingegee, so wie sal dan tog ooit ophou strike? Dis n skande!!! Hoop almal sal nou hul briefies en pakkies kry; hulle beter nou g@tte roer om agterstallige werk in te haal.

celia ·

Stem saam dat al die stakery aandagsoekery is, en baie sleg is, maar die poswese het ook hierdie mense knaend aangetel (tydelik) en dan weer afgesit – vir jare so aangehou. Daar was dus ‘n verwagting by hulle geskep vir werk. Daar was ‘n ruk gelede ‘n berig hieroor van ‘n afgetrede senior personeellid van die poswese.

Dupreez ·

Ek wag net vir my paar pakkies dan is ek klaar met hulle!!

Eben ·

Ek wag in spanning vir my e-toll rekening wat ek NIE gaan betaal :-)

Boesman ·

Ek stem saam Eben. Sal die wat inkom lekker in die asblik smyt. :-D

Drieks ·

Haha..Ek wag ook vir e-tol. Is gelukkig die land het vir een keer mooi saam gestaan en kan ons dit in die toekoms tog ook doen.

jenny botha ·

Sien is glo. Wat van internasionale posstukke by doeane?????

posduif ·

Die poskantoor staking is lank nie verby nie ! Ek werk vir die poskantoor en GEEN pos kom in of gaan uit nie! Ons weet nie of ons n salaris gaan kry nie ! Die web bladsy op facebook se dieselfde maar dis nie waar nie ! Mense woprd belieg en bedrieg. Voertuie word aan die brand gesteek en kantore se deure is stukkend gebreek deur die mense wat staak. Gee die werk vir ander mense wat wil werk ! Daar is baie mense buitekant wat werk soek!

Boesman ·

Hi Posduif.

Ek kan nie glo dat die staking steeds aanhou nie. Dit is ongelooflik onregverdig dat mense soos jy, wat duidelik WIL werk, geaffekteer word deur mense wat nie wil werk nie. Ek wens jou en die wat wil werk alle sterkte toe.

Ons wag ook in spanning vir n baie duur pakkie wat nou al 3 maande by Tshwane le. 3 MAANDE. Dit is totaal absurd. As daar maar net ‘n courier maatskappy soos DHL was wat ons hele pos stelsel kon oorneem en al die pakkies kon aflewer.

Ons regering is ‘n grap.

Groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.