Werksoekers nagegaan vir oortredings met kinders

kinderhandeWerkgewers maak glo al hoe meer van die nasionale kinderbeskermingsregister gebruik om te kyk of werksoekers enige oortredings het wat met kinders verband hou.

“Ons is bly dat meer Suid-Afrikaners en organisasies wat met kinders werk bewus is van die nasionale kinderbeskermingsregister om aansoekers te sif,” het Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, gesê.

Volgens die departement raak werkgewers al meer bewus daarvan hoe belangrik dit is om kinders te beskerm en talle werkgewers het al by die departement aangeklop om vas te stel of voornemende werknemers se name op die kinderbeskermingsregister verskyn.

Die departement het gesê dit beteken werkaansoekers wat skuldig bevind is aan misdade wat met kindermishandeling verband hou, moontlik nie sekere werksgeleenthede sal kry nie aangesien hul name op die register verskyn.

Die kinderbeskermingsregister bestaan uit twee dele. Deel A bestaan uit rekords van alle vorme van kindermishandeling en verwaarlosing, wat alle skuldigbevindings van mense wat van kindermishandeling en -verwaarlosing aangekla is, sowel as die bevindinge van die kinderhof insluit. Deel B bevat die name van mense wat onbevoeg verklaar is om met kinders te werk.

Volgens die departement het hulle tydens die 201/15-boekjaar meer as 63 600 navrae ontvang oor die kinderbeskermingsregister. “Die regering kan nie op sy eie werk nie en het alle Suid-Afrikaners se samewerking nodig om kindermishandeling hok te slaan en dit tot ʼn einde te bring,” het Dlamini gesê.

Volgens Dlamini werk haar departement en die departement van justisie saam om die moontlikheid te ondersoek om die kindersbeskermingsregister en die nasionale register van seksoortreders saam te voeg ten einde duplisering te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Dit moet wetlik verpligtend gemaak word om die register te gebruik deur werkgewers. Daar moet egter genoeg ‘hande’ wees om onnodige vertragings te verhoed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.