Werksoekers teen aanlyn slenter gewaarsku

Argieffoto

Die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel (GCIS) het Donderdag die publiek gewaarsku om lig te loop vir ʼn advertensie wat op sosiale media die ronde doen waarin valse regeringsposte geadverteer word.

Phumla Williams, waarnemende direkteur-generaal van die GCIS, het gesê hulle wil die publiek waarsku om nie slagoffers van die slenter te word nie. “Die GCIS adverteer vakante poste deur die departement van openbare dienste en administrasie, Vuk’uzenzele, die GCIS se webwerf en deur betroubare mediahuise,” het Williams gesê.

“Potensiële werksoekers word aangeraai om by ʼn werwingsmaatskappy seker te maak of ʼn geadverteerde pos eg of vals is. Werksoekers moet veral versigtig wees as ʼn aansoeker gevra word om vooraf geld te betaal.”

Williams het gesê die betrokke advertensie adverteer kamstige vakante poste by die GCIS, regeringsdepartemente en ander organisasies. Volgens die valse advertensie kan daar om 18 poste as senior sekretaris en 42 poste as algemene assistent aansoek gedoen word. Die skakels in die advertensie lei na die SA Local Jobs-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Luke ·

Nee maar kyk, as jy geld betaal voor n onderhoud, dan verdien jy dit.

Cecelia ·

Ja wees asb op die uitkyk veral op Guntree hulle is vol op daar

Ons was amper ook slagoffer maar wat te slim vir hulle

koos ·

Ek weet wat ‘n gesukkel dit is om werk te kry. Glo my, later bereik jy ‘n punt waar jy bereid is om te betaal net om weer werk te kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.