Werktuigkundige gevonnis oor kinderporno

Foto: Rawpixel/Unsplash.com

ʼn 34-jarige werktuigkundige van Ceres in die Wes-Kaap is tot tien jaar direkte tronkstraf gevonnis op aanklagte wat met kinderpornografie verband hou.

Johannes Deysel is in die Worcester-streekhof gevonnis nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van die onwettige besit, vervaardiging en invoer of verkryging van kinderpornografie.

Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is Deysel in hegtenis geneem ná ʼn internasionale samewerkingsoperasie tussen Suid-Afrika en die VSA.

“Die Suid-Afrikaanse polisie het ʼn wenk van die departement van binnelandse veiligheid in Florida in die VSA ontvang nadat hulle Deysel in September 2016 as ʼn verdagte geïdentifiseer het.”

Die polisie het op 3 Augustus 2017 op Deysel se huis toegeslaan nadat ʼn deursoek-en-beslagleggingsbevel bekom is.

Daar is op meer as 16 700 foto’s en 800 video’s van kinderpornografiese aard beslag gelê. Deysel het ʼn bekentenis afgelê en ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan.

Staatsaanklaer Cindy Abdol het aan die hof gesê dat oortredings rakende kinderpornografie nie maklik aan die lig kom nie. “Weens die ernstige graad van die oortredings word howe versoek om gepaste vonnisse op te lê.

Die oortredings wat deur die beskuldigde begaan is, is baie ernstig en maak jag op die weerbaarste individue in die samelewing. Howe het die verantwoordelikheid om vonnisse op te lê wat die verontwaardiging en afkeer van die publiek weerspieël anders kan dit die publiek se vertroue in die strafregstelsel skaad.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Hannah ·

Beslis nie.
Moes 100 jaar gewees het
In totale afsondering 24/7/365
3 mx 3 m sel

Francois le Cochon ·

@Hannah. Ek stem nie saam met jou nie. Eerder 200 jaar in ‘n 2×2 sel!

Abe ·

Gesonde benadering deur Amerika en SA se vervolgingsgesag aan die dag gele teenoor die soort oortreding.

Nika ·

wat het die feit dat hy n werktuigkundige is met die prys van eiers uit te waai, julle gee die beroep n slegte naam. Pleks lees dit Kinderporno verslaafde gevonnis. En sit sommer n prentjie van die vent op dat mense weet hoe hy lyk.

Heidi ·

Die beroep is nie onder verdenking nie, die persoon wel. Stem saam, wys sy foto sodat almal kan sien hoe die walglike man lyk.

Johan ·

Ek stem saam. Sy beroep het wraggies absoluut niks met sy oortreding te make nie.

Susan ·

Ek hoop hulle vang nog baie ander wat deel uitmaak van hierdie netwerk! Dit is van die ergste misdade wat daar is.

Bietjie baie ·

Maar nee! Kyk na flieks op TV….kinders word gevoer met hierdie tipe goed wat hulle bewus maak net soos pedofiele kinders groom.

Kobie Welgemoed ·

Hierdie mense kan nie rehabiliteer nie. Dit is orals in die wêreld bewys. Hy moet permanent uit die samelewing verwyder word. Kyk gerus na 10jr hoor jy weer van hom.

GM ·

Ek kan net nie insien hoe dit aanloklik kan wees vir enige iemand om ‘n onskuldige kind só te wil aanskou nie. Daar is duisende los mans en vroue daarbuite wat met graagte saam enige een in die bed sal spring, ongeag ‘looks’ of persoonlikheid -En selfs video’s sal maak daarvan. So hoekom kinders se lewens verwoes?
Sulke ‘mense’ verdien die wreedste dood.

Christine Esterhuizen ·

Op die ou einde is die HEEL ergste ivm kinder-pornografie, dit feit dat die kindertjies nooit nooit weer hulle vertroue in mense kan terug kry nie. Hulle kinderlike ONSKULD is ook VIR EWIG van hulle BEROOF. En dan ook, hoe leef hierdie pedofiele met hulle gewetens saam? As hulle ENIGSINS n gewete het? Ja, sluit vir EWIG toe, verwyder hulle uit die samelewing uit

marous ·

16700 fotos en 800 videos en die staat gaan ‘n ooreenkoms aan ? Hoeveel kinders se lewens is verwoes ? Sou diegene wat onderhandel het dit goedkeur as hulle kinders slagoffers van die gedrog was ?

Wielspore ·

Ons as ouers moet ons kinders leer om hulself teen sulke mense te beskerm want dit is die enigste beheer wat ons het. Die wolwe daar buite ken allerhande maniere om onskuldige kinders te misbruik. As ek self moet terug dink aan my kinder jare en selfs as jong man was daar wel tekens van vreemde gedrag van volwassenes. Daardie mans onderwyser was altyd oor die muur geloer het as ons seuns gaan stort het… daardie matriek leerling wat jou tussen die bene gryp en dat jy kastig moet fluit… daardie sondagskool kamp onderwyser… selfs gedurende diensplig, daardie offisier wat kom inspeksie doen by die storte 8 uur die aand…
Wees wakker, leer jou kinders wat is reg en wat is verkeerd. Gelukkig kom ek uit ‘n huis van 4 seuns waar jy jou man moes staan, my ouers het ons reg geleer.

Rooikop ·

Moet dit nie weerlooste eerder as weerbaarste lede van die samelewing wees nie?

Mariaan ·

Lewenslank sou gepas wees…met n marteling elke dag! Ons wette is pateties!!

Julie Jansen van Rensburg ·

Toe ek kind was, is ‘n ouderdomsbeperking van 13 op die gewilde fliek, GONE WITH THE WIND aangekondig, en dit net omdat die “held” (Clark Gable) vir die meisie hierdie slotwoorde geuiter het: “Frankly, my dear, I don’t give a DAMN…” en die woord “DAMN” was nie geskik vir kinders om te hoor nie… maar vandag gebeur dit dat sulke jong kinders soms laatnag op TV na “slaapkamer” tonele sit en kyk, ten spyte van ouderdomsbeperking. Jammer, maar hierdie wêreld is – soos iemand dit uitgedruk het: “…on a roller-coaster ride to hell…” jy word uitgeskel as jy deesdae teen pornografie, LGBT, rasvermenging, ens protes aanteken – inderdaad, om konserwatief te wees is deesdae ‘n “misdaad/sonde” – g’n wonder die wêreld is – soos iemand dit uitgedruk het: “…on a roller-coaster ride to hell…” Ek, i my middel-80’s – is konserwatief grootgemaak en ook my kinders volg nog daardie weg, maar hoe gaan vandag se norme/leefwyse my AGTER-kleinkinder affekteer??? CRY THE BELOVED COUNTRY/CRY, THE WORLD…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.