Werktuigkundige sterf in fratsongeluk

Die toneel in Vialls Place, Clare Estate in Durban, KwaZulu-Natal (Foto: Rescue Care)

Die toneel in Vialls Place, Clare Estate in Durban, KwaZulu-Natal (Foto: Rescue Care)

ʼn Werktuigkundige, in sy 20’s, is Dinsdag dood terwyl hy aan ʼn vragmotor gewerk het in Durban, KwaZulu-Natal.

“Die man was onder die vragmotor vasgekeer toe paramedici by die toneel in Vialls Place, Clare Estate opgedaag het,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, gesê. Die ongeluk het omstreeks 11:30 plaasgevind.

“Die man het aan die vragmotor gewerk toe dit agteruit gerol en die man onder die voertuig vasgekeer het,” het hy verduidelik. “Die plaaslike brandweer het van hidroliese toerusting gebruik gemaak om die vragmotor op te hys om die man se liggaam te bevry.”

Die man het noodlottige beserings opgedoen en het gesterf voor paramedici by die toneel opgedaag het.

Sydenham-polisie was op die toneel en stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Alien ·

Health & Safety?? Het hy in sy privaat hoedanigheid aan die trok gewerk? Die foto lyk nie soos ‘n werkswinkel nie.
Ons moet agteroor buig om beroepsveiligheid te implementeer, koste van dienste en produkte word opgejaag, mense weier om selfs ‘n alledaagse taak soos vloere vee uit te voer as hy nie tot die tand beskerm is teen wie weet wat nie. In die lokasies word besighede bestuur van paneelkloppers tot eetplekke sonder die nodige permitte maar ons moet alles reg doen volgens die regering of ons deure word toegemaak? Weereens, dubbel standaarde en konsentrasie op die verkeerde plekke deur ons regering.

Alien ·

Ja snoefie, ek wag vir die moederskip om my te kom haal maar hulle is bang hul word ge-hijack.

Sandra ·

Iemand is dood en dit is tragies….nie nodig om politiek te betrek nie.

Wat-ek-lees ·

Moet NOOIT ‘n kans vat wanneer ‘n voertuig nie stabiel ondersteun is. Indien die nodige apparaat ontbreek kruip jy nie onder die ding in. ‘n Domkrag alleen is ook nie goed genoeg bestutting selfs al loer jy net vir ‘n oomblik onder die voertuig. Bakstene is ook om te tender vir moeilikheid. Moet dus nooit met veiligheid kortpad vat.
Ai, die man is maar 20 jaar oud. Sou hy vir ‘n besigheid gewerk het vertrou ek dat daar ondersoek ingestel word oor wat gebeur het.
Sterkte aan die naasbestaandes en mag ons ander weereens hieruit leer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.