Werner de Jager bly agter tralies

Werner de Jager (Foto: Isabel Venter/Maroela Media)

Werner de Jager sal tot volgende jaar in aanhouding bly ná sy borgtogaansoek nie Donderdag in die landdroshof op Amanzimtoti in KwaZulu-Natal aangehoor kon word nie.

De Jager (45) word van die moord op sy vrou, ds. Liezel de Jager, aangekla. Hy het in ʼn geruite blou hemp en langbroek verskyn wat twee onbekende vroue vir hom hof toe gebring het.

Die hofverrigtinge is vir ʼn paar ure vertraag terwyl De Jager met sy advokaat, André May van Pretoria, gekonsulteer het.

Tydens sy verskyning het De Jager strak voor hom uitgestaar, terwyl hy kort-kort sy kop geknik het om aan te dui dat hy die verrigtinge volg. Op sy linkerhand was Liezel se naam in sierskrif getatoeëer.

Die ondersoekspan het aangedui nuwe inligting het aan die lig gekom wat nog ondersoek moet word. De Jager se adres moet ook bevestig word. Nhlanhla Mkhize, staatsaanklaer, het ook aangedui daar is vrae rondom De Jager se geestelike welstand en dat daar moontlik ʼn aansoek gebring sal word om hom vir sielkundige waarneming te stuur.

May het aangedui die verdediging sal nie so ʼn aansoek teenstaan nie, maar eerder verwelkom.

(Foto: Isabel Venter/Maroela Media)

Hy het ook ingestem dat die ondersoekspan eerder al die nuwe inligting ondersoek sodat daar met die volgende hofverskyning niks is wat ʼn borgtogaansoek sal verhoed nie.

Hy het wel kapsie gemaak teenoor die span wat nog nie De Jager se woonadres kon bevestig nie.

May het ook verwys na koerantberigte waarin daar foto’s van De Jager se woonstel gesien kan word.

“Dit is duidelik uit hierdie foto’s dat hy daar woon; al sy besittings is daar. Hy woon al sedert Februarie vanjaar daar,” sê May.

Hy het ook genoem dat De Jager steeds nie sy voorskrifmedisyne in die tronk ontvang nie. Dié medisyne wat De Jager moet gebruik is in Oktober aan hom voorgeskryf. Dit is ook die rede hoekom May nie ʼn aansoek om waarneming sal teenstaan nie, het hy aangedui.

De Jager sal weer in Januarie in die hof verskyn.

Die ondersoek na Liezel se moord het lank gesloer, maar ʼn deurbraak is gemaak nadat die nasionale eenheid vir onopgeloste sake die dossier verlede maand oorgeneem het.

Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by Action Society, het die moordklag teen De Jager verwelkom. Dié drukgroep monitor die saak nadat Liezel se ouers Action Society vroeër gevra het om betrokke te raak.

Buite die hof het Barend Groen, verbonde aan die NG Kerk Amanzimtoti, gesê daar is baie gemeentelede wat De Jager se inhegtenisneming verwelkom.

“Dit het te lank gevat, maar ons is verheug dat die dag uiteindelik aangebreek het.”

(Foto: Isabel Venter/Maroela Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

George ·

@Hannelie, kry hy dan nie dieselfde simpatie as Oscar nie? Albei moet lewens lank sit.

Goldy ·

Linkses wat die samelewing wil vernietig wil hom graag vry sien en sal daarom geestesgesondheid as wapen gebruik.

Koen ·

@Goldy. En regses wat Oscar en Lauren wil vry sien. en daarom hulle depro as wapens wil gebruik.

Casper ·

Hy is nog nie skuldig bevind nie en tot dan is hy onskuldig.Hy het nog nie eers gepleit nie en hy is sommer klaar parool geweier.Indien hy dit wel gedoen het en ek glo hy het moet hy lank sit maar die hof moet hom eers skuldig bevind.

domheks ·

Nou ewe skielik van lotjie getik? Glo dit nie vir een oomblik nie!

Koen ·

Interressant dat baie hier die ou se kop eis en hy is nog nie eers skuldig bevind nie. Maar die moordenaars wat skuldig bevind is word bejammer deur die regses wat die sameleweing wil vernietig.

Lubbe ·

Gee tog net sy medisyne vir hom anders gan ons hom nie weer sien nie.

OU SAAR ·

@annie…
Het jy vir Ds. Liesel geken?
Wel ek het vir haar en Werner en hul 2 dogtertjies baie baie goed geken, en ja, sy was heilig, jy is heeltemal reg.
Sy was nie in staat om ń vlieg seer te maak nie. Sy was die soort predikant wat mens nie sommer agter elke bos uitskop nie.
So as ek jy was, sit ek ń wag voor my mond en vee voor my eie deur.
Moet jou nie uitlaat oor goed waarvan jy niks weet nie… :-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.