Werner gevind, bevestig polisie

Werner en Liezel de Jager. (Foto: Facebook)

Die vermiste wewenaar Werner de Jager is Woensdagoggend gevind nadat hy sowat drie dae gelede as vermis aangemeld is.

“Ons kan bevestig dat Werner de Jager omstreeks 08:30 in die laer Illovo-omgewing lewend gevind is,” het kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê.

Mbele wou egter nie meer inligting in die stadium bekend maak nie.

De Jager is Sondag as vermis aangemeld nadat sy skoonpa, Henk van Zyl, hom glo Saterdag omstreeks 10:00 vir die laaste keer gesien het.

De Jager se vrou, Liezel, is meer as twee weke gelede onder raaiselagtige omstandighede vermoor. Liezel, leraar by die NG Kerk Suidkus in Amanzimtoti, is die oggend van 13 Oktober met wurgmerke aan haar nek dood by die kerk se pastorie gevind nadat sy saam met  ʼn groep mense gaan draf het.

Niks van Liezel se besittings is tydens die moord geneem nie en haar selfoon en sleutel is onder meer langs haar liggaam aangetref.

Die egpaar het twee jong kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sê maar net ·

Dankie Here hy lewe nog. Gebede is met die gesin en uitgebreide familie en vriende.

Pieter ·

Hier wag ‘n groot skok op jou. Of dalk bid jy maar net vir alle mense. Insluitend plaasmoodenaars.

Maggies ·

Ek hoop regtig dat hy net sy gedagtes gaan uitsorteer het. Ek wíl nie dat dit ook soos die Amerikaanse Petito/Laundry saak uitdraai nie. Ter wille van daardie pragtige kindertjies.

Rosalie ·

Hy en Jason Rohde kan saam kuier … eendag daar in hulle nuwe tuiste

Johann ·

Ek weet nie wat die ergste moet wees vir die familie nie. Om te moet weet wat gebeur het…of om nie die werklikheid sonder die waarheid te moet trotseer. Die boosheid wat om ons rondloop dra deesdae geen vermomming nie.

Moedeloos ·

Ek hoop regtig hy besef weghardloop is nie n oplossing nie. Praat die waarheid want dit gaan uitkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.