Wes-Kaap blink uit in munisipaliteit-graderings

Clarence-rylaan (Foto: Wes-Kaapse regering/Facebook)

Die Wes-Kaapse regering en DA-geleide munisipaliteite in die provinsie het uitgeblink in die jongste regeringsprestasie-indeks (RPI)-verslag.

Wes-Kaapse munisipaliteite was op die voorpunt van plaaslike munisipale prestasies landswyd.

“Die Wes-Kaap se deurlopende uitnemendheid het die provinsie se rang verhoog, met al hoe meer munisipaliteite wat topgraderings behaal,” sê Isaac Sileku, die DA se woordvoerder oor plaaslike regering in die Wes-Kaap.

In 2021 was 13 van die top-20 van die beste munisipaliteite in die RPI-verslag in die Wes-Kaap. In 2024 het dié getal tot 15 toegeneem.

“Die DA se toewyding tot dienslewering is onmiskenbaar, soos gesien deur ons munisipaliteite se merkwaardige prestasie in sleutelindikators soos die blou druppel, groen druppel en geen druppel-verslae.”

In die Wes-Kaap het 93,2% van huishoudings toegang tot veilige drinkwater. Die Wes-Kaap het ook die hoogste verhouding van huishoudings met toegang tot elektrisiteit, wat tans op 97% staan. Albei dié syfers is ver bo die nasionale gemiddeld, onderskeidelik 82,4% en 89,6%.

“Die provinsie se proaktiewe benadering tot bestuur blyk ook in sy uitnemende jaarlikse oudit-uitslae, met ʼn meerderheid van munisipaliteite wat die beste moontlike graderings ontvang. Die Wes-Kaapse regering het onlangs self ʼn 100% ongekwalifiseerde skoon oudit ontvang. Geld in die Wes-Kaap word spandeer aan dit waar dit moet. Die verslag benadruk ook die tevredenheid van inwoners in die provinsie – ʼn weerkaatsing van die tasbare impak van doeltreffende regering op mense se lewens.”

Sileku sê dié erkenning benadruk die Wes-Kaap se status as die provinsie wat die beste bestuur word en bevestig die DA se toewyding om alle inwoners naarstiglik dien.

“Ondanks dié prestasies, bly die DA-geleide Wes-Kaap daartoe verbind om voortslepende uitdagings te takel, veral wat ongelykheid betref. Die DA erken die werk wat vir ons voorlê, maar bly vasberade in sy missie om noodsaaklike dienste te bly verskaf en die gaping te vernou om ʼn blink toekoms vir al ons inwoners te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Die DA moet die standaard net hoog hou. Afstigters wil nie ‘n ashoop oorneem nie. Ons sal wel ‘n straat in Gugulethu na Winde vernoem.

Tallies ·

Baie geluk aan die DA. Kan die semigreerders asb tog nou net bly waar hulle is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Tallies, wat van migrante uit die Oos-Kaap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.