Wes-Kaap: ‘DA het waterkrisis geskep’

water-kraan

Foto: Pixabay.com

ʼn LP van die Nasionale Vryheidsparty (NVP) het Donderdag in die parlement die DA daarvan beskuldig dat dié party die waterkrisis in Kaapstad geskep het om die tenderproses te manipuleer sodat hy ʼn R6 miljard kontrak aan die Israelse regering kon toeken.

Ahmed Shaik Emam, LP van die NVP, het gesê die DA wou die waterkrisis skep sodat hy “daardie tender kon toeken en wegneem en sodoende die geld kry wat hulle nodig het vir die 2019-verkiesings, dis wat dit is,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat die Stad Kaapstad baie water het. “Laat hulle jou vertel van die lisensie aan SAB Miller wat water privatiseer en wat hulle planne is met Coca Cola wat 500 miljoen liter water gebruik.”

Die Stad Kaapstad het aanvanklik gemeen Dag Zero sal vroeg in April aanbreek, maar dit is toe al hoe verder teruggeskuif namate inwoners al hoe minder water begin verbruik het.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Woensdag gesê indien daar goeie reënval is en inwoners aanhou met hul pogings om water te bespaar, sal Dag Zero nie in 2018 aanbreek nie.

Emam meen die nasionale regering moet dringend ingryp by Kaapstad se “korrupte provinsiale regering”.

“Ons as die NVP sê die nasionale regering moet ingryp by hierdie korrupte DA in die Wes-Kaap. Die [departement van samewerkende regering en tradisionele sake] moet ingryp, die LUR moet ingryp om hierdie binnegevegte met Patricia de Lille [burgemeester van Kaapstad] op te los, met wie hulle wil baklei omdat hulle ontbloot is.”

Hy het die DA- munisipale regering verder daarvan beskuldig dat hy deelneem aan die apartheidsregering se pogings om te verseker dat water altyd aan die rykes beskikbaar was.

“Die water in die land behoort aan die mense van die land, so as daai korrupte leier Helen Zille (Wes-Kaapse premier) glo daar is ʼn fontein op haar erf, behoort dit nie aan haar nie. Hulle het waarskynlik die grond gesteel, dus het hulle die water gesteel, so al die water behoort aan [die land se] mense,” het hy uitgevaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

jaco ·

kwalifiseer die Isreali’s vir BEE en regstellende aksie???

Gatvol ·

Blykbaar was hulle die goedkoopste en n beter tegnologie. Het onttrek weens die afdwinging wat op hulle toegepas sou word. Weereens die soustrein ryers van onse land wat wou saamry sonder om iets by te dra.

TTh ·

Maak sin, die Swartrivier het nog die heeltyd water in, so ook die Lourensrivier, Helderbergkom se waterbron is 90% vol, dit is definitief ‘n leuen en iemand sal moet verduidelik waar die droogte eintlik is. Die Weskaap se water is vinnig opgebruik deur inwoners en besighede sou ek se. Die natuur en weerstelsels is onskuldig.

LB S ·

Ja, deur die toestroming wat in die Wes-Kaap plaasgevind het die afgelope paar jare.
Dis mos lekker hier in die Kaap.

Jacques ·

Dit is net vir my snaaks dat die Wes Kaap se stats die beste is van die hele land op alle vlake . Nou vra ek myself die vraag af of die regering dan glad nie genader is om maatreels in plek te stel en om saam met die Wes Kaapse regering te werk om die hele situasie onder beheer te kry nie . Dit is mos maklik om klippe te gooi as die ergste eers gebeer het , en dan te se julle MOES dit en julle MOES dat gedoen het . Dit is die Wes Kaap , nie die Limpopo of Noordwes nie .

LB S ·

Die DA het hoeveelkeer gevra vir hulp van die Nasionale Regering. Hoekom sal hulle die Weskaap help, dit is dan onder DA beheer. Go figure.

WIL OOK WEET ·

Janee nog nooit van hulle gehoor nie, gaan seker ook een van die dae hulleself oral van verhoe af laat hoor soos die EFF wat ook niks was nie.

oom koos ·

die NVP is die National Freedom Party. Dis ‘n wegbreekgroep uit die Inkatha Freedom Party. Dik pelle met die ANC…

Wim Kotze ·

Dit is die party wat die inwoners van Stikland Hospitaal verteenwoordig.

Ben ·

As die DA nie eers een stad in Suid Afrika se water kan bestuur nie, hoe sal hulle ‘n land kan bestuur?

Lerato ·

Jy laat my dink aan Uilspieël. Hy het altyd n veer op n klip gesit en daarop geslaap. Toe mense vir hom sê hy moet op n verebed slaap was sy antwoord.
As een veer so hard is, dink net hoe hard sal n verebed wees

LB S ·

Ai tog. Ons ALMAL weet dat Kaapstad en die Wes-Kaap BAIE beter bestuur is as enige ander Provinsie. Kom by!

Al ·

Die politikusse is verby dom, dom!
Hul blameer die DA vir iets wat net Godgegewe is, en dis reën.
Sien die glas halfvol tussen al die misery – ten minste is Wes-Kaapse grond nou onaantreklik weens die droogte …

Nettie ·

Dit is die Apartheidsregering se skuld dat daar te min water in die Wes-Kaap is – hulle het destyds die opgaardamme te groot gebou, daarom is daar so min water in die damme! Of so het die een of ander VREESLIKE SLIM ANC-parlementslid mos so ‘n rukkie gelede te sê gehad.

snoefie ·

julle spul liggelowige thomasse. gifbol! waar in jou lewe het jy groter snert gehoor? maar dadelik word die da (wat ek nie ondersteun nie) aangeval en sleggesê! lieg die natuur (dor droee kolle wat voorheen weiding en plantegroei was) saam met die da om geld vir 2019 verkiesing te kry? die menslike (gebrek aan ) intellek verstom my.

Pollie ·

Kaapstad is meer as 18 jaar gelede gewaarsku dat hulle waterbronne gaan opdroog. Hulle het nie geluister nie want soos met alles word die geld vir LUUKSHEDE gebruik en dan wanneer die moeilike tye aanbreek het hulle nie geld om ‘n plan te maak nie. Soos met hospitale en alle ander dienste word die geld wat begroot word vir die bou van opgaardamme en ontsoutingsaanlegte vir parties en karre en huise en oorsese toere gebruik, en dan word die PUBLIEK beskuldig dat hulle nie water spaar nie. USELESS .. was daar enige dorp sonder water voor 1994???

Lerato ·

Volgens ek verneem, het die DA lank gelede al vir Makonyane om hulpgevra, maar daar was n ewige gesnoer.

bgj van der westhuizen ·

is die man mal die da en anc is al twee skuldig oor die water probleem en die wit mense betaal vir hulle water

hindsight ·

Ja Nee – hier begin die gesanik vir stemme – Mnr daar is DROOGTE veroorsaak deur die Natuur – wat het tenders daarmee te doen ? jaloers omdat jy nie n viger in die pie het nie?

Irma ·

Interressant. Die slim maat moet dalk bietjie rondkyk. Hoe lyk die natuur, die gedeeltes wat nie deur water uit tuine besproei word nie. Lekker nat né want dit reën mos baie… Ag nee om ‘n mens se eie onopletendheid en onbegrip so uit te stal. Ek kry skaam vir die persoon se politieke retoriek.

Michael ·

Kan iemand vir my se waar dop die knaap uit. Uit watter bus het hy geval. Kyk hy weet nou regtig waar nie n hel wat om hom aan gaan nie. Ek het omtrent gelag.ai .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.