Wes-Kaap-damvlakke styg minimaal, gebruikers gewaarsku

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Die stad Kaapstad het ʼn verklaring uitgereik waarin hy die publiek maan om nie waterbesparing te staak nie. Volgens Xanthea Limberg, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir informele nedersettings en waterdienste, het damvlakke slegs met 3,7% gestyg sedert 6 Junie toe storms die Wes-Kaap begin teister het.

“Die waterkrisis is duidelik steeds ʼn krisis,” het Limberg gesê.

Volgens haar bly vlak 4-waterbeperkings ingestel vir ʼn onbepaalde tydperk.

“Afgesien daarvan dat dit volhoubaar moet wees, moet ons ook ekstra waterreserwes opbou. Dit kan ʼn paar seisoene van normale reënval verg voor ons damvlakke weer herstel. Ons moet ook onthou ʼn selfs moeiliker somer word vir 2018 voorspel.”

Limberg het ook gesê alle gebruikers moet minder as 100 liter water per persoon per dag gebruik.

Die stad het die howe gemaan om strenger op te tree teen oortredings van die vlak 4-waterbeperkings en het ʼn maksimum boete van R5 000 ingestel. “Dit kan selfs tot R10 000 styg en boonop tronkstraf tot gevolg hê indien die persoon aanhoudend oortree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cruz ·

So n kosbare hulpbron en maksimum boete R5000?
Bygesê dis as die skuldige gevang word.
Wat van die wat in die donkerte van die nag tuin natmaak?
Ek dink howe moet strenger optree

Rina van Vuuren ·

Ek moedig mense aan on lekker water te bespaar. Ek het my vuilgoed drom onder my dakgeut geplaas. Nou gebruik ek dir for my wasgoed wat die meeste water gebruik is in die huis. En ek gebruik dit vir my skottelgoed vir my toilets vir hare was. Dit onthou ek van kinderdae ag hoe dat reenwater jou hare laat blink en sommer do laat bons. Ek het van 7 kiloliter water se gebruik na wen kilometer water verlaag Bandar ek die deepwater orals opvang. So ons kan. Gauteng het baie reen gekry en water se verhoging het net so gebly. So wees versigtig as jul dink daar is baie water en kan maar mors.

lynni ·

Dan is daar mense in Kaap wat dink die stormreen was genoeg. My vriendin vra vandag vir my of ons nog water moet bespaar.

Houtoog ·

‘n ‘Gebruiker’ se water raak nie klaar/op.
‘n ‘Verbruiker’ se water raak klaar/op.
Met ‘gebruikte’ water is die Kaap dan weer Hollands of sit ek die pot mis?

Schaller van Heerden ·

Vraag: Wat gebeur met departement en persone in beheer van die departement wat nie vooruit beplan vir dienste nie? Aanbouings word net voor die wind goedgekeur met geen beplanning nie en dan word die publiek belas as daar ‘n te kort is. Ons weet nou daar is dalk nie goeie reên nie en moet nou iets daaraan gedoen word vir voorsiening vir die volgende 20 jaar plus…… nie net water nie, maar ook vullis hantering, sewerage aanlegte, elektrisiteitsvoorsiening en transport (spoor, pad & lug)….dit is waarvoor die dienste departemente aangestel is…….nie om ander te belas vir swak beplanning nie!Dat ons meer spaarsaam moet lewe word nie betwyfel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.