Wes-Kaap: Droogtekontrak ‘moreel korrup’

Tony Leon. Foto: Reint Dykema

Die Wes-Kaapse tak van die vakbondfederasie Cosatu het Dinsdag gesê die kontrak ter waarde van R650 000 wat aan Tony Leon, die voormalige leier van die DA, toegeken is deur die stad Kaapstad om inligting oor die droogte te kommunikeer was moreel korrup, selfs al was dit nie onwettig nie.

“Tony Leon en ʼn voormalige werknemer van die stad word ʼn halfmiljoen rand betaal om vir Kapenaars te vertel dat dit nie reën nie,” het Tony Ehrenreich, provinsiale leier van Cosatu, in ʼn verklaring gesê.

“Dit blyk dat daar baie voorvalle is waar DA-lede en hul vriende wettige maar moreel korrupte kontrakte ter waarde van miljoene rande met die stad ontvang. Burgemeester [Patricia] De Lille se suster moet ook ondersoek word as ʼn begunstigde van dié tipe wettige kontrakte,” het Ehrenreich gesê.

Ehrenreich het bygevoeg die “ANC-diewe” het buite die wettige raamwerk gesteel, maar die “DA-diewe” wat onder apartheid geleer het “steel binne die wettige raamwerk”.

“Maar dit is nie minder korrup nie, want dit steel geld wat vir die armes gebruik kon word,” het hy gesê.

Dié opmerkings kom ná dit bevestig is dat Resolve Communications, met Leon en Nick Clelland aan die hoof, in November ʼn kontrak toegeken is om die stad se kommunikasie rakende die droogte in die Wes-Kaap te verbeter.

Leon was vir sewe jaar aan die stuur van die DA wat amptelik in 2000 gevorm is.

Die leierskap van die stad is tans in omstredenheid gedompel weens ernstige aantygings van oortreding teen De Lille en ander hoës.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Callie ·

Die is darem baie ooglopend baantjies vir boeties. Ek het twee wense. Een is om so kontrak te kry waar jy niks doen vir baie veld. Die ander is om eendag heel voor te wees by n verkeers opeenhoping om te sien wie jaag aan. Altwee blyk onmoontlik te wees

....Hmmmmm.... ·

Ek dink ons kan almal sien dit reen nie in die Wes-Kaap nie of verstaan ek Tony Ehrenreich verkeerd???????

Anel ·

Die DA is in groot gemors en dit het begin met MM se aanstelling, hy blyk `n sluiper te wees vir die ANC wat die DA wil laat vaal.

Raak ontslae van MM voor 2019 of die DA gaan meeste van hulle stemme verloor.

Eish ·

Vir die eerste keer moet ek Tony Ehrenreich gelyk gee. Verseker n swak etiese besluit van beide die stad Kaapstad, sowel as Tony Leon, wat verseker van beter weet.
Moreel korrup is ook die korrekte beskrywing hiervan.
Weereens n bewys dat betroubaarheid, etiek, karakter en morele waardes deur die bank by politici ontbreek in mindere of meerdere mate.
Daar waar die aas is, sal die aasvoëls bymekaarkom .

Eish ·

Resolve Communications is die Suid Afrikaanse weergawe van Bell Pottinger. Beeldpoetsers. Jy maak droog, hul laat jou goed lyk deur woordgimnastiek.
Die ideale aftreewerk vir oud politici.

mc ·

Wel, lyk vir my maak nie saak watter wonderlike skaapwagter aangestel word nie – gee hulle net te lank die koekieblik se sleutel en hulle verander nou maar eenmaal in ‘n wolf. Maak nie saak watter politieke party dit is nie, Almal is wragtig dieselfde. Wat de hel soek Tony Leon geheel en al in die prentjie. Sies man.

Hans ·

Hoe werk dit nou? Kan die raadslede dit nie self komunikeer met hul wyke nie? Waarvoor word hul dan nou betaal? Dit is totaal en al n vermorsing van geld as was die kontrak toegeken aan piet pompies.
Daar is geen politieke party wat wêreld wyd vertrou kan word nie, dit is hoekom dit seker politiek genoem word, laat my dink aan die ou sê ding van “dit is n staats geheim”

Andre ·

Hierdie tipe nuus is wat jy “diversion” van aandag noem. Was nog altyd gebruik deur politieke leiers en ook in baie oorloë.

Johan du Toit ·

Ja kyk. ek het lankal vir MM so gekyk. G`n wonder hulle het so vining van Helene Zille ontslae geraak nie. Hulle wou nie oor die vingers getik word nie. ek sê nog steeds. Die DA nou is net `n ANC Lite! Hulle moet passop die weskaap word nog onder hulle gate uit weg gestem!!!!

Adam ·

Vir een keer in sy lewe praat Tony E die waarheid Wat is daar om te komminimeer behalwe dat dit nie reen nie Ek sou daai joppie vir hulle gratis doen

Pieter ·

Verstaan regtig nie hou daar by die groot bedrag uitgekom word nie. Geld moet liewer aan waterprojekte bestee word. Maar daar is te veel teenstrydighede in die dag tot dag kommunikasie wat deur amptenare gedoen behoort te word. Beeldpoetsery sal buitendien nie die situasie verbeter nie.

Jaques ·

Mense, mense, mense, COSATO het verseker geslaag in hulle doel, en dit is om julle aandag van al die ANC se skandes en ander gemors af te herlei.
Niemand weet wat die rede agter die fiet is dat COCT ‘n buite maatskappy aangestel het om hulle kommunikasie te bestuur en te hanteer nie.
Die vraag wat eerder gevra moet word is:
Is die maatskappy aangestel deur “due process”, en was hulle die goedkoopste tender vir die spesifieke doel.
Die man is lankal nie meer ‘n aktiewe politiekus nie, maar ‘n besigheidsman.
Mag jy dan nou glad nie meer met die staat besigheid doen indien jy enigsins by die politiek betrokke was nie?
Mense, dink bietjie verder as wat daai mannetjie julle mee om die bos probeer ly, weg van hulle groot duidelike staatskapings en bedrog oral waar hulle saad le.

Ben ·

Dis DA is onder dieselfde sambreel as die anc en eff. Dit is nou al vir ‘n paar jaar so.
Dankie tog ek het niks met hulle te doen nie. Ook ‘n korrupte spul soos hulle maatjies.

Duns ·

Ek het altyd ‘n spesmaas gehad die DA is undercover ANC. Vir wie op aarde stem mens dan nou? Is nie so maklik om te emigreer nie maar ek wil graag in vrede lewe indien so iets moontlik is. Elk geval dink ek Zuma het genoeg biljoene saam die Guptas landuit, so Tony is nie só vraatsug nie. Ai tog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.