Wes-Kaap kan nog 500 000 dosisse entstof bekom

(Foto: Justin Tallis/AFP)

Teen ʼn koers van ongeveer 6 000 inentings per dag sal kudde-immuniteit eers ná 18 jaar behaal word, volgens ʼn Vax Calculator deur Media Hack.

“Dit plaas effektief die Wes-Kaap en die land op ʼn roekelose pad, onder leiding van die nasionale regering. Lewens sal verlore gaan en mense se lewensbestaan sal generasies lank verwoes word,” het Wendy Philander, die DA se provinsiale woordvoerder oor gesondheid, in ʼn verklaring gesê.

“Dit kom terwyl die parlementêre staande komitee oor gesondheid vandag gehoor het provinsiale inkomste is ʼn buffer vir die afname in voorwaardelike toelaes van die nasionale regering, en dat dienste verhoog moet word as nog dosisse entstof beskikbaar gemaak word van die nasionale regering. Die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap verwelkom dus die aankondiging deur die provinsiale minister van finansies, David Maynier, om R75 miljoen beskikbaar te maak om 500 000 enkeldosis inentings te bekom om die nasionale regering se pogings te ondersteun – indien verskaffers beskikbaarheid vir die provinsie bekend maak.”

Die Vax Calculator dui aan dat sowat 210 000 inentings daagliks moet plaasvind indien kudde-immuniteit teen 2022 bereik moet word. “Die provinsie het gister net meer as 2 000 mense ingeënt – die hoogste nog sedert ons inentingsprogram begin het. Die provinsie het ten doel om sy strategie te verhoog na 30 000 inentings per dag, sodat ons immuniteit kan bereik kragtens die nasionale teikens. Die provinsie word egter teruggehou deur ʼn gebrek aan aflewering deur die nasionale regering.”

Philander sê die provinsie kan nie bekostig om gekniehalter te word deur proeflopies nie. “Ons het ʼn behoorlike, goed-gefinansierde en hulpbron-ondersteunde inentingsprogram nou nodig. Alhoewel die nasionale regering benadruk dat dit nie nodig is dat die provinsie moontlike aanskaffingskanale ondersoek nie, is die pas waarteen ons bepaal het kudde-immuniteit moet bereik word, noodsaaklik vir die welstand van ons toekoms.”

Sy het parlementêre vrae ingedien oor die bestaande uitdagings met inentingsprogramme in die provinsie en hoe die provinsiale departement van gesondheid dié risiko’s bestuur vir verhoogde doeltreffendheid. “Inentings bly van hoogste belang vir die provinsiale regering. Altesaam R325,6 miljoen is opsygesit vir die huidige finansiële jaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

Wat ís dit met die regering dat hulle nie kan wakkerskrik nie? “Nóg ‘n bietjie slaap, nóg ‘n bietjie sluimer, nóg ‘n bietjie hande vou om uit te rus …” !

Darkwing Duck

En met daardie geldjies is nog nie 1 vaksien gekoop of afgelewer nie. J&J tel nie, dis nie regering bydrae nie. Daar sal al ‘n 7de generasie virus uitwees voor ons vaksienes kry. En waar is ons min van gesondheid = sien hom nie op TV om te verduidelik wat hulle plan is nie (oops, het nie een nie).

Pieter

So 14-jaar terug my laaste griepinspuiting gekry by die werk. 14-jaar terug laas griep of erge verkoue gehad. Sorg altyd dat my immuunstelsel op peil is.

Pieter

Wonder hoekom die meeste mense so gaande is oor die Covid-19 inspuiting? Dit maak jou nie skoon van Covid-19 nie en verlaag jou immuniteit.

Jakes

In beskaafde lande soos Britanje kry die gewone landsburger al hul tweede dosis entstof. Weereens word onbevoegdheid en bankrotskap van die regering bewys hoekom SA nog nie eers 200,000 mense kon inspuit nie.