Meer as 6,8 miljoen internasionale en binnelandse toeriste het vanjaar al deur die bekroonde Kaapstad Internasionale Lughawe (CTIA) se deure gestap vir ʼn besoek aan die Wes-Kaap.
Mireille Wenger, LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede in die Wes-Kaap, sê 1,9 miljoen van hierdie besoekers was internasionale toeriste en 4,9 miljoen was binnelandse reisigers.
Volgens die maandelikse toerismeverslag, saamgestel deur die Wes-Kaapse regering (WKR) se agentskap vir handel, belegging en toerismebevordering (Wesgro), het internasionale tweerigtingpassasiers deur CTIA tussen Januarie en September vanjaar met 60% toegeneem. Binnelandse tweerigtingpassasiers het met 14% toegeneem, vergeleke met dieselfde tydperk in 2022.
“Ons sien steeds ʼn indrukwekkende groei van toeriste wat die Wes-Kaap besoek. Dit is uiters opwindend en ʼn neiging wat na verwagting nie net sal voortduur nie, maar al die vorige somerseisoene sal oortref.
“Ons werk hard saam met belanghebbendes in die toerisme- en gasvryheidsektor, asook met ons vennote wat verantwoordelik is vir veiligheid en sekerheid om die belangrikste bekommernisse rakende die veiligheid van stappers en besoekers in en om die Tafelberg Nasionale Park en Leeukop te pak,” sê Wenger.
Die top vyf jaar-tot-jaar-groeikoerse in September vanjaar is vir die volgende besienswaardighede aangeteken:
- Groot Winterhoek Wildernisgebied (385%)
- Robbeneiland (270%)
- Swartberg Natuurreservaat (178%)
- Keurboomsrivier Natuurreservaat (91%)
- Wildernis Nasionale Park (72%)
- Keurboomsrivier Natuurreservaat (Foto: Scott Ramsay)
- (Foto: Dirty Boots)
“Ons sal voortgaan om die rooi tapyt in die komende maande vir besoekers – internasionaal én binnelands – uit te rol.
“Ons is vasbeslote om alles in ons vermoë te doen om die voortgesette uitbreiding van hierdie belangrike sektor moontlik te maak sodat dit ekonomiese groei kan bevorder en soveel meer werksgeleenthede vir inwoners van die provinsie kan skep,” sê Wenger.
Beste “land” in Suid-Afrika…………….
Verseker!
O ja, behalwe natuurlik Namakwaland… Daars net een Land en dis Namakwaland!
Dis nie al wat toeriste lok nie…. net vanoggend was ek by ‘n Dermatoloog, my hospitaal plan dek dit nie. R3400 later stap ek uit na my 20 min afspraak, ek het geen produkte gekoop of gekry nie. Binne wag 4 ander uitlanders, 2 Duitsers en 2 Britte. So jaag dit die pryse op vir Dr’ sen Spesialiste.
Dis nie eers uitbuiting nie, dis blatante stelery.
Kom ons vertrou dat spesialiste wat die land verlaat het gaan terugkeer na die WK. Baie spesialiste migreer steeds van ander provinsies na die WK. Mediese toerisme is deesdae groot besigheid. Maar plaaslike mense behoort billik hanteer te word.
Die kaap blom en johannesburg staar anargie in die gesig. Ek wonder hoekom is dit so, dalk iets met leierskap te doen of mag dit nie gese word nie….
Daar is baie oorseese geld in die Kaap area, hulle noem nie verniet Somerset Wes klein Duitsland nie. Dis juis hulle wat ons “redding” is want hulle betaal hulle rekeninge nes ons en hou van orde. Hulle noem dit die “Blance de Blance”.
Ja die wat aan die stuur van sake staan het natuurlik ‘n invloed, die mooi natuur ens ens. Op die ou ent kom dit daarop neer dat die bevolkings digtheid van ‘n sekere Afrika groep is minder as in ander provinsies. Die dorpe/stede in Wes Kaap waar daardie digtheid hoog is, het ook die meeste krimminele probleme.
Karoo, buitelanders met geld is welkom. Maar op een of ander manier moet hulle bydra tot ‘n welstandsfonds wat help met ontwikkelingswerk in die provinsie.
Bravo!