Wes-Kaap nou van woonhuise af regeer – LUR in kwarantyn

Dr. Nomafrench Mbombo (Foto: Henk Kruger/ANA)

Die Wes-Kaapse LUR vir gesondheid, dr. Nomafrench Mbombo, is in selfopgelegte kwarantyn nadat die Franse konsul in die Moederstad, Laurent Amar, bevestig het hy het die koronavirus opgedoen.

Mbombo het die afgelope paar dae heg met Amar saamgewerk en is dus deur die provinsiale premier, Alan Winde, huis toe gestuur. Sy is tuis en in self-isolasie, maar werk voltyds terwyl sy haarself vir simptome monitor.

Hoewel Winde Woensdag baie tyd saam met Mbombo deurgebring het, het hy op mediese advies besluit om homself nie in kwarantyn of self-isolasie te plaas nie.

Heeltemal onafhanklik van hierdie gebeure het die premier in elk geval van die huis af begin werk – dieselfde raad wat die DA aan sakeondernemings reg oor die land gegee het: Werk van die huis af indien moontlik.

Alle belangrike vergaderings word per foon gedoen, met telekonferensies vir kabinetsvergaderings.

“Ek meen dit is ʼn effektiewe en innoverende manier vir ons om ons werk te doen, en ek wil sake-ondernemings nogmaals aanraai om soveel moontlik van hul werknemers toe te laat om van die huis af te werk,” het Winde gesê.

Hy het onderneem om volstoom vorentoe te werk, met sy onmiddellike doelwit die beperking van die virusuitbreking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Reinhardt ·

As daar een goeie ding van hierdie virus kom is dit dat baie ondernemings sowel as die staat gaan besef dat ons hoef nie in kantore te sit om ons werk te doen nie. Meeste mense wat hul werk op n rekenaar doen kan dit van die huis af doen, die tegnologie is daar.

Scalla ·

Wat maak dit saak van waar sy werk, die uitslag gaan nog presies dieselfde wees!!

Piet parys ·

Wat se die toets . Sover my kennis strek is wanneer jy siek is is jy ongeskik om te werk en kan jy mos nie belangrike besluite neem nie . Jys op siek verlof . … nou gaan mense dik word van by die huis lê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.