Wes-Kaap ontken dat LUR vas is vir spoed

Argieffoto

Argieffoto

Die Wes-Kaapse regering het ontken dat een van sy LUR’e vir ʼn spoedoortreding in hegtenis geneem is in Gauteng.

Donald Grant, Wes-Kaapse LUR vir vervoer, het gesê daar is “absoluut geen waarheid” in die berigte nie.

Die Johannesburgse metropolisie het vroeër gesê ʼn man is Sondagoggend in hegtenis geneem nadat hy teen 207km/h vasgetrek is in ʼn 120km/h-sone op die N1 in Midrand.

“Die feit van die saak is dat die man wat in hegtenis geneem is, beweer het dat hy ʼn LUR in die Wes-Kaap is,” het hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, gesê.

Volgens Minnaar het die man wat ʼn goue Bentley gery het, geweier om te stop toe metrobeamptes hom wou af trek. Hy is agternagesit en by Corlettrylaan in hegtenis geneem.

Die man is van roekelose of nalatige bestuur aangekla en op borg van R1 500 vrygelaat. Hy sal na verwagting Woensdag in die Randburg-landroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.