Wes-Kaap: Polisie se optrede bekyk

Lt.genl. Yolisa Matakata. Foto: SAPd/Facebook

Die Wes-Kaapse polisiekommissaris het gesê daar word gekyk na die hardhandige optrede van polisiebeamptes tydens die afsonderingstydperk in die provinsie.

Lt.genl. Yolisa Matakata het Donderdag tydens ʼn vergadering van die provinsiale wetgewer se ad hoc-komitee oor Covid-19 na twee spesifieke gevalle verwys, naamlik in Muizenberg en Seepunt.

In Muizenberg het ʼn paartjie Maandagoggend met hul 21 maande oue dogtertjie op die promenade gestap. Liam Bulgen en sy verloofde, Tereza Cervinkova, is in hegtenis geneem nadat hul dogtertjie na die strand gehardloop het.

Liam Bulgen het die foto van homself agter in ‘n vangwa op Facebook gedeel.

Volgens Matakata is dit eerstens kommerwekkend dat die betrokke beamptes nie persoonlike beskermende toerusting gedra het tydens die voorval nie. “Dit is ’n ongelukkige voorval en ons lede was oorywerig in hul optrede.”

Matakata het verder gesê “logika en gesonde verstand” moes in die geval toegepas gewees het. Sy het gesê die voorval word intern hanteer.

Daar is ook kommer uitgespreek oor die voorval in Seepunt waar ʼn man deur ʼn polisiebeampte met inhegtenisneming gedreig is omdat hy vir hawelose mense kos gee. Die man het glo ʼn permit hiervoor.

Volgens Matakata is dit belangrik dat polisiebeamptes altyd die jongste regulasies verstaan. Sy het die voorval as onaanvaarbaar beskryf en gesê daar word ondersoek ingestel.

Daar is tydens die vergadering gehoor dat die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) 163 sake in die provinsie ondersoek, waarvan 83 regstreeks met die afsonderingstydperk verband hou.

Albert Fritz is die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid. (Foto: ANA)

Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie, het intussen ʼn beroep op die polisie gedoen om te alle tye binne die wet op te tree. Hy het voorvalle waar lede van die SAPD of weermag hul mag misbruik het of hardhandig opgetree het, veroordeel.

“Daar was talle berigte oor die SAPD wat hardhandig opgetree het tydens die afsonderingsperiode. Ek sal dringend met Matakata vergader om dié kwessie te opper. Brutaliteit en hardhandigheid sal nie geduld word nie en sal deur die betrokke owerheid ondersoek word.”

Fritz het ʼn beroep op inwoners gedoen om enige klagtes in dié verband by die Wes-Kaapse polisie-ombudsman te rapporteer. “Voorvalle van brutaliteit deur die polisie en weermag moet ook bykomend by Opod of die militêre ombudsman gerapporteer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Snowball ·

Wanneer my ik my net tot ‘n sekere punt kan laat redeneer, verloor ek die vermoë om ‘n situasie op meriete te oordeel en dienooreenkomstig op te tree. Sekere individue moet bv nie toegelaat word tot beroepe waar strategies gedink moet word en situasies van oomblik tot oomblik kan verander nie. Die onvermoë om logies op te som ontbreek eenvoudig by sommiges; dit kan katastrofies wees.

Leon ·

“Logika en gesonde verstand” kan slegs toegepas word as dit beskikbaar is…

JohanR ·

Tong in die kies. Shame…..en daar het die 21 maande oue dogtertjie nou al ‘n kriminele rekord! Waaneer ons eendag in stille water weer seil daar by Lockdown 1, moet die hele ANC aangekla word by die
Internasionale Geregshof in die Hauge vir misdade teen die mensdom,

Kobus ·

Gesonde verstand en logika?…………….Amper verstik ek

Scalla ·

Matakata, daai groot woorde wat jy uiter bestaan ongelukkig nie in hul woordeskat nie, nice try!!!

Verslae ·

Die polisie moet hulle doen en late beperk tot dit waarmee hulle goed is – soos verkoop van drank en sigarette…

koos10 ·

Hoe moet die lede die regulasies verstaan as daar oor die 500 bladsye daarvan is en daagliks word dit gewysig, en daar is geen opleiding wat verskaf word nie!!! SAPS lede word opgelei om nie te dink nie maar te doen, die dink werk is die hof se werk. Ek laai al die skuld hiervoor op die regering.

Filistyn ·

Ons weet mos almal daar is nie ‘n plaasvervanger vir IK nie. Voeg magsug by en daar het jy ‘n wenresep vir vir die tipe situasie..

Fedup ·

No matter what all these ministers and what not have to say. These incidents already happened. Nothing can be done to make these victims feel better. This so called police we have should never have been in the force in the first place. Nothing wil come from all of this. And that is the saddest truth ever.

Adeline ·

Wonderlik … as ek so deur die nuus lees dan is die covid-19 nogal ‘n baie goeie ding aan die anderkant wat die RZA betref met sy magsbehepte Regering wat sit agter die SAP Diens (en diens verskaf se definisie het seker in die Regering taal ‘n ander betekenis, sal graag die betekenis wil verstaan) Nou as ek die gedrag van die totale regering (SAPD en Militêr) landwyd vanuit die nuus moet evalueer is die prent wat opgedis word, maar ‘n nagmerrie (horror) RZA waarin ons as burgers bly. Die gedrag van diegene wat veronderstel is om hulp -bystand – beskerming moet bied alkante toe word gruwelik misbruik deur -roof – gewapende roof – verbreking van die wet op covid-19 – mag-beheptheid ens selfs gruwelike ongeregtigheid van ras diskriminasie – en so min respek vir wat reg is. Daar is ‘n algehele onkundige en onbevoegde kultuur in die Regering wat baie erg kreatief is na die kant van kriminele oortreding in hulle gedrag en uitvoer daarvan. Covid -19 is ‘n massiewe kollig om dit te openbaar.

Anoniem ·

Die Polisie beskik nou maar eenmaal nie oor goeie menseverhoudings nie.

Sarel ·

Sal graag wi weet wat die uitslag is van die ondersoek en wat van die dogtertjie geword. Anders kla die beamptes aan vir kindermishandeling

Emily ·

Ek sal beslis nie Ombud toe gaan nie, Ek sal een helse eis instel.
Meeste van die met uniform dink ons skuld hulle. En jammer om te se meeste van hulle kan nie dink nie.
Ek het geen respek vir Cele of sy volgelinge nie, Meeste het ook die werk gekry omdat hulle iemand binne ken, wat weer iemand ken.

Paul ·

En gewoonlik is dit mense van minderheids groepe wat geteiken word! Die Wes-Kaap is ‘n GROOT probleem. Ek sal baie graag wil hoor wat met hierdie lede gebeur, indien enige!

Ansie ·

Gesonde verstand, gesonde oordeel, diskresie is nie deel van die oorgrote meerderheid polisiebeamptes se samestelling nie. Hulle is nie oorywerig nie, hulle misbruik hulle mag.

Genis ·

Ek sal n polisieman stamp met n vuis… ek is verby moeg vir hulle onkundige, onwetlikke optrede.

Yolandie ·

Sjoe ek dink die “logika en gesonde verstand” ontbreek baie lede vd SAPD Lt Genrl. Grap vd dag! Lekker man.

Petrus Johannes ·

Die probleem is dat die polisie glad nie die reels en regulasies ken nie en dan onbeskof raak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.