Wes-Kaap sê hy het genoeg brandstof

Die Wes-Kaap sê hy het in hierdie stadium voldoende brandstofvoorraad. (Foto: Maroela Media)

Die Wes-Kaap sê hy is hierdie stadium nie bekommerd oor probleme met die beskikbaarheid van genoeg brandstof nie.

Dít nadat motoriste in veral Gauteng en KwaZulu-Natal paniekaankope van brandstof gedoen het ná vrese dat brandstoftekorte binnekort op hande gaan wees. Bedrywighede by vier van die land se raffinadery is in hierdie stadium opgeskort.

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ruimtelike beplanning in die Wes-Kaap, sê die provinsie se rampbestuursentrum het Vrydagoggend met bedryfsrolspelers oor die situasie vergader.

“Om te herhaal: Die Wes-Kaap het in hierdie stadium nie ʼn brandstofverskaffingsprobleem nie en daar is genoeg brandstof in die provinsie. Ons is voorts meegedeel dat tekorte in brandstof in KwaZulu-Natal nie deur die Wes-Kaap aangevul gaan word nie, maar eerder deur invoere in daardie streke te verhoog,” sê Bredell.

Die provinsie het wel probleme ondervind met die beskikbaarheid van gas.

Bredell sê die tekort word toegeskryf aan rowwe seestoestande en gure weer in Saldanha verlede week en die afgelope naweek. Dit het verhoed dat skepe die hawe kon binnekom en produkte lewer.

“Dit het voorraad uitgeput by die aanlandige gasopbergingsfasiliteit. Skepe kan egter weer sedert Dinsdag vasmeer en voorraad is aangevul. As die weer saamspeel, sal dit nie voortaan ʼn probleem wees nie.”

Bredell sê die Wes-Kaapse regering steun ook die appèl van bedryfsrolspelers teen ʼn besluit deur die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, dat brandstof voortaan nie meer in draagbare kanne verkoop mag word nie.

Die besluit is reeds uit velerlei oorde gekritiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Verklaar net onafhanklikheid van die sirkus.

Tipper

Kaap is n yummy plek,my maat die snoek loop,baie vleis aan die snoek.

Kleinboet

Die WesKaap is nie onafhanklik nie, julle is nie verhewe bo die res van Suid-Afrika nie. Klim gerus van jul podiumpie af.

Jasper

Stig af van die res van Suid-Afrika en die weskaap word die beste,sterkste land in Afrika.

Petro

Natuurlik sal die Wes-Kaap genoeg van alles hê! Kyk hoe lyk hulle paaie en infrastruktuur. Dit voel of jy oorsee gaan as jy Kaap toe gaan! Ai, wens ek was daar