Wes-Kaap sê nee vir Aarto-wet

Argieffoto van verkeer in Kaapstad Foto: Cape Town Daily Photo

Die Wes-Kaap het die finale Wysigingswetsontwerp op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto) verwerp.

Die wetsontwerp het ʼn strafpuntestelsel voorgestel wat kon lei tot die opskorting of moontlike kansellasie van ʼn motoris se bestuurslisensie indien die persoon oortree.

Nceba Hinana, voorsitter van die staande komitee oor vervoer en openbare werke in die provinsiale parlement in die Wes-Kaap, het Woensdagmiddag laat in ʼn verklaring bevestig die provinsie het die Aarto-wetsontwerp verwerp.

Hinana, wat ʼn DA-lid van die provinsiale wetgewer is, het in die verklaring gesê hoewel hy die konsep van die wetsontwerp in beginsel ondersteun, is die huidige model nie implementeerbaar nie.

Die Aarto-wet van 1998 is ingestel om beter nakoming van verkeerswette en regulasies te verseker. “Dit is tot dusver in die Tshwane- en Johannesburg-metropool as proeflopie van stapel gestuur met baie onopgeloste kwessies,” het Hinana gesê. Hy het wel bygevoeg die wysigingswetsontwerp stel ʼn hele aantal aanpassings aan die wet voor.

Aarto stel voor dat motoriste wat verkeersoortredings begaan strafpunte ontvang. Bestuurders kan ʼn maksimum van 12 punte hê waarna hul bestuurslisensies vir drie maande opgeskort sal word. ʼn Lisensie sal heeltemal gekanselleer word nadat dit drie keer opgeskort is.

“Noudat die provinsiale staande komitee se onderhandelinge en finale verslae by die nasionale raad van provinsies ingedien is, doen ek ʼn beroep op die oppergesag van die parlement van Suid-Afrika om hierdie wetsontwerp te verwerp,” het Hinana gesê.

“Meer as 10 000 openbare kommentare is ontvang, tesame met vyf openbare verhore wat in Februarie vanjaar in Bellville, Khayelitsha, Mosselbaai, Hermanus en Clanwilliam gehou is. Die meerderheid voorleggings het hierdie wet verwerp en daarom kan dit nie ondersteun word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nee wat ·

Nee wat hul gaan heeltyd die rassekaart speel op ons motoriste soos male sonder tal gesien kon word op sosiale media. Omkoopgeld sal aanvaar word en hul wal net verryk word.

DUBBEL STANDAARDE ·

Sou daar nie dubbel standaarde wees nie sien ek ‘n hele paar Taxi’s se lot as geen werk en taxi’s wat staan soos ‘n toyota plant vir 2de hanse(erg misbrukte) bussies

Arie ·

Die aarto stelsel werk nie is Jhb te vertraag om dit te besef, Fines4U het al ‘n hofsaak teen hulle gewen omdat dit nie reg toegepas word nie

Jack Sadie ·

Nog ‘n eerste wêreld plan wat deur onbevoegdheid chaos gaan skep! So het ons al ‘n dagvaardiging vir etol gekry terwyl ons nooit ooit in daardie omgewing was nie. Maar, dis nou op rekord as ‘n oortreding. As ons politici ophou om op luukse oorsese toere te gaan, sal ons minder onuitvoerbare wette kry. Maar,nouja, hulle lewe mos op ‘n ander luukse planeet.

Nettie ·

Aha!!! Ek kan weer bietjie asemhaal ……………….. daai 7 “spoedboetes” wat ek gekry het – deur ‘n weggesteekte kamera, in ‘n area waar die spoedlimiet aangepas is voor die aanduidingsborde aangebring is, kan maar gaan ……… dinges.

Wat sê wetgewing oor die bediening van spoedboetes wat met kameras geneem en uitgereik word deur jou munisipaliteit? Ek het gehoor dat as jy nie teken vir ‘n spoedboete nie, dan kan dit nie afgedwing word nie.

Johnnie ·

Die wet is net van toepassing op blankes wat nie bereid is om omkoop geld te betaal nie, want hulle keer jou voor vir enige kwansuise oortreding net om omkoop geld te kry, al is dit ook net R20 vir n koeldrank maar omkoop geld wil hulle he.

Jack Sadie ·

Sies Johnnie! Hoe kan jy so veralgemeen? Dis ‘n feit dat minder as 10% regtig werk ( lees werk soos mense in die privaat sektor) . Om dus te impliseer dat almal omkoopgeld vra is darem te dik vir ‘n daalder!!

Potlood ·

Net Soweto inwoners skuld Eskom so iets soos 3b rand… En dis krag en water ens… So kan julle nou dink wat daar gedoen word met AARTO… My vraag is net, hoekom word AARTO (net soos meeste ander wette), nie toegepas nie… Hier by ons in PTA kan ek nie vir een oomblik dink hoe sommige mense nog mag bestuur nie. Stop iemand nog agter die streep? ‘n Metro met ‘n boekkie moet nooit die kantoor haal nie.
Dit bewys net dat die sisteem nie werk nie!
Taxi maak ongeluk in PTA, so more ry dit maar net in Kempton….
In JHB skud hulle ou taxis, so dan ry hulle maar net in PTA…

ne ·

Het hulle al besluit wat gebeur met “n koerier maatskappy? Die eienaar is die “proxy” al die boetes gaan teen sy naam aangeteken word. Hoe verander jy die boetes wat jou NOOIT bereik nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.