Wes-Kaap: Soveel kinders die afgelope vyf jaar ontvoer

Mireille Wenger, DA-hoofsweep (Foto: ANA)

Oor die afgelope vyf jaar is altesaam 696 kinders in die Wes-Kaap ontvoer.

Mireille Wenger, DA-hoofsweep, het dié statistieke bekendgemaak nadat sy vrae aan die provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, gerig het oor die aantal kinderontvoerings in die Wes-Kaap.

Volgens die statistieke is altesaam 3 482 mense die afgelope vyf jaar ontvoer. “Kinderontvoerings maak 20% van die geheelgetal uit,” het Wenger gesê.

In die 2019-’20-boekjaar was daar 756 ontvoerings, van wie 125 kinders was. Altesaam 681 ontvoerings, van wie 138 kinders was, is in die 2018-’19-boekjaar aangeteken. In die 2017-’18-boekjaar is 662 ontvoerings, van wie 156 kinders was, aangemeld. In die 2016-’17-boekjaar was daar 616 ontvoerings, van wie 117 kinders was. In die 2015-’16-boekjaar was daar 767 ontvoerings, van wie 160 kinders was.

Wenger sê hoewel die aantal ontvoerings jaarliks redelik stabiel bly, sou sy ʼn afname wou sien.

“Die DA verwelkom die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid se verbintenis daartoe om die monitering van kinderontvoerings te prioritiseer deur middel van sy program om hofsake te monitor.

“Ons sal ook voortgaan om hierdie misdade te monitor om te verseker dat die pogings van die departement ʼn uitwerking op die statistieke het en dat soveel moontlik kinders sodoende dié aaklige lot kan vryspring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.