Wes-Kaap staal hom reeds vir derde virusgolf

Alan Winde (Foto: Courtney Africa/ANA)

Die Wes-Kaapse regering berei reeds voor vir ʼn moontlike derde golf van Covid-19-gevalle.

“Ons Wes-Kaapse epidemioloë is deel van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19 (MAK) se tegniese werkgroep wat ʼn reaksie op ʼn moontlike derde golf voorberei.

“Hoewel ons weet dat ʼn derde golf waarskynlik is, kan ons nie die tydsberekening, ligging of omvang van ʼn oplewing [van gevalle] voorspel nie,” het Alan Winde Woensdag gesê.

Winde het gesê dit is wel duidelik dat ʼn hernude toename in gevalle gedryf word deur veranderinge in die weer en seisoensveranderinge in gedrag soos tydens Paasnaweek en die bywoning van begrafnisse.

Gedragsveranderinge onder die bevolking te midde van die verslapping van regulasies kan ook opnuut tot ʼn toename in gevalle bydra.

Maroela Media het vroeër berig Suid-Afrika het Sondag na vlak 1 van die afsonderingstydperk geskuif met verskeie regulasies wat verslap word.

Volgens Winde moet daar tussen infeksiepieke verseker word dat groeperings van gevalle, wat verband hou met ʼn spesifieke plek of gebeurtenis, nie wydverspreide gemeenskapsoordrag tot gevolg het nie.

“Nadat gemeenskapsoordrag vasgestel is, word pogings tot beperking ondoeltreffend en moet die fokus dan na versagtingsmaatreëls verskuif om die aantal sterftes te verminder, te verseker dat ons gesondheidsorgstelsel nie oorweldig word nie en ons gesondheidswerkers beskerm word.”

Die premier het gesê die tempo waarteen inentings gedoen word, kan die erns van die derde virusgolf beïnvloed.

Die Wes-Kaap het reeds die eerste gedeelte van net meer as 13 000 inentings voltooi. Die eerste gesondheidswerkers buite die Kaapse metro het ook hul inentings in George begin ontvang terwyl inentings in Worcester en die Paarl binnekort sal begin.

“In hierdie deel sal 64% van die dosisse aan die openbare sektor toegeken word en 36% aan die private sektor.”

Die provinsie se aantal inentingspersele sal ook teen middel Maart van vier na agt uitgebrei word.

Winde het opnuut ʼn beroep op Kapenaars gedoen om verantwoordelik op te tree te midde van die verslapping in afsonderingsregulasies en die komende Paastyd.

“ʼn Derde golf is waarskynlik, maar hoe ons nou optree in ons reaksie as regering, asook ons gedrag as individue kan help om die uitwerking daarvan te verminder en lewens te red.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Boer ·

Dis wetenskaplikes voorspel darm goed kan hulle dalk nie ook die Lotto nr. voorspel nie asb.!!!!!!!!

Androclus ·

Ek stem saam met jou ek stel nie belang in voorspellings nie.

gehasie ·

Die enigste “golf” is die golf van ekonomiese vernietiging en die absurde inperking van individuele vryheid. Absolute snert. Pandemie se voet in ‘n visblik! PLAN-DEMIE. Om op die wyse burgers (wêreldwyd) op die wyse te beperk en voorskriftelik te werk te gaan is nie minder as minagting vir lewe nie. Selfdood en sosiale afwykings onder kinders in die ouderdomsgroep 9 tot ongeveer 15 het eksponensieël toegeneem. Klink dit na verantwoordelike bestuur en omgee. Covid maak siek en dood netsoos laasjaar se griep, pandemie beslis nie!

Fritz ·

Vat jy nou die woorde so reg uit my mond op n sonnige Donderdag oggend.

Androclus ·

Ek stel nie belang in daardie 3de golf nie,want God is in beheer en Hy ken alleen die toekoms.Winde laat jou voorspellingswinde maar waai.

ameli ·

Amen. Die vyand kan plannetjies maak, maar net God is in beheer.

ameli ·

Amen. Die vyand kan plannetjies maak, maar God is nog altyd in beheer

Asgat ·

Ek gaan maar eerder my paar dae vakansie kanseleer oor Paas Naweek want dit word al klaar voorspel ….

Jedi Knight ·

Hang af waarheen jy gaan. Baie gastehuis eienaars draai n blinde oog. Jy help hom deur vir hom geld te gee. Hy gelp jou deur vir jou n lekker tyd te gee. Wen wen situasie. Basta met die regering se reëls en ander se siening. Elke ou vir homself.

Baardman ·

DA praat te veel en doen te min, of eintlik niks. Kry Afriforun se nommer en hoor daar hoe om daad by woord te sit. Alan klink trots op 13 000 inentings. Hy is ook maar n saamryer op die ANC golf.

Jaco ·

Die derde golf gaan skielik uit nêrens uit aanbreek net voor Paasnaweek en die skoolvakansie. En dan gaan strande weer gesluit word. Maar dit gaan bitter min met Corona te doen hê. Dit gaan eerder net ‘n manier wees om wit mense hulle tradisionele vakansie by die see te ontneem en om wit toeristebesighede aan die kus te laat swaarkry/bankrot speel. Dit het mos al in Desember verlede jaar gebeur. Net 20% van die anti-wit SA regering se maatreëls teen Corona is regtig teen Corona.. Die ander 80% is suiwer om wit Suid-Afrikaners sleg te behandel. Ramaphosa het tog self reeds ‘n paar keer gesê inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop.

Karel Kobus Kruger ·

Eerder Grensvegter. As jy oud genoeg is, sal jy nog daai wit en swart fotoboekies onthou.

andre ·

Die tydsberekening van die 3de golf kom waaarskynlik neer rondom Paasnaweek. Die ligging van die golf sal waarskynlik yl befolkte kusgebiede wees .Die infeksiepieke wat Winde meld sal waarskynlik tussen 21h00 en 07h00. wees

Jakes ·

Dit gaan my verstnd te bowe dat daar nou skielik nuwe golwe en variante van Covid opduik. Hoeveel van hierdie bewerings is eintlik waar en hoe geloofwaardig is hierdie mense wat hierdie dinge kwytraak? Die land is in armoede gedompel deur inperkings en ellende woed voort. Elkeen van ons het n tyd om te groet en geen mens sal sy of haar tyd kan verleng deur onnosele besluite.

Jaco ·

Wanneer gaan die DA in die Wes-Kaap hulle les leer? Eers was dit toets toets toets vir corona en toe is die Wes-Kaap se corona syfers só hoog dat die ANC toe nie die DA vir die goeie toetse bedank nie, maar die Wes-Kaap “straf” deur strande net voor die besige feesseisoen te sluit. WEG is wit mense se tradisionele vakansie by die see en WEG is wit toeristebesighede aan die kus se inkomste.
Nou is die DA in die Wes-Kaap weer so voorbarig om te sê “ons berei voor vir die derde golf corona”. Môre oormôre sluit die ANC dan skielik weer die Wes-Kaap se strande en sê dan bloot “maar die DA in die Wes-Kaap het dan gesê hulle berei voor vir die derde golf”.
Corona is veel minder van ‘n bedreiging as wat so wyd daaroor verkondig word. Daars ook nie allerhande golwe nie. Dis alles bedekte maniere om wit mense in die algemeen en die DA-beheerde Wes-Kaap spesifiek terug te kry en lam te lê. 20% of minder maatreëls teen Corona is regtig teen Corona. Ander 80% is bloot teen wit mense en die DA gemik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.