Wes-Kaap steun Ramaphosa vir president

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. (Foto: departement van kommunikasie)

Die meeste ANC-takke in die Wes-Kaap het hul gewig agter adj.pres. Cyril Ramaphosa gegooi as die voorkeurkandidaat om as ANC-president oor te neem by die party se verkiesingskonferensie in Desember.

Dié nuus is bevestig in ʼn verklaring wat uitgereik is ná afloop van die ANC se Wes-Kaapse provinsiale algemene raadsvergadering wat spesifiek saamgeroep is om al die taknominasies vir die nasionale verkiesingskonferensie van 16-20 Desember te konsolideer.

Ramaphosa het die stemme ontvang van 121 van die 145 takke wat teenwoordig was. Nkosazana Dlamini-Zuma het 23 stemme ontvang.

Lindiwe Sisulu het 98 stemme vir die amp as adjunkpresident ontvang, terwyl 131 afgevaardigdes hul steun agter Gwede Mantashe gegooi het vir ANC-voorsitter. Senzo Mchunu het 113 stemme gekry vir die posisie as sekretaris-generaal.

Altesaam 60 afgevaardigdes het Zingiswa Losi gesteun as adjunk-sekretaris-generaal en Paul Mashatile is deur 127 van die afgevaardigdes genomineer as tesourier-generaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.