Wes-Kaap tot rampgebied verklaar

Stand van Wes-Kaapse damme (8 Mei 2017) Foto: Departement van water en sanitasie

Die Wes-Kaap is nou amptelik ʼn rampgebied.

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het die provinsie tot ʼn rampgebied verklaar te midde van die ergste droogte die afgelope eeu.

Volgens Zille sal dié stap steun bied aan die Wes-Kaapse rampbestuur se strategie om te verseker dat krane in die provinsie nie droog loop nie. Die verklaring tot rampgebied sal vandeesweek in die Staatskoerant verskyn nadat dit reeds verlede week deur Zille onderteken is.

Die ramp sal geklassifiseer word vir ʼn tydperk van drie maande wat verleng kan word indien nodig. Volgens Zille stel die Wet op Rampbestuur die provinsiale regering in staat om tydens ʼn rampklassifikasie sleuteldiensleweringspunte te beskerm deur addisionele befondsing.

Die strategie, genaamd projek “Avoiding Day Zero”, fokus op aanvraagbestuur, berging tydens die wintermaande en grondwaterbestuur.

Zille het gesê die nasionale tesourie en die departement van water en sanitasie sal genader word indien daar verdere bystand nodig is.

Intussen sal daar onmiddellik ingrypings wees in die vorm van die sink van boorgate by hospitale in die metro, tenders vir die bou van ontsoutingsaanlegte by Koeberg, die aanstel van grondwaterspesialiste in elke distrik en die assessering van waterbeperkings in die onderskeie munisipaliteite.

“Ons wil graag die publiek gerusstel dat die verklaring tot rampgebied geen rede tot paniek is nie. Dit gee die provinsie net meer mag om in te gryp,” het Zille gesê. “Ons doen ʼn beroep op alle inwoners om steeds voort te gaan om water te spaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

verstom ·

Patetiese Z&Kie regering as die beplande damme gebou was i.p.v. om eie sakke te vul het dinge heelwat anders gelyk. Ergste nou is hul meer begaan oor onbekostigbare kernkrag as water waarsonder nie mens, dier of plant kan leef nie. Ek is deesdae skaam om te sê ek is ‘ S Afrikaner. Die anc het die land oorgeneem met alles in behoorlike werkende toestand plus toekoms beplanning nou sit ons met rommelstatus.

Johann ·

Nie rede tot paniek nie? So wanneer skop paniek in? En om te dink ons was naief genoeg om te glo dat die DA oor die vermöe beskik om te kan beplan? 2 LITLLE 2 LATE!

Blommie ·

Die probleem is mense stroom die Wes Kaap binne vanaf ander provinsies. Geen plaaslike regering kan voorsiening maak vir hordes mense wat aanhou instroom. Watter formule gaan jy gebruik om te beplan vir mense wat dink die Wes Kaap is die paradys en trek hierna toe? Informele nedersettings raak al meer. Almal wil verniet bly en die Stad Kaapstad kry net soveel inkomste. Maar dan sit jy nog met elemente wat anargie saai, afbrand, afbreek en brande stig want hulle wil Wes Kaap onregeerbaar maak. So onder omstandighede doen die Stad Kaapstad die beste met vietjie wat hulle het.

jennefer ·

Blommie is reg, duisende stroom na stede en dorpies, hulle plak en eis water en elektrisiteit. Modimolle(Nylstroom) se dam is nie halfvol nie en daar is begin om water daaruit te pomp, sodat minder water (duur water) van Pretoria nie die enigste waterbron is nie. Ons bid dat die lente vroee reen sal bring. Intussen groei die plakkersgebied elke dag.

Kallie ·

Die anc het alles verrommel toe hul aan bewind gekom het.Krag, water skole hospitale munisipaliteite polisie paaie universiteite weermag SAL moorde op plase , en SA behoort aan die Guptas ens..Daar is nie een sukses verhaal nie.

Chappies ·

Daar was genoeg water vir huishoudelike gebruik maar as gevolg van die ongelooflile instroming van mense na die Metropool kan die huidige stelsel net nie byhou nie. Een oplossing sal wees om die totaal onderbenutte Breederivier te ontgin. Miljoene liters water loop eenvoudig net in die see in. Bou keerwalle in pomp die water na ons huidige opgaar damme. N mens kan gewasse plant vir eie gebruik met jou opgaartenkie maar beslis nie n megaboer wil word met dieselde tenkie as jou voedingsbron nie
Dis wat basies hier gebeur het.

Cathy ·

Dit is nou wat ek opbouende kritiek norm, met feite daarby! Well Done!

Renier Engelbrecht ·

Daar is destyds beplan om die Clanwilliam dam se wal met 13 meter te lig. Departement Waterwese het die kundige mense en die regte toerusting om die wal te bou. Toevallig ken ek n persoon wat met die bou van damme gemoeid is in Waterwese en my ingelig het hulle kom bou die dam . Dit was meer as vyf jaar gelede. Een na die ander minister van Waterwese het voete gesleep en aangedring op privaat maatskappye met Bee status. Hulle kon blybaar nie geskikte maatskappye vind met so n status nie. ( Dalk wou hulle bribes gehad het ???????) Dis vyf jaar later. Nog niks. Net bietjie voorbereiding . Daar het al as die dam oorgeloop het baie maar baie water see toe geloop wat as die wal betyds gebou is agter die wal kon gele het. Dan was ons Olifants rivier boere nie in die penarie wat ons nou is nie.. Ons kou nou naels. Geen besproeiing water meer nie.

Gert ·

Het iemand nie vertel van die groot droogte nie? Die naam sit op die punt van my tong.

Hans ·

Weet jy Gert ek sit ook en wonder ?

Ons mense sit en redekawel oor Siener terwyl sy visioene een-vir-een waar word!

Elgean ·

Johan jy kritiseer die DA se gebrek aan beplanning maar onder die ANC sou die Wes-Kaap teen hierdie tyd GEEN water gehad het nie. Dienslewering, die toestand van paaie en talle ander dinge sou ook veel erger gewees het.

Kallie ·

Lyk my party mense kan nie lees nie. Dis die ergste droogte die eeu, ‘n natuurramp. Ek skaam my vir die kommentare hier, nou nie juis dat jy iets anders kan verwag van die klomp hier nie. Verlekker julle maar in ‘n ander se skade. Ewenwel, die eerste ontsoutingsaanleg begin einde Julie produseer. Ons sal nooit sonder drinkwater sit nie.

Bollie ·

Jy kan hoeveel damme he, as dit nie reen nie is daar niks. Dis ‘n natuurramp, ergste in ‘n eeu en sekere elemente wil politieke munt hieruit slaan. Skande.

Lamce ·

Hier by ons is daar ń pyplyn aan gelê van oor die 1200km.Voorsorg en deeglike beplanning help soms.

Ĺida ·

Kon die ontsoutings aanleg nie al n jaar gelede plaas gevind het nie.Die hele Wes-Kaap se mense sukkel en die armstes ly hieronder.

pieter ·

Sukkel al 2 weke om die munisipaliteit so ver te kry om ‘n lekkende watermeter te herstel. Al wat ek kon kry, is ‘n verwysingsnommer en dat hulle kom kyk het. Dis in Durbanville.

Whitey ·

Dit is die groot aanvraag vir water wat problematies is, nie net die lae reenval nie. Die toestroming van mense na die Wes Kaap is die hoofoorsaak. Daar moet gekyk word om riooluitvloeisel te behandel tot drinkwater kwaliteit soos in Beaufort Wes.
Dis hartverskeurend om elke dag te sien hoe 35 miljoen liter ongebruikbare water verlore gaan soos die Paarl maar net een voorbeeld is. Die aanlegte is in ‘n baie swak toestand en die kundigheid ontbreek geheel en al

Saartjie ·

Ek bly al donkie jare in die Kaap en ken die Kaap al vir 69 jaar. Ja hier kom baie nuwe uitbreidings en en paaie word verbeter, maar al bly hier 1000 mense in die Kaap en dit reën nie gaan ons nogsteeds dieselfde probleem hê. Die hele weer patroon het verander. Toe ek n kind hier was het dit soms vir twee weke aanhoudend gereën. Ons is nou gelukkig as dit dertig minute reën. Mense dit reën net nie. Die wolkies kom en gaan. Waar ek nou op ons mooie Tafelberg opkyk sê ek dankie Heer U gaan voorsien.

Teleurgesteld ·

Ek is een van die hordes wat die Wes-Kaap onlangs binnegestroom het. WES-KAAP IS BAIE BAIE VER VAN DIE PARADYS AF. Grootste fout van my lewe.
Die wat oorweeg om hierheen te trek – MOENIE!!!!!

Frans C ·

‘n Mens wonder hoe goed ons weervoorspellers se langtermyn voorspellings is. Die Wes Kaap ondervind sy ergste droogte in 113 jaar. Nou vra ek as ‘n totale leek op die gebied,was die tekens dan nie sigbaar ‘n paar jaar gelede nie.

Iewers moet daar tog kundige mense wees wat die gevaartekens gesien het en daarteen gewaarsku het sodat die nodige voorsorgmaatreëls getref kon word.Die probleem lyk my
dat raadslede ooral in ‘n stryd om oorlewing gewikkel is om oornames deur ander partye
af te weer en dat eie belang en politieke gewin soveel tyd inbeslag dat neem belangrike sake
nie altyd die nodige aandag kry.

Bollie ·

Onmoontlik om die Kaap se weer langtermyn te voorspel. Ons weer word beinvloed deur wisselende seetoestande wat nie vooruit voorspel kan word nie.

Johannes Meintjes ·

Terwyl die SA Regering na duur kernkragaanlegte kyk, word beskikbare tegnologie vir seewater ontsouting in ‘n land waarvan die grootste grense kuslyne behels, ontsien. Is die Kaapse rampgebeid (hoewel “an act of God”) deel van die ge-orkestreerde drukgang-aanslag teen SA burgers?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.