Wes-Kaap: Varswaterhulpbron gevind

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Die departement van minerale hulpbronne het Dinsdagaand bevestig dat hy ʼn varswaterhulpbron in Beaufort-Wes in die Wes-Kaap gevind het.

Volgens die departement is die hulpbron deur die Raad vir Geowetenskap (CGS) ontdek, ʼn statutêre wetenskapsraad wat aan die minister van minerale hulpbronne, Mosebenzi Zwane, rapporteer, en ook navorsing doen oor die ontwikkeling van skaliegas.

Die departement het gesê ʼn voorlopige ondersoek het vasgestel dat die water skoon genoeg is om te drink en ook vir ander huishoudelike gebruike.

Zwane het gesê dié “broodnodige waterhulpbron” kan moontlik groot verligting bring vir die droogtegeteisterde Beaufort-Wes.

Hy het gesê dat ʼn span van die Raad vir Geowetenskap die geologiese kartering, die geofisiese opname en die hidrogeologiese monitering voltooi het. Studies is ook reeds voltooi om te ondersoek hoe die waterhulpbron beskerm kan word.

Die departement is in die proses om vyf boorgate te skep sodat die water op dié dorp gebruik kan word.

“Die navorsing sal in fases gedoen word om die moontlike impak op die omgewing te verminder. Die boorgate sal mettertyd amptelik aan die munisipaliteit oorhandig word om te verseker dat die mense van Beaufort-Wes en nabygeleë gemeenskappe toegang tot water het,” het die departement gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Rupert Ashford ·

“…om die moontlike impak op die omgewing te verminder.” En dan “Die boorgate sal mettertyd amptelik aan die munisipaliteit oorhandig word…” Ai Margaret…:-)

Nicolaas ·

Nou ja toe, hoe ‘skep’ mens boorgate? Jy boor hulle en skep die water …

Phillip ·

En so word caadrblaainch se worde waar want gaan die ondregrondse water ook uit put 25jaar terug het hulle gewarsuk

Jaco ·

Hierdie is klaar gedoen. Die boorgate is klaar oor handig. En pomp reeds 500 miljoen lieter per dag in die dorp se krane. Was maandag op die nuus.

anoniem ·

En wie bedank ons, Dankie Here gebede is verhoor!!! Om diere te sien wat dors is hartverskeurend… hulle kyk en hulle oë soek hulp…wat maak ons kniel en bid vir mens en dier….

Helene ·

Amen! Dankie Hemelse Vader vir water vir mens en dier en plante!!

Haan ·

Korreksie: “… Aan die munisipaliteit oorhandig word om te verseker dat dit deur n klomp onbevoegde kluite wanbestuur sal word soos in soveel ander munisipaliteite in die land”

Hansie slim ·

Baie bly daar is darem verligting. Hoop net dit word reg bestuur!

Jacques venter ·

Gaan skaliegas onttrekking die water besoedel?
Ek vra maar net.

Eben ·

Binnekort gaan ons belasting betaal op die water wat uit boorgate kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.