Wes-Kaap vra ‘deursigtige aanstelling’ van provinsiale polisiehoof

Albert Fritz is die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid. (Foto: ANA)

Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid pleit vir ʼn deursigtige aanstellingsproses van ʼn nuwe provinsiale polisiehoof.

Albert Fritz het ook gevra dat die polisiehoof die veiligheid van ál die provinsie se inwoners sal prioritiseer.

Fritz se pleidooi kom ná berigte waarin bespiegel is dat lt.genl. Khombinkosi Jula, die Wes-Kaapse polisiekommissaris, uit sy pos verwyder is.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiehoof, het die berigte as “kwaadwillig en misleidend” afgemaak. Hy het wel toegegee dat daar met Jula vergader is om moontlik die provinsiale leisels in KwaZulu-Natal te gaan opneem. Jula bly die Wes-Kaapse polisiehoof tot die konsultasieproses afgehandel is.

Fritz het gesê ingevolge die Grondwet moet die nasionale polisiehoof, in samewerking met die provinsiale uitvoerende gesag, iemand as provinsiale polisiekommissaris aanstel. As die polisiehoof en die provinsie egter nie oor ʼn aanstelling kan ooreenkom nie, moet die kabinetslid verantwoordelik vir polisiëring as bemiddelaar optree.

“Ek sien uit na die vriendskaplike en deursigtige aanstelling van ʼn provinsiale kommissaris wat interne politiek opsy sal skuif en dadelik die onlangse vlaag bendegeweld en misdadigheid in die provinsie sal prioritiseer. Dit is belangrik dat die nuwe provinsiale kommissaris ʼn persoon van die hoogste integriteit is en nie betrokke is by enige faksies wat tans die polisie in die Wes-Kaap vernietig nie,” het Fritz gesê.

Hy het gesê hy sien daarna uit om ʼn verslag oor polisiëring in die provinsie te ontvang.

“Dit is belangrik dat ons sulke praktyke en instellings handhaaf omdat dit verseker dat die provinsie se polisiëring deursigtig is en werk vir die provinsie se weerloosste burgers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KP ·

As dit waar is, is dit nou n bevesteging wat ons in die Weskaap lankal weet en dit is dat die ANC agter bende geweld sit om die Weskaap onregeerbaar te maak.

aj ·

KP is reg!

Maar dis ook die ANC wat sit agter die massa migrasie van Xhosas vanaf die Oos Kaap na die Wes Kaap.

Met groot BELOFTES van grond en werk, huise ensovoorts … in die Wes Kaap!

Willem Grobler ·

Wie presies is Jula? Wat is sy kwalifikasie vir die werk wat hy doen? Was hy voorheen by MK betrokke? Het hy as konstabel by die polisie begin of het hy as ‘n politieke aanstelling met ‘n hoë rang sommer by die voordeur ingeval?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.