Wes-Kaap vra herbesinning oor Tuinroete

(Foto: SANParke/Facebook)

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het die regering se sogenaamde gedifferensieerde benadering tot die bekamping van die tweede vlaag van Covid-19 verwelkom, maar sê die sluiting van alle strande in die Tuinroete-distrik gaan ʼn uitklophou vir die streek se ekonomie wees.

Die Tuinroete- en Sarah Baartman-distrik is nou ook tot brandpunte verklaar. Alle strande in eersgenoemde distrik word van Woensdag tot 3 Januarie gesluit.

Winde sê die Tuinroete-distrik se ekonomie steun swaar op toerisme vir oorlewing en die besluit kan lei tot talle werksverliese, wat groot kommer wek.

“Ons posisie, soos voorgelê tydens beraadslaging, is dat strande in die Wes-Kaap oop moet bly, terwyl behoorlike stappe gedoen moet word om te verseker gesondheid- en veiligheidsriglyne word gevolg.

“Dit is veral omdat dit in die buitelug is, waar daar goeie ventilasie is – presies die plekke wat ons mense aanmoedig om dié feestyd te besoek,” het Winde gesê.

“Ons gaan dus verdere voorleggings aan die nasionale regering doen omdat ons nie glo die regte balans is in hierdie geval getref nie en die ingryping moet heroorweeg word.”

(Foto: pixabay)

Winde sê sy grootste prioriteit is om die korrekte balans te vind tussen die bekamping van die virus en die red van lewens, en die beskerming van werksgeleenthede terwyl die ekonomie toegelaat word om sy gang te gaan.

“Werksgeleenthede is nie ʼn lekker ekstra wat net willens en wetens opgeoffer kan word nie. Dit is die verskil tussen kos op die tafel en hongersnood vir baie mense in ons land en provinsie.

“Wanneer mense hul werk verloor, kry ʼn tweede pandemie van honger, armoede en ongelykheid ook momentum.”

Winde sê egter terselfdertyd kan nie niks gedoen word aan ʼn pandemie wat talle lewens eis nie.

“Ons moet ons gesondheidstelsel beskerm en lewens red, want elke lewe maak saak.”

Terwyl pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het dat drankverkope op wynplase – anders as vir gewone drankwinkels – nie net van Maandag tot Donderdag beperk word nie, heers daar in hierdie stadium verwarring oor die kwessie.

Die regulasies daaroor wat die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, in die Staatskoerant aangekondig het, lui dat geregistreerde wynkelders en -plase van Maandag tot Saterdag van 10:00 tot 18:00 mag sake doen.

“Dit maak nie sin nie, omdat daar vir hierdie bedryf geen verskil tussen ʼn Saterdag en ʼn Sondag is nie. Die beperking gaan net wyntoerisme ondermyn wat staatmaak daarop om naweke sake te doen. Ons gaan onmiddellik opvolg om te probeer verstaan hoekom hierdie verandering in die regulasies aangebring is,” het Winde gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hoekom ·

Dit is die ANC cartel regime se plan. Hulle wil uit spite die ekonomie van die wes kaap vernietig. Net soos Ramaphosa gese het. Uit spite(rassisme) wil hulle die wit mense se ekonomiese toestand vernietig…

Jaco ·

Dit het die DA nou van hulle alewige toets toets toets vir corona. Wanneer gaan die DA besef hulle pogings om Corona te keer word eintlik deur die ANC met ‘n heel ander onderduimse agenda beoordeel. Syfers in die Wes-Kaap is hoër omdat die DA effektief is. In ander provinsies is syfers laer omdat die ANC daar nie soveel omgee nie. Maar dis teen die ANC se beleid om “die rassistiese DA” geluk te wens dat hulle so goed help om Corona te keer. Veel eerder word die DA se pogings om te help verwerp en die 2de belangrikste toeristeroete in die Wes-Kaap word radikaal ingeperk. Alles net om die DA in die Wes-Kaap en wit toeriste besighede in die Tuinroete seer te maak.
Ek wonder net, wat nou van swart toeriste- en ander besighede op die Tuinroete wat ook gaan swaarkry? Waarvoor word hulle dan gestraf?

Pieter ·

Alles wat julle ANC narre aan raak verander in gemors. Dit is maar moeilik om n land te best as jy net graad een het.

Onnie ·

Waarom bly Durban en KZN se strande oop?? Hoekom word daar nie n beperking geplaas op taxis nie?? Die regering se reëls maak nie sin nie. Lyk my hulle maak dit op soos hulle aangaan. Die ministers en president dink hulle speel Monopoly.

Inkpot ·

En nou reken die regering dis veiliger in winkelsentrums as op die strande. LOL
Op die strande is vars lug, winkelsentrums is vol kieme met vuil lugreelings.
Wat dink die regering? Dat die mense wat reeds met vakansie is se kinders in die huise sal bly?
Hulle sal nou in winkelsentrums wil rondhang, wil fliek toe gaan ens.
Wat van die kroee en klubs?
Die besluit is weereens nie goed deurdink nie.
Mens kan maar net lag en jou kop skud

PH ·

CR se baas, die een met die gordyn om die kop, het alweer ‘n eier te lê
Nou gaan daar meer mense die wynplase op Saterdae besoek.
ANC se gebrekkige redenasie vermoë.

Debbie ·

Goeie genade mense. Lewens is belangriker as geld. Strande wat n maand toe is sal defnitief nie die tuinroete in duie laat stort nie. Almal moet saam werk om hierdie virus uit ons land te kry vir goed

PH ·

Debbie gaan sê vir die regering dis tyd om “saam te werk” deur sinvolle regulasies te publiseer, Nie twak nie,

Jan ·

Al die regulasies is ongrondwetlik en ongeldig verklaar. Ons mense moet eenvoudig saamstaan en staan op ons grondwetlike regte. Laai die hofbevel op die web van Liberty Fighters Network af en gebruik dit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.