Wes-Kaap waarsku oor waterskaarste

Argieffoto: Wikimedia

Argieffoto: Wikimedia

Die Wes-Kaapse regering het Vrydag gesê waterbeperkings in dié provinsie kan voortduur en bygevoeg die verwagte laer as gemiddelde reënval vir die komende winter is kommerwekkend.

Anton Bredell, provinsiale minister vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het gesê damvlakke is reeds ʼn derde laer as gemiddeld. “Met ons primêre damvlakke wat oor die algemeen 30% laer as gemiddeld is as dieselfde tyd verlede jaar, is die verwagte reënval nie ideaal nie. As die droogte voortduur, sal die beskikbaarheid van water in die aanstaande somer ʼn kommernis wees.”

Bredell het gesê die Wes-Kaapse rampbestuursentrum stel voor dat waterbeperkings ook in die water tydens die reënvalseisoen voortduur, totdat damvlakke tot aanvaarbare vlakke gestyg het.

Colin Deiner, die hoof van rampbestuur, het egter gesê daar is nog nie op die oomblik ʼn onmiddellike behoefte om ʼn noodtoestand in die provinsie af te kondig nie, aangesien die grootste deel van die provinsie nog die waterskaarste kan beheer. “Ons werk egter hard om seker te maak ons gebeurlikheidsplanne is in plek indien daar ʼn toename is wat wateruitdagings betref,” het hy gesê.

Die munisipaliteit in Kaapstad het Maandag gesê vlakke van ses damme wat die stad van water voorsien, staan op 32,8%. Die damme het die vorige week op 34,1% gestaan. Die Voëlvleidam is tans slegs ongeveer drie meter diep en slegs 20% vol.

Vyf ander provinsies is as rampgebiede verklaar ná erge droogte die land geteister het.

Waterbeperkings word reeds vir ʼn geruime tyd in Kaapstad toegepas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.