Wes-Kaap waarsku teen voëlgriep

Alan Winde (Foto: ANA)

Boere en persone wat voëls in die Wes-Kaap besit, word gemaan om versigtig te wees vir die voëlgriepvirus en streng bioveiligheidsmaatreëls toe te pas.

Alan Winde, LUR vir ekonomiese geleenthede, het gesê geen nuwe uitbrekings van die H5N8-voëlgriepvirus is sedert Oktober verlede jaar opgemerk by hoenderplase wat vroeër nie deur die virus geraak is nie. Die virus is wel positief geïdentifiseer in verskeie wilde voëls.

Winde het in ʼn verklaring gesê altesaam 95 gevalle van die virus is by die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid aangemeld. Dit sluit 18 stokperdjie-eiendomme, 39 volstruisplase, 22 handelsplase en 21 wilde voëls in.

“Verdagte sterftes van seevoëls word tans ondersoek,” het Winde gesê. “Sodra dit bevestig is, en indien positief is, sal die sake amptelik aangemeld word. ʼn Aantal volstruisplase bly onder kwarantyn en ons kry steeds bewyse dat hulle besmet is, alhoewel die virus nooit teenwoordig is nie. Volstruise sal nie weens die H5N8-virus vrek nie, en baie min voëls het enige simptome getoon.”

Winde doen ʼn beroep op boere en persone wat voëls besit om baie versigtig te wees. “Die virus het reeds ʼn groot impak gehad op die ekonomie in ons provinsie en sal waarskynlik ook in 2018 ʼn probleem bly. As ons gaan seker maak dat dit onder beheer bly, veral wat pluimvee betref, moet boere en lede van die publiek ʼn aktiewe rol speel.”

Hy het gesê dit is noodsaaklik dat kontak met wilde voëls beperk word en dat enige voorwerpe verwyder sal word wat wilde voëls na eiendomme sal lok. “Daar is geen bewyse dat die virus ʼn impak op mense het nie, maar ons maan lede van die publiek om handskoene te gebruik wanneer hulle met karkasse werk wat in die tuin gevind word en dat enige verdagte sterftes by ʼn staatsveearts aangemeld word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Valerie ·

Klimaatsverandering, apartheid, en Donald Trump se skuld. Dit is wat RSG sal sê.

Hannes ·

Ek wonder net hoekom break daar net in die Weskaap voelgriep uit….dit is asof dit sooo beplan word deur n onsigbare vyand wat die laaste wit bastion probeer vernietig!!!!

Blits ·

Die rede daarvoor is die wilde voëls en dan mense wat glad nie agslaan op die dinge nie wat glo dis n nonsens storie, die anne rede dat dit die wes kaap so pak is omdat daar meer hoenderplase en volstrysplase meer plase in n kleiner 4kant n kilometer is.

Dit is nie beplan nie, dis net arogante oningeligte mense wat so sal dink, ek is in die hoenderbedryf en het klas gedraf en was self in kwarrintein gewees.

Blits ·

Voëlgriep word deur voëls, water, wind, mense, diere en vlieë versprui.
So dit is n baie moeilike ding om te bekamp maar kan wel gedoen word as jou biosekeriteit tops is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.