Wes-Kaap wil weet wat is die kragplan

(Foto: Du Preez de Villiers)

Die DA in die Wes-Kaap sal die provinsiale departement van plaaslike regeringsake uitnooi om die Wes-Kaapse wetgewer in kennis te stel van sy rampbestuurplanne en voorbereidings indien Suid-Afrika se kragnetwerk in sy geheel ineen sou stort.

“Tydens die president se staatsrede het hy ʼn nasionale ramptoestand aangekondig om te reageer op die huidige energiekrisis. Dit bewys dat die ANC se nasionale regering rigtingloos is wanneer dit kom by die nodige optrede om dié ramp om te keer,” sê Derrick America, die DA se woordvoerder.

America sê die DA in die Wes-Kaap doen al jare lank voortdurend ʼn beroep op die ANC-regering om bekwame sub-nasionale regerings te bemagtig, om kragopwekkingskapasiteit beskikbaar te maak deur onafhanklike kragverskaffers, om Eskom se monopolie oor kragopwekking te ontbind en regulering te vergemaklik.

“Hierdie versoeke is met stilte begroet terwyl die land van een fase beurtkrag na ʼn ander gedompel word.”

Terwyl pres. Cyril Ramaphosa gekies het om die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, aan te stel om nóg ʼn nasionale krisis op ʼn lukrake wyse te hanteer, het die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, vinnig reageer deur ʼn energieraad saam te stel wat kan verseker dat die provinsie energieweerstandig kan word, sê America.

“In die afwesigheid van politieke wilskrag en leiding van die nasionale regering, het die Wes-Kaapse regering proaktiewe planne beraam om nie net die impak van beurtkrag op sy inwoners te verlig nie, maar ook om plaaslike regerings en hul infrastruktuur te beskerm teen die moontlikheid van ʼn algehele ineenstorting van die nasionale kragnetwerk.”

America sê as voorsitter van die Wes-Kaapse staande komitee oor plaaslike regeringsake, sien hy uit daarna om te hoor watter rampbestuurplanne die provinsiale departement gereed het. “Dit is belangrik dat dié planne voor die wetgewer ter tafel gelê word in die belang van deursigtigheid en om die publiek in kennis te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Frank ·

Eish my bro, wat is daai groot rampbestuursplan woord en hoe stel mens so iets op?

Elma ·

Ja nee kyk, die DA weet ook nie. Maklik om n groot lawaai te maak, maar dis ook al.

Nie Verbaas ·

N mens kan nie vergader as jy geen idee het wat om te doen nie. Dit is net weereens n bewys hoe totaal onbevoeg die ANC is.

Snowball ·

‘n Totale ineenstorting van die kragnetwerk is net ‘n kwessie van tyd met die ANC rowerbende wat nou die drenkelinge kamtig gaan red, terwyl húlle die boot gesink het. Orkestreerders van chaos kan nie orde terugbring nie. Huishoudings gaan ook moet begin voorberei op hierdie ramp wat wag; die winter is amper hier.

Eugene ·

Vra die minister van elektriesiteit wat die plan is. Deesdae is daar ‘n minister vir alles.

Snowball ·

As ek die volgepropte sitplekke van die Parlement aanskou tydens SONA, moes ons lankal ‘n minister van Vetsug en Verversings gehad het. Baie blink en baie XXXL modeskeppings, en dan nog so trots voor die kameras. Blink geeët en blink gesmuk. Lekker in SA.

Danie ·

As n mens net hoor van eskom en loadshedding dan wil jy al naar word.Daar net geen lig of einde van tonnel.

annie ·

Miskien moet die DA nie net aandag aan die Kaapprovinsie gee nie. Die party koek daar en die res van hul kiesers moet alleen elders opsnork. Hulle gaan uiteindelik duur betaal. Die ANC stuur migrante soheen en opportuniste stroom in vir die lekkerlewe wat die DA skep en weldra stem hulle julle daar uit want alle inkomelinge lief nie noodwendig vir John nie. Die ‘gevaarlike vreemde’ buite jul veilige Kaapse hawe, loop leeg van kiesers en koalisies boender jul kandidate uit.

Theuns ·

Stem saam. Die mislukkimgs as koalisies met selfde swak diems as anc help noe DA se beeld in Gauteng nie. Hul beter onttrek en begin optree as oposisue. Pretoria is ‘n morsige spul met Da burgemeester soos ook Joburg en Ekhuhuleni. ‘N lekker vet salaris vir ‘n paar mislukte burgemeesters en speakers kan nie die hele party se beeld skaad nie! Wees slim John

Aggie ·

Dit is wel ‘n wesenlike gevaar wat jy beskryf, maar wat om dit teen te werk is die groot vraag, want nou-nou word die woord “rassiste” weer rondgeslinger. Hierdie tendens is al dekades aan die gang.

quartus ·

Dit is nou n interessante van, maar ook n bietjie verwarrend, veral die laas paragraaf wat begin met ‘AMERICA se…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.