Wes-Kaap: ‘Wysig regulasies om ekonomie te red’

Alan Winde. Foto: Courtney Africa/African News Agency(ANA)

Daar is ʼn volgehoue afname in aktiewe Covid-19-gevalle en -hospitaliserings in die Wes-Kaap en sekere beperkings moet dringend gewysig word aangesien die provinsie se ekonomie groot skade ly, sê Alan Winde, premier van die Wes-Kaap.

Winde het pres. Cyril Ramaphosa versoek om dringend ʼn vergadering van die presidensiële koördineringsraad te belê sodat sekere beperkings in die Wes-Kaap gewysig kan word ten einde ʼn ekonomiese ramp in dié provinsie te voorkom.

Die eerste twee weke van die jongste drankverbod het die Wes-Kaapse regering ʼn geskatte R1 miljard gekos en talle werksverliese tot gevolg gehad, aldus Winde. Talle restaurante het tydelik of permanent gesluit en die voortgesette sluiting van strande kos die toerisme- en gasvryheidsbedryf meer as R120 miljoen per maand.

Winde het ook verlede week ʼn skrywe aan dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gerig waarin ʼn amptelike voorlegging gedoen en duidelike bewyse ter ondersteuning van die wysiging van sekere beperkings uiteengesit is. Daar is nog nie op dié brief gereageer nie.

Die Wes-Kaap versoek onder meer dat strande en ander openbare plekke heropen word en die aandklokreël aangepas word en van 23:00 tot 04:00 moet geld aangesien die huidige aandklokreël dit vir restaurante onmoontlik maak om ʼn behoorlike diens te bied. Die bedryf steier tans as gevolg die aandklokreël.

Indien die aandkolreël eers van 23:00 geld beteken dit restaurante kan 22:00 toemaak en is daar genoeg tyd vir personeel om tuis te kom. Daar word ook versoek dat drankverkope weer van Maandag tot Donderdag toegelaat word en oor naweke op wynplase. Restaurante moet ook toegelaat word om drankverkope met etes te doen aangesien hulle sonder om dit te doen nie winsgewend kan bly nie en gedwing sal word om hul deure te sluit.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

“Dit is al amper ʼn maand sedert die aangepaste vlak 3-beperkings in werking gestel is. Die president het dit destyds duidelik gemaak dat dié beperkings vir 14 dae sou geld en daarna hersien sou word met in agneming van die bewyse.”

Volgens Winde is daar duidelike bewyse dat die Wes-Kaap ʼn volgehoue daling beleef in die getal aktiewe Covid-19-gevalle, hospitalisering vir Covid-19, nuwe koronavirusgevalle, suurstofgebruik en infeksies onder gesondheidsorgwerkers.

Daar is ook genoeg beddens en suurstof by hospitale in die provinsie beskikbaar terwyl nog gesondheidsorgpersoneel aangestel is.

“Ons pleit nog die heeltyd dat die balans reggekry word deur lewens én lewensbestaan te red, en ons het nie gehuiwer om die afgelope jaar stappe te doen om die balans reg te kry nie.

“Die werklikheid is egter dat die balans nie tans bereik word nie en dat die president die gedifferensieerde benadering moet gebruik om werksgeleenthede in die Wes-Kaap en in provinsies wat duidelik hul piek bereik het, te red,” het Winde gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jaco ·

Dis weens die DA in die Wes-Kaap se gedurige toets toets toets vir corona dat die syfers so erg die hoogste in geskiet het, dat die ANC regering toe eers die Tuinroete se strande en daarna alle strande in die Wes-Kaap gesluit het. Die DA in die Wes-Kaap se poging om te wys hoe goed hulle regeer, is eenvoudig teen die Wes-Kaap gebruik – seker maar om die Wes-Kaap te “straf” omdat meeste kiesers daar DA stem. Die DA moet net die minimum doen om die basiese dinge van die Wes-Kaap aan die gang te hou. Maar doen goed wat van die nasionale ANC regering af kom, soos Corona toetse, eerder “low key” en traak-my-nie-agtig. Die DA moet besef dat alle ANC-opdragte wat hulle so goed uitvoer, nie as “mooi so” deur die ANC gesien word nie, maar as “daar wys die klomp wit rassiste in die DA al weer hulle is beter as ons. Kom ons straf hulle”.

Jacobus ·

Mr Winde se pogings verdien krediet in ‘n tyd wat die ANC se einddoel is om ekonomie te vernietig. Weet nie om dit sagkens te stel nie. Die kwaadwilligheid is duidelik met ‘n groot skeut stupidity.

Hennie J ·

Ongelukkig Premier verwag jy die onmoontlike. Hierdie mense is daarop uit om die ekonomie van jou provinsie te vernietig en om sodoende jou magsbasis te ondermyn. Vir hulle gaan dit lankal nie meer oor lewens beskerm nie……………..dit gaan oor mag.

Emily ·

Hennie, ek stem 100% saam met jou. Hulle dink ons veroorsaak al die ongelukke ens as ons drink, maar kyk wie suip die ergste en dan volg die mes steke, bakleiery en al daai. Ja van ons is net so, Wil altyd wys wie is baas agter n kar se stuur of jy dink vroulief is n slaansak, maar ek se, As hulle iemand dronk agter n stuurwiel vang sluit toe en gooi die sleutel weg. Ons regering soek verskonings om ons land verder in die verderf in te kry, hulle is goed daarmee.

Natasha ·

Ons moet eers die rasisme uit die huidige regering kry voor daar enige verbetering is anders poep die mense wat regtig ‘n verskil wil maak en SA op die hande wil dra teen donderweer.

Thom ·

Ons sal slegs wen deur altyd ‘n stappie ” voor ” te wees ___ teen die virus en teen die kanker van die ANC . Verligte denke is noodsaaklik vir oorlewing , tree eerder slim op as weerbarstig . Dankie aan die DA vir ‘n provinsie waar groter suksesse net om die draai lê .

Chantel ·

Hierdie maak my boos, daar gaan derduisende werkloose mense wees wat net op die staat gaan parasiteer en wie moet hiervoor betaal op die ouend?

Johanncb ·

As gevolg van beleid het die hele land ontaard in ‘n ekonomies ramp! Die regering en ministers se magspel duur voort!

Hennie J ·

Opvolg. Die gepik op die tuinroete is n magspel. Iewers, iewers moet daar “loophole” wees waarvolgens die premier sy stempel kan afdruk. Komaan julle slim geleerdes, wys julle staal!!

Dirk Mostert ·

Die DA benader die probleem verkeerd. Doen soos wetenskaplikes in Kanada en verskeie ander lande gedoen het. Dagvaar die regering om, ingevolge die “reg-om-te-weet” wetgewing, bewys te lewer dat die Covid-19 virus geisoleer is in daardie of enige ander land. Geen van die regerings kon die bewyse lewer nie, d.w.s. daar is geen bewys dat die virus bestaan nie. Op grond daarvan is alle inperkingsregulasies ongegrond en onwettig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.