Wes-Kaapse ANC-sekretaris geskors

argieffoto

argieffoto

Die provinsiale sekretaris van die ANC in die Wes-Kaap, Faiez Jacobs, is geskors te midde van bewerings van aanranding.

“Die ANC bevestig dat daar Maandag ʼn voorval by ons kantore was waarby die provinsiale sekretaris en ʼn personeelnavorser betrokke was,” het Marius Fransman, provinsiale voorsitter, in ʼn verklaring gesê.

“ANC-beamptes het vanoggend vergader om die voorval te bespreek en het sonder om die meriete daarvan te bespreek besluit om die saak vir interne dissiplinêre prosesse te verwys ten einde die saak spoedig op te los.” Volgens Fransman is Jacobs tydelik geskors hangende die uitkoms van die dissiplinêre proses.

Volgens ʼn Facebook-inskrywing deur Anda Qhama Bici het Jacobs vir Wesley Seale, die navorser, gevra om ʼn organisatoriese verslag op te stel. Seale het glo geweier waarna Jacobs hom glo aangerand het. Bici het glo ook ʼn foto by die inskrywing gelaai wat wys hoe Seale bloei aan die linkerkant van sy kop.

Jabu Mfusi, woordvoerder van die ANC in die Wes-Kaap, het gesê Seale het Maandag ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak, maar dat hy nog nie ʼn saaknommer ontvang het nie. Volgens Mfusi is Seale daarna na ʼn plaaslike hospitaal om steke te kry.

Thandi Manikivana sal intussen as sekretaris waarneem. Seale is intussen vir twee weke op verlof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann Marx ·

As mens iemand vra om iets te doen wat jyself nie kan doen nie, en hulle wil nie…..dan’s dit tyd vir Plan B.

Griki ·

Dis onregverdig om hom te skors. Die ANC is bekend daarvoor dat hy nie geweld afkeur nie (onthou die withempe in die parlement?).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.