Wes-Kaapse ANC veroordeel plaasmoorde

Argieffoto

Die ANC in die Wes-Kaap het gesê elke plaasaanval is ʼn aanval op die land, sy mense en voedselsekerheid.

Faiez Jacobs, Wes-Kaapse sekretaris van die ANC, het plaasmoorde veroordeel ná drie onlangse voorvalle.

Piet en Elmien Steyn is Vrydag dood in hul huis op ʼn plaas in die Bonnievale-omgewing gevind. ʼn Plaaswerker en ʼn vermeende plaasaanvaller is dood nadat tien aanvallers Sondagoggend op ʼn plaas naby Philippi toegeslaan het.

“Elke aanval op ʼn plaas is ʼn aanval op ons land. Elke lewe wat geneem word in die aanvalle word betreur. Ons doen ʼn beroep op ons mense om saam te staan om die misdadigers te oorwin,” het Jacobs gesê.

Hy het sy dank teenoor die polisie uitgespreek nadat ʼn verdagte in hegtenis geneem is in verband met die aanval op die Steyn-egpaar.

“Ons wil die polisie bedank vir hul flinke optrede en doen ʼn beroep op hulle om hul intelligensie-operasies te verskerp teen diegene wat daaragter sit. Ons doen ook ʼn beroep op ons howe om die swaarste straf moontlik op te lê teenoor diegene wat skuldig bevind word aan plaasaanvalle.”

Jacobs het verder ʼn beroep op boere gedoen om nie plaasbewoners van ʼn woonplek te ontneem en hul menseregte te skend nie, maar hulle aangemoedig om ʼn vreedsame omgewing te skep wat bevorderlik is vir produktiwiteit in landelike gemeenskappe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Johanna Botha ·

Sien mens nou deur die anc….dis verkiesings praatjies ! Sorg dat julle useless polisie hulle werk begin doen en sorg dat mense gevang word …dis waar kommer nodig is !

PaulV ·

Nee Johanna, daar moet gesorg word dat plaasmoorde/-aanvalle verhoed word, sodat dit in die eerste plek nie plaasvind nie.

Venter ·

Dankie meneer Jacobs. Jy is braaf en eerlik. Ongelukkig gaan jou meesters jou nou kruisig. Mag die lig ook vir hul aangaan en n einde bring aan die boosheid wat hul propageer.

Cherokee ·

So sal van julle selfs die ANC komplimenteer. Selfs aanhangers wees van sommige ANC-lede. Of hy heet Gordhan, Ramapokker, Jacobs of watookal, dit is steeds lede van die ANC.

C op C ·

Kom ons aanvaar hierdie uitspraak sonder agterdog en vooroordeel. Dis ‘n brawe man-ondersteun hulle wat versoenende uitsprake lewer en hoop daar staan meer op teen hierdie euwel. Ons op plase en met familie op plase is te dankbaar vir enige uitspraak teen die vergrype wat op plase plaasvind.

Willem Grobler ·

Ja-nee! Vóór ‘94 se verkiesing was daar ook diegene wat al die mooi geluide van die ANC geglo het en kyk waar sit ons nou! Nee wat. Mens weet die kaders lieg as hu lippe beweeg…

julius ·

Neewat Jacobs, jou laaste parragraaf gee jou weg, sit weereens die blaam op die boere. Jammer geen stem vir julle van ons kant af nie.

Snowball ·

Inderdaad Julius. Altyd die sinspeling dat die genadelose boere die oorsaak is. Die laaste paragraaf negeer dus weer alle voorafgaande veroordeling van plaasmoorde. Slim en slu soos altyd.

Nel ·

Ai tog, die stemvee moet alweer so ‘n bietjie lek gevoer word. Ons sien dwarsdeur julle.

Lollie ·

Pragtig! Dalk is daar van diegene wat begin lig sien! Ek sal hulle egter glo wanneer hulle begin om iets daadwerkliks daaraan begin doen! Praat alleen gaan niks verander nie. Ek bid egter uit my hart uit dat daar ń goeie verandering sal kom!
Almal gaan agterdogtig wees met hierdie berig maar kom ons bid liewer dat daar van hulle is watse sienswyse verander en ons daarby kan baat.

Se maar net ·

@julius. Presies wat ek wou se. Ekke geleentheid word gebruik om ons oor die vingers te tik of om vir ons riglyne te gee. Moeg vir die hele spul.

SKYNHEILIG ·

Net omdat daar ‘n plaaswerker vermoor is julle voel STEEDS NIKS VIR WIT PLAASBOER ENIE .. moenie lieg nie.

Fryingfrog ·

Bloot gesê omdat die anc agter beheer van die Wes-Kaap aan is! Llees die laaste paragraaf. Openlike haatspraak teen die boere. Sê iets, maar lê geen bewyse op die tafel nie.

Anton X ·

Wat beteken die veroordeel?
Die veroordeel waarvan hul praat, is net praat. Ek’t nog nooit iets positiefs sien kom, of enige dade wat spruit uit veroordeel.
Hulle het korrupsie ook veroordeel, maar dit het erger geraak!

Rooi Jan ·

Faiez nou moet jy net jou baas , dit is nou Cyril daarvan oortuig dat die volgehoue aanslag van swart mense op wit boere moet stop. Maar ek vermoed net soos hy by elke geleentheid waar hy praat sy mantel na die wind draai net so is jy besig om dieselfde ding te doen.

Thinus Erasmus ·

Daar moet altyd maar altyd weer ‘n vinger terug gewys word na boere wat die arme plaaswerkers onmenslik behandel.
So daar is een plaaswerker deur ‘n boer vanjaar aangerand, dit regverdig nie die veralgemaning daarvan nie!
Mnr. Jacods, jy en jou party en president moet by die punt kom dat jul kan verklaar:
“Alle aanvalle en moorde op boere, plaaswerkers en plaasbewoners is totaal onaanvaarbaar en so ook op alle ander burgers.
Die moord en marteling van wit mense is ‘n rassistiese misdaad en die ANC keur dit ten sterkste af en waarsku oortreders dat hul swaarder gestraf sal word omdat hulle rassehaat bevorder. Daar is geen regverdiging daarvoor nie en ons sal ook optree teen mense wat dit aanblaas en goedpraat.”
Dan sal SA ook sneeu kry en ‘n wit kersfees geniet – nie net hael nie.

humor ·

Wie kan iemand kwalik neem dat hy agterdogtig is jeens hierdie skielike ommeswaai. Mnr. Jacobs jy is n enkele stem roepende in n begraafplaas. Jy sal n nuwe party moet stig of sommer ook propagande maak vir die V Frond. Jou groot generaal boet sy menswaardigheid en geloofswaardigheid in deur in die buiteland blatant te lieg rakende hierdie kwessie en hier tuis swyg hy daaroor en as hy daaroor praat dan is dit die Wittes se skuld wat onversoenend lewe.

Essie ·

Die swaarste straf wat jy hom kan gee is dat hy met sy lewe moet betaal hy het besluit om onskuldige mense van hul vryheid om te lewe ontneem.

My mening ·

Dit laat mens wonder hoekom daar die afgelope ruk so n toename in plaasaanvalle in die Wes-Kaap was. Was die slagoffers maar net “collateral damage” vir die speletjies wat politieke partye speel sodat hulle meer stemme kan kry? Dis baie vreemd dat die ANC hulle uitspreek teen plaasaanvalle of dit selfs erken.

RG ·

Woorde. As julle dit “veroordeel” is ek seker hierdie martelaars en moordenaars gaan ophou. Dalk moet julle dit “streng veroordeel” dan hou dit sommer onmiddelik op.

Johann cb ·

Hopelik is iémand in die ANC besig om insig in SA se probleme te kry! Dankie vir die positiewe beriggewing!

Nikita ·

Mnr Jacobs..as jy dit regtig bedoel soos gese word in die eerste paar paragrawe bo..dring dan ook daarop aan om dit op die tv nuuskanale uit te laat saai..dit sal meer waardeer word. Almal lees nie nuus nie..maar meeste kyk tv.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.