Wes-Kaapse Bloeddiens bly Afrikaans

bloedskenk

Moeders is van die mees algemene gebruikers van bloed weens komplikasies tydens geboorte. Foto: Argief.

Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) het bevestig hy sal voortgaan om in Afrikaans te kommunikeer.

Dit volg na die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD), wat die ander agt provinsies bedien, se besluit vandeesweek dat sy dokumente wat skenkers met elke skenking moet invul, voortaan slegs in Engels beskikbaar sal wees.

Luidens ʼn verklaring deur die WKB maak Afrikaanssprekendes ongeveer 49,70% van die Wes-Kaapse bevolking uit en is ongeveer 41,4% van die provinsie se bloedskenkers Afrikaanssprekend.

Daarom die besluit om sy brosjures en skenkervraelyste dus in Afrikaans en Engels beskikbaar te stel en nié met Afrikaans weg te doen soos die SANBD nie.

“Ons wil graag al ons Afrikaanssprekende bloedskenkers gerus stel dat ons sal voortgaan om ons vraelyste, brosjures en advertensies in Afrikaans beskikbaar te hê,” het Michelle Vermeulen, skakelbeampte vir die WKB, gesê.

Maroela Media het vroeër berig die SANBD het in reaksie op ʼn navraag van die Afrikanerbond gesê hy tree in pas met die Grondwet op deur Engels, in plaas van al 11 amptelike tale, as voorkeurtaal te gebruik vir bloedskenkvorms.

Die SANBD glo die voortrek van net sommige amptelike tale kom op diskriminasie teen ander amptelike tale neer. Daarom word net Engels gebruik wat die “amptelike saketaal” sou wees.

Die SANBD maak verder daarop aanspraak dat dit onprakties is om al 11 amptelike tale te gebruik, daarom word net Engels gebruik.

Sy besluit om weg te doen met Afrikaans het egter talle Afrikaanssprekendes warm onder die kraag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Essie ·

Gee daai mense by die bloedoortappin n bells omrede hul afr verdedig

Cherokee ·

Ek hoop jy besef die Bell’s gaan in die bloedstroom beland.

Stella ·

My bloed is ook Afrikaans en na 60 eenhede skenk ek nou glad nie meer nie. As my mense bloed nodig het, sal ons plan maak.

Lollie ·

Bravo aan die Wes-Kaap! As hulle dit kan doen kan die ander dit mos ook doen.
Die wat Afrikaans uitsny gaan dit beslis voel. Die persone wat dink ons is verkeerd kan maar gaan skenk, niemand keer hulle nie. Ek dink baie wat daarmee saamstem is nie eers skenkers nie.
Daar is altyd iets om te blameer as daar groot verandering is. Of die grondwet of apartheid!

Willie De Beer ·

Dan het ek ook nou na ongeveer 45 jaar se bloedskenk klaar geskenk!!????????

Wim Kotze ·

Lollie jy span jou net bietjie te wyd om die Wes Kaap te prys. Dit is net die bloeddiens, die provinsiale regering onder die DA bewind het Engels hulle voorkeur taal gemaak. Die provinsiale regering web-blad is “English only”

sê maar net ·

Ek is trots Afrikaans, maar dink hierdie is belaglik. Ek skenk bloed, en ek gee nou nie regtig om watter taal jy praat nie, solank ek ‘n lewe kan red. Ek het nog elke keer toevallig ‘n engelse vorm ingevul. WAT MAAK DIT TOG SAAK?

Judge Dredd ·

Meeste van die mense wat verniet bloed kry – skenk self nie bloed.
Meeste van die mense wat verniet bloed skenk – moet waarskynlik R4000 vir pint bloed betaal.
Baie van die mense wat bloed skenk, word geblameer/gediskrimineer teen deur baie van die mense wat bloed ontvang.

As wit mens – Die kanse dat jou bloed gebruik gaan word vir iemand wat jou geensins goedgesind is baie groot – en dan nog verniet bloed gee vir ‘n organisasie wat openlik diskrimineer teen jou – so hoekom nog bloed skenk?

n ·

Ag bweet jy skenk bloed as jy wil ek gaan nie mer nie, in elk geval is die plek waar ek skenk ongeskik en werk hardhandig en onverskillg met mens. EK voel in elk geval lankal nie meer “tuis” om te skenk nie, het al die probleem aangespreek maar wat geen verandering. Hulle maak asof hulle JOU n guns doen. SO ek sal maar my seun kry om vir my te skenk ons is dieselfde bloegroep, my dogter word baie vinnig n reminder gestuur sy het die skaars bloed groep wat almal kan gebruik. Maar sy gaan nie meer skenk nie dieselfde rede ongeskik en ja Afrikaans is ons en dan is ons nou nie meer deel van die “firma” nie. NIE WINSGEWEND ha

Gideon Vosloo ·

Ek het dit aan hulle duidelik gestel. Geen Afrikaans geen bloed nie. So word werksgeleenthede vir Afrikaanssprekendes by die dag minder.

Siener ·

Ek skenk nog steeds geen bloed nie want die Bloeddiens neem geen wit werker in diens nie.

Patch ·

Siener, haal af die skille van jou oë. Ek het al blanke werkers by SANBD gesien. By ons instansie het ons ook gereelde bloed skenk dae en die persone wat uitkom is ook blankes.

sweis ·

Hulle het wit afrikaanse mense in diens maar ek stem ons moet sterkstaan .

Adriana ·

Die skade is klaar gedoen.
Hulle was so haastig om met Afrikaans weg te doen dat hulle nie aan die gevolge gedink het nie.
Daar is Afrikaanssprekendes regoor die land nie net in die Weskaap nie.
Sorry julle kry nie my bloed nie.

Magda ·

Afrikaans in al die provinsies of glad geen bloed nie – of gaan die bloed wat geskenk word in WK net aan mense wat daar dit nodig kry gegee word, nee dit sal orals uitgedeel word – so AFRIKAANS IN AL DIE PROVINSIES OF GEEN BLOED SKENK VAN AFRIKAANS SPREKENDE MENSE AF NIE.

Wanda ·

Ek vul nog al die jare Engelse forms in,nie eens geweet mens kry Afrikaanse forms nie.Pla my glad nie oor forms nie,mens doen dit om iemand se lewe te red,nie oor taal van forms nie.Meeste goed is in Engels inelkgeval.Mense wat kla dat hulle nie skenk oor nie wittes daar werk nie,moet dan liefs nie by winkels goed koop nie wnt daar werk wittes ook nie.Dis elkeen se keuse of hulle wil skenk of nie maar om te weier net oor die forms is regtig kinderagtig

Judge Dredd ·

….en dan is daar ‘n 70% kans dat die een wie se lewe jy red jou eintlik vyandig is…..

sweis ·

Het geweet iemand gaan dwarstrek so gaan groot vul die….vorm in engels in maar leer solank zoeloe of sotho want volgende gaan engels ook taboe wees.

Cherokee ·

sweis, jy moes vir haar vorm met ‘n hoofletter V geskryf het.

DS ·

Belaglik dat jou besluit om bloed te skenk op taal gebasseer word. Wag tot een van julle geliefdes skielik bloed benodig en daar is nie beskikbaar nie. Hoop die AFRIKAANSE begrafnisbrief gaan jou beter laat voel. Ek is self TROTS Afrikaans maar regtig dink aan gevolge van julle besluite. Deesdae is alles net boikot boikot boikot en niemand gee om vir die gevolge nie.

Antionette ·

DS, jou geliefdes gaan defnitief nie jou bloed kry nie, en as jou geliefdes nie die geld het om vir daai bloed te betaal nie gaan hulle jou defnitief nie help net omdat jy elke liewe keer bloed skenk nie. Dis goed soos die wat mense laat ophou bloed skenk, oor taal gaan dit nie vir my. Glo inelkgeval afrikaners raak verniet kwaad hieroor dis iets wat on almal maar doodeenvoudig moet aanvaar net soos ons almal moet aanvaar SA sal nooit weer dieselfde wees nie

Carlien ·

O jinne jammer Bloedbank, ek gaan voortaan nie meer bloedskenk nie, lyk my ek is te Afrikaans vir julle.. sal maar my afrikaanse bloed eerder vir myself hou…

Belaglik ·

Ek wonder nou maar net of almal wat wil ophou bloed skenk oor die vorms nie in Afrikaans is dan nou gaan vra of dit ‘n Engelssprekende of watter taal ookal se bloed is wat hulle kry wanneer hulle in ‘n lewensbedreigende situasie is…. Regtig mense dit is belaglik. Jou geliefde kan sterf omdat daar ‘n bloedtekort is oor die swak siening. Dink verder as julle neuse lank is toe?

Sandra ·

Jy gee gratis bloed maar betaal ten duurste daarvoor wanneer jy bloed benodig. Dis mos dieftal.

Of nie ·

Dink jy nie die Afrikaans haters moes daaraan gedink het nie? O ja. Hulle kan ook net in Afrikaans dink.

Judge Dredd ·

Kans is baie groter dat jou bloed sal gaan vir iemand wat jou geensins goedgesind is.

En moet die wat Afrikaans haat, nie miskien ook daaraan gedink het nie?

Cherokee ·

So Sandra, miskien koop jy jou eie bloed @ R4000 per pint.

Johann Jordaan ·

Wanda ek sien jy vul so “forms” in dat jy nie vorm kan spel nie, red ‘n nasie !!

Herman ·

Nou net die Bloeddiens gebel en in Afrikaans vir hulle opdrag gegee om my naam van hulle skenkerlys af te haal

Janine ·

Jong maak nie saak in watse taal hulle daai vorms het nie….my o neg skenk ek nie…en ja as ek bloedoortapping moet kry is ek jammer om te hoor…ek gaan maar dooi…want ek kan dit nie bekostig nie…Ek sal verseker my bloed aan enige van my familie en vriende skenk as hul dit dringend nodig het….

SjN ·

Indien Lesufi sou gaan bloed skenk sal hy aandring dat die naam eers verander moet word.

Ediaan ·

Ek skenk al vir 16 jaar bloed en ek het nog nooit omgegee of my vorm in Afrikaans of Engels is nie.

Afrikaans is nie woorde op ‘n papier nie, Afrikaans is ‘n kultuur en ‘n leefwyse. As dit nie op ‘n papier voorkom nie, is dit oukei – want dit verander nie wie ek is nie en dit maak my waardigheid nie minder nie.

Ek is Afrikaans en 99% van wie en wat ek is, is onaantasbaar.

Judge Dredd ·

…en tog lees en skryf jy Afrikaans op hierdie forum……..
In watter taal het jy geleer- In watter taal gaan jou kinders leer – As dit nie nodig is om op papier te sit?

Sirkus ·

@sê maar net, dit is omdat ons altyd die ander wang draai dat ons is waar ons op die oomblik is. Staan op vir jouself en jou familie en neem standpunt in, anders gaan ons in die toekoms net ‘n statistiek wees. My skaars bloed groep is AFRIKAANS

sê maar net ·

@Sirkus – Hou jou bloed as jy so verkies. Ek sal aanhou skenk. My redes is baie belangriker as die taal waarin ek skenk.

Maljan ·

Sorrie oukies, as julle my Afrikaanse bloed wil hê, beter julle korrespondensie ook Afrikaans wees

Jacques ·

Ek will graag aan al die afrikaanssprekende mense vra wat die SANBD se beleid goedkeur en goedpraat oor hulle besluit om weg te doen van Afrikaans julle is seker die eerstes wat sal se /kla oor hoe sleg dit met ons wittes gaan oor daar nie werk vir julle kinders is nie wat kla oor die misdaad ???? Dit is deur mense soos julle dat ons sit waar ons sit julle praat alles goed wat van ons weerhou word en wat van ons weggevat word. Baie dankie aan die Afrikaanssprekendes wat iets probeer doen om nie hulle taal te verloor nie, wat nog trots is op hulle taal, wat nog omgee oor wat gebeur met hulle taal, wat probeer saamstaan om te se dat AFRIKAANS ook n reg en toekoms het.

Siener ·

Ek stem 100% saam. Daar is baie mense wat te gewoont geraak het om ‘n slaansak te wees dat hulle nie meer agterkom wat die groot verandering is nie. Gelukkig is daar nog regte Afrikaners wat nou weier om die ander wang te draai en begin opstaan vir hul regte. Genoeg is genoeg. DIs tyd om die Bloeddiens te spur.

Lollie ·

Pragtig! Party mense redeneer rugkant vorentoe. Hulle besef nie waaroor dit eintlik gaan nie en sit dus die pot heeltemal mis!

JohanL ·

Welgedaan Wes-Kaapse Bloeddiens – bly om te hoor iemand of ‘n organisasie RESPEKTEER die meerderheid inwoners se taalvoorkeur.

Daar is al jare gelede gepraat “in die rigting” van minstens alle staatsinstellings wat jou in Engels bedien asook die taal wat deur die meerderheid sprekers in daardie betrokke streek gepraat word. Daar het nie veel daarvan gekom nie en daarom is hierdie besluit duer die WKB so prysenswaardig. Welgedaan. Dit gaan maar net daarom om die meerderheid inwoners se taalvoorkeur te respekteer.

Veer ·

Ek lees almal se kommentaar en ek verstaan die sentiment agter elke kommentaar. Ek wil net ‘n spanner in die works gooi en sê ons moenie toelaat dat ons harte verhard en ons ‘n produk van ons samelewing raak nie. Dis tog hoekom ons anders is en dit moet ons vies maak, maar om nie ‘n lewe te wil red nie oor ‘n dokument wat nie in jou moedertaal is nie, is belaglik. Sê nou hulle het dit nie gebroadcast, wie van ons sou dit agter gekom het? Dis mos nie in ons aard om nie te wil help nie..

Bokkie ·

Ek lees dat mense sal nie bloed skenk oor taal. Wie het die omie en tannie so lelik aangerand tydens die padwoede nie. Mense wat hul dieselfde taal Afrikaans praat. Ek persoonlik dink dat baie van julle behoort Anders na jul self te kyk…

Cherokee ·

Die Judge wag op jou terugvoering, Bokkie. En o ja, ek ook.

Janet ·

Dis alles goed en wel om vir Afrikaans te veg maar is hierdie regtig ‘n heuwel om op te sneuwel? Soos die Engelsman sê: “Pick your battles.” As jy hierdie een kies, vermag jy net een ding: jy stuur die boodskap uit dat die Afrikaner kleinlik is en geen medemenslikheid kan toon nie. En dan wonder jy hoekom ander jou nie goedgesind is nie.
O, en dis ook nogal ironies hoe een van die grootste galbrakers hier bo dit onder ‘n Engelse skuilnaam doen.

Cherokee ·

Die ironie word vererger deur bloot skimpe te gooi in ‘n forum waar vryspraak (slegs 10%) geldig is. Cherokee verwys na die fabrikaat van my vliegtuig wat beslis niè Engels is nie en mý dus uitsluit. Gesprekke sal makliker vlot wanneer ons meer openlik menings lug, maar die ander kant van die saak is dat dìt is presiès wat ek doen, met die gevolg dat 25% van my kommentare gepubliseer word. Ek dink steeds, selfs na die ‘in besonderhede’ verduideliking, is jy niks anders as ‘n sissie want na ‘sòmmiges’ wil verwys.

Bloedloos ·

Wie se kind kan dalk net ‘n operasie nodig hê dan is daar nie lewensreddende bloed nie want ons huil nou oor ons “taal”. Glo my geen ouer wat ek ken gaan ‘n duit voel wie die persoon is wat hulle kind se lewe moet red in so ‘n situasie nie. Ons moet asb. tog nou nie net so belaglik raak as ons vervolgers nie.

Edd ·

Suid Afrikaners is darem behoorlik onnosel as dit by bemarking kom. As hulle so stupid wil wees en voort neuk laat hulle maar die vrugte van hul onkunde pluk.

Gert ·

Net gautelling is english. As hulle oor slaan engels toe verloor hulle my bloed

Msp ·

Lyk my post is verwyder, sal maar kortliks ń ander tegniek probeer. My blood is ook Afrikaans. As minderheidsgroepe o-pos blood nodig het sal ek instant.

Cherokee ·

Hierdie ‘post’ van jou behoort ook verwyder te word, want jy is koelbloedig met jou verminking van Afrikaans.

Cherokee ·

Ek het nou een vraag wat ek by myself moet uitsorteer. Dit is naweek, dit is Vrydagaand en ek ry van winkel tot winkel en soek vir ‘n 6 pak Swart Etiket. Ek is nie in die bui vir ‘n boikot nie!

Bokkie ·

Judge Dredd dat jy nooit eendag bloed nodig gaan kry nie,,,

Cherokee ·

So, dìt is wat jy ‘n antwoord noem op ‘n normale vraag wat jou vra om jou kommentaar te verduidelik. Los maar Judge, sy kan nie haar pos verduidelik nie en wonder self daaroor.

Judge Dredd ·

Moet die Afrikaanse haters nie eerder hul keuses heroorweeg?
Maar O nee – die ANC/kommunis meelopers wil niks daarvan hoor nie !!!

Boet ·

Baie dankie aan die Wes Kaap dat vorms steeds in Afrikaans beskikbaar sal wees.

Msp ·

Ek sal elke keer gaan maar as die vorm in engels is sal ek beswaar maak en sê ek sal volgende keer weer probeer met die hoop dat ek ń Afrikaanse vorm te kry.

Cherokee ·

ag Lana, ek het die boikot geskip hierdie keer en Black Label gekoop :-)))

Verbaas ·

Judge Dred watter planeet bly jy die Kaapse Kleurling is bobaas staan opsy pappa! Of trek vrystaat toe

Judge Dredd ·

Wat probeer jy nou eintlik se?

As jy nie ‘n geldige stelling kan maak – bly maar eerder stil.

Naas ·

Die WKB se kliëntediens is so swak dat ek opgehou het om bloed te skenk. O-Neg.

Eie Bloed ·

Laat elke “groep” sy/hulle eie bloed skenk en self gebruik. Soort by soort.

Veer ·

Cherokee & Judge Dredd julle skop die grootste bohaai op, maar as ek so na julle “name” kyk, sien ek dis wrintie waar in Engels en eintlik is julle heeltemaal buite orde! Oeps, hoe dan nou?!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.