Wes-Kaapse boer hoor eers dán oor borgtog

Argieffoto

Frik Muller, die boer van Herbertsdale buite Mosselbaai in die Wes-Kaap wat onder meer van poging tot moord aangekla word nadat hy na bewering maande gelede met ʼn trekker teen ʼn voormalige plaaswerker se huis vasgery het, het steeds nie ʼn antwoord oor sy aansoek om borgtog nie.

Sers. Kappi Kapp, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Muller het 23 Julie in die Mosselbaai-landdroshof voorgekom waar sy aansoek om borgtog weereens uitgestel is.

Dié keer is sy saak tot 15 Augustus, weer in die Mosselbaai-landdroshof, uitgestel vir die aansoek om weer aangehoor te word.

Dit is in dié stadium onduidelik wat presies daartoe aanleiding gegee het dat die aansoek weereens uitgestel is.

Muller se regsverteenwoordigers het vroeër aangedui dat hulle nuwe getuienis het om voor die hof te bring, maar Kapp het dit weerlê en gesê daar het eintlik “niks daarvan gekom nie”.

Maroela Media het vroeër berig die landdros het die saak op 19 Junie uitgestel tot 23 Julie, aangesien hy die getuienis van die ondersoekbeampte weer wou aanhoor.

Muller staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, opsetlike saakbeskadiging en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Die slagoffer, Hylton Levendal, is glo al in Desember afgedank, maar het geweier om die plaas te verlaat. ʼn Onderonsie tussen Muller en Levendal het ontstaan, wat daartoe gelei het dat Muller glo met ʼn trekker teen die muur van die werker se huis vasgery het.

Van die bakstene van die huis het op Levendal geval en hy is glo gering beseer.

Muller word steeds in ʼn gevangenis in George aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

ZAR ·

Frik ons bid vir jou. Hier is mense wat vir jou baklei. Jy is nie alleen nie…

Boertjie ·

Sulke tipe onregverdigheid moet die hele wereld wyd gepubliseer word dat nense in ander lande ook kan sien wat aangaan in SA.!!!!

Hanna Hoekom ·

Nou verstaan ek nie: laas week is n gawe ou oom in sy huis doodgeslaan. Die moordenaar het reeds van tevore probeer om die oom te verwurg (die oom het toe voorgegee dat hy dood is en die aanval oorleef). Daardie selfde krimineel het borgtog gekry. En daarna sy daad gaan voltooi… Mis ek iets? Dalk werk ons regstelsel net nie, want hierdie is n absolute belaglike saak. Die voormalige werker woon seker steeds op die plaas.

Peet Schabort ·

Nee Hanna, jy mis niks. Ek is ‘n swaer vd oom. Korrupte regstelsel wat nie konsekwent optree aangaande borg. Anargie in hierdie Rama-land vier hoogty.

HPV ·

Praktiese voorbeeld van toepassing van dubbel standaarde teen ‘n minderheidsgroep. Weermaglid skiet vrou, word nie eers in hegtenis geneem …?

Racheltjie ·

Kan iemand verduidelik hoe op aarde hy nog in die tronk kan wees as die ander party nie eers erg seer gekry het nie?

Joey ·

Waar is sy ondersteuning netwerk? Die dae van fyn opvoeding is verby! Kry julle self by daardie hof en doen wat die ander doen. Sit druk op die stelsel om Frik borg te gee. Stig ñ fonds dat ons geld vir ñ advokaat kan bymekaar maak. Hier is NIE ñ moord gepleeg nie. Hoop sy regsverteenwoordiger het al met siviele eis begin!!!!

anton ·

Ek hoop van harte dat die boer n baie goeie prokureer het en dat hulle die staat gaan dagvaar vir miljoene!!!
Hierdie saak is te belaglik vir woorde!!!!
Ek hoop dinge soos die maak die blankes se oë oop want daar is nog so baie wat blind is oor wat aangaan in S.A

JM ·

Hy ry in die werker se huis vas op sy plaas en sit in die tronk sonder borgtog maar ‘n moordenaar word met R500.00 beboet en hy kan maar weer gaan moor. Dubbel standaarde van die anc.

bgj van der westhuizen ·

aan gekla ok vir saak beskadiging dit is die boer se huis kry uit setings bevel en laat hulle die werker uit sit en laat die huis plat slaan hy kan nie borg kry nie hoekom nie daar is hoeveel wat borg kry wat moor en verkrag en hulle kan kry maar nee hy is mos wit daar om kan hy nie kry nie boere dit is tyd dat daar in op tog deur die dorp gaan en alles ontwrug en sny kos soos vars groende en melk af na die dorp maar ook boere begin werker in die dorp bly dat hulle nie op die plaas kan bly as hulle af gedank word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.