Wes-Kaapse boer hoor oor aansoek om borgtog

hof-hamer

Argieffoto

Frik Muller, die boer van Herbertsdale buite Mosselbaai in die Wes-Kaap wat na bewering maande gelede met ʼn trekker teen ʼn voormalige plaaswerker se huis vasgery het, se aansoek om borgtog is nou amptelik afgekeur.

Sers. Kappi Kapp, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Muller se strafregtelike verhoor sal nou op 25 Oktober in die streekhof in Mosselbaai begin.

Kapp sê hoewel Muller ʼn nuwe regspan het, kon hulle steeds nie op 15 Augustus, toe Muller weer voorgekom het, die landdros oortuig dat hy nie ʼn gevaar vir die klaer inhou nie.

“Hulle het geen bewyse gehad om die hof te oortuig dat hy nie vir die klaer ʼn gevaar sou inhou nie,” het Kapp gesê.

Maroela Media het vroeër berig Muller se aansoeke om borgtog is al drie keer vantevore van die hand gewys. Dié aansoek wat nou finaal afgekeur is, is sy vierde borgtogaansoek.

Die slagoffer, Hylton Levendal, is glo al in Desember afgedank, maar het geweier om die plaas te verlaat. ʼn Onderonsie tussen Muller en Levendal het ontstaan, wat daartoe gelei het dat Muller glo met ʼn trekker teen die muur van die werker se huis vasgery het.

Van die bakstene van die huis het op Levendal geval en hy is glo gering beseer.

Muller staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, opsetlike saakbeskadiging en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Muller word steeds in ʼn gevangenis in George aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anna

Ek verstaan nie – vermeende moordenaars en verkragters kry borg… Veroordeelde reeksverkragters en moordenaars kry parool… en die man moet in aanhouding bly?? Watter gevaar hou hy vir die gemeenskap in? Hoe kan ‘n onwettige werker maande later nogsteeds blyplek beset??
Ag nee man, dis ‘n grap.
(En nee, ek ondersteun nie sy gedrag nie, maar genugtig. Dis verregaande om hom in aanhouding te hou!!)

Jacques

Dit is een van die baie maniere om n boer se grond te kry . Welkom in die nuwe sa (helhool) .

Karolis

Frik is te lig van kleur om ligtelik af te kom.

GM

Ek is al so moeg vir hierdie ‘victim’-houding wat almal het as die ander persoon die dag vêr genoeg getart is en terugveg. Ja, om met ‘n trekker teen die muur te gaan staan en ry is seker nou nie die slimste besluit gewees nie, maar moet die werkgewer nou die voormalige werker ‘indefinitely’ onderhou? Wat gaan gebeur as ‘n werkgewer die dag net by ‘n werker se huis intrek en als verniet wil hê? Die boer behoort die reg te hê om geboue af te kan breek, dis immers sy plaas. Hy moes dalk net eers die dief laat… Lees meer »

christa

dsop sy plaas dat die leegleer gebly het. Ass hy geweet het wat hy nou weet moes hy beter job gedoen het. Die leegleer het mos die reg aan sy kant want hy het die regte kleur.