Wes-Kaapse boer hoor oor aansoek om borgtog

hof-hamer

Argieffoto

Frik Muller, die boer van Herbertsdale buite Mosselbaai in die Wes-Kaap wat na bewering maande gelede met ʼn trekker teen ʼn voormalige plaaswerker se huis vasgery het, se aansoek om borgtog is nou amptelik afgekeur.

Sers. Kappi Kapp, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Muller se strafregtelike verhoor sal nou op 25 Oktober in die streekhof in Mosselbaai begin.

Kapp sê hoewel Muller ʼn nuwe regspan het, kon hulle steeds nie op 15 Augustus, toe Muller weer voorgekom het, die landdros oortuig dat hy nie ʼn gevaar vir die klaer inhou nie.

“Hulle het geen bewyse gehad om die hof te oortuig dat hy nie vir die klaer ʼn gevaar sou inhou nie,” het Kapp gesê.

Maroela Media het vroeër berig Muller se aansoeke om borgtog is al drie keer vantevore van die hand gewys. Dié aansoek wat nou finaal afgekeur is, is sy vierde borgtogaansoek.

Die slagoffer, Hylton Levendal, is glo al in Desember afgedank, maar het geweier om die plaas te verlaat. ʼn Onderonsie tussen Muller en Levendal het ontstaan, wat daartoe gelei het dat Muller glo met ʼn trekker teen die muur van die werker se huis vasgery het.

Van die bakstene van die huis het op Levendal geval en hy is glo gering beseer.

Muller staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, opsetlike saakbeskadiging en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Muller word steeds in ʼn gevangenis in George aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anna ·

Ek verstaan nie – vermeende moordenaars en verkragters kry borg… Veroordeelde reeksverkragters en moordenaars kry parool… en die man moet in aanhouding bly?? Watter gevaar hou hy vir die gemeenskap in? Hoe kan ‘n onwettige werker maande later nogsteeds blyplek beset??
Ag nee man, dis ‘n grap.
(En nee, ek ondersteun nie sy gedrag nie, maar genugtig. Dis verregaande om hom in aanhouding te hou!!)

HPV ·

Hy is wit. Geen demokrasie, hewige dubbel standaarde onder huidige anc regime!

Jacques ·

Dit is een van die baie maniere om n boer se grond te kry . Welkom in die nuwe sa (helhool) .

GM ·

Ek is al so moeg vir hierdie ‘victim’-houding wat almal het as die ander persoon die dag vêr genoeg getart is en terugveg. Ja, om met ‘n trekker teen die muur te gaan staan en ry is seker nou nie die slimste besluit gewees nie, maar moet die werkgewer nou die voormalige werker ‘indefinitely’ onderhou? Wat gaan gebeur as ‘n werkgewer die dag net by ‘n werker se huis intrek en als verniet wil hê?
Die boer behoort die reg te hê om geboue af te kan breek, dis immers sy plaas. Hy moes dalk net eers die dief laat uitkom het, en dan begin sloop het.
Die boer se lewe was tien teen een nog in gevaar ook.

christa ·

dsop sy plaas dat die leegleer gebly het. Ass hy geweet het wat hy nou weet moes hy beter job gedoen het. Die leegleer het mos die reg aan sy kant want hy het die regte kleur.

voertsek ·

Is die klaer al van die boer se plaas af want dan hou hy GEEN gevaar meer vir die klaer in nie . SIT NET DIE KLAER VAN DIE PLAAS AF HY WERK NIE MEER DAAR NIE.

Koos de Meyer. ·

Hierdie land is sieker as siek. Daar sal nooit versoening kom solank as wat dubbe l standaarde aan die orde van die dag is nie. Hy het niemand dood gemaak nie maar nee hy het mos ‘n wit vel.

bosbokkie ·

Hoe kan jy aangekla word vir poging tot moord as die persoon slegs geringe beseerings op gedoen het ? En hier soek ek nou n regskenner se antwoord, want ek ken ook die een van omdat die beskuldigde wit is.

Mickey ·

Solidariteit kan jul maar dalk hierdie boer help in plaas daarvan dat jul ons geld gebruik vir dai Grace Mugabe saak ens nie.

Skaap ·

Gebruik eie arbeid, om dit nie te doen stel jou lewe en famielie se lewe in gevaar.

Feite is fiksie ·

Het meneer die plaaswerker die Titelakte vir sy huis op die boer se grond?

Stuiwer ·

Wat Muller gedoen het, was verkeerd, maar hoekom wou die voormalige plaaswerker nie die plaas verlaat nie? Muller kan mos nou ‘n saak van betreding teen hom aanhangig maak?

Groot asseblief ·

Kommaan mense ons kan dit nie hier laat nie. Is daar rerig niemand geen regs persoon wat MM lees wat hier kan help nie. So kan dit mos nie aangaan nie.

Niklaas ·

Die harde feit is dat blankes deeglik moet besin voordat dade van hierdie aard gepleeg word. Liberale media sal sorg dat sulke vergeldings stappe of straf maatreels vertolk word as rassisties. Sake het baie verander in SA.

Judge Dredd ·

Korreksie – die boer het teen sy eie huis vas gery – die huis wat die boer vir plaaswerkers gebou het is nog steeds sy eie besit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.