Wes-Kaapse boer hoor oor borgtog

Argieffoto

Frik Muller, ʼn boer van Herbertsdale buite Mosselbaai in die Wes-Kaap, se borgtogaansoek is Donderdag in die plaaslike landdroshof geweier.

Sers. Kappi Kapp het aan Maroela Media gesê die hof het beslis Muller moet in aanhouding bly totdat die hofsaak afgehandel is. Die hof het bevind Muller kon nie tydens sy borgtogaansoek bewys dat sy teenwoordigheid op die plaas nié ʼn bedreiging vir die slagoffers in die saak sal inhou nie. Sy borgtogaansoek is gevolglik van die hand gewys.

Maroela Media het vroeër berig Muller staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, opsetlike saakbeskadiging en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.

Dit kom nadat hy na bewering vroeër vandeesmaand met ʼn trekker teen die muur van Hylton Levendal, ʼn voormalige plaaswerker, se huis vasgery het. Levendal is glo al in Desember afgedank, maar het geweier om pad te gee van die plaas af. ʼn Onderonsie het tussen Levendal en Muller ontstaan wat daartoe gelei het dat Muller glo met ʼn trekker teen die muur van die werker se huis vasgery het.

Van die bakstene van die huis het op Levendal geval en hy is glo gering beseer.

Muller sal op 12 April weer in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ronel ·

Gering beseer en die klag is poging tot moord. Laat ‘n boer dood wees na ‘n wrede aanval en verkragting van sy vrou dan word ‘n moontlike huisbraakklag ondersoek. En niemand word in elk geval vasgetrek nie.

Johann ·

Poging tot moord? Wat van die wat meer as net POOG om te moor? O ja askuus… hulle is frustreerd omdat daar meer as 20 jaar terug teen hulle diskrimineer is, en nous dit n kwessie van previously disadvantaged, currently taking advantage… to the point of murder and rape and distruction. Georganiseerde anargie alla ANC legacy

Vuurwarmkwaad ·

Ek kan my daardie boer se ontsettende kwaad indink. Hoe verwronge is die gereg nie; hoe magteloos is ons nie! Die werker het tien-teen-een die boer en sy gesin nog gedreig ook. Die ouer mense het altyd gesê die wiel draai, maar die jongeres voel die wiel moet darem nou wrintiewaar ‘n bietjie spoed optel.

Wurmpie ·

Geen borgtog vir die boer? Moordenaars loop rond maar hy word ń bietjie vryheid geweier

Zumie ·

Diegene wat in die klas oplet sal sien dat wit beskuldigdes se borg soos klokslag geweier word in hierdie “rasse- verhore”….. mmmmm seker toevallig ne… al het hulle vaste verblyf en werk.
“all animals are equal but some animals are more equal..”

PJC ·

Dat ń mens nou jou eie eiendom nie mag betree nie en dit omdat ń onwettige hom op jou plek tuis gemaak het. Dit is absoluut verregaande. Die onwettige kan mos verwyder word as hulle so bekommerd is oor sy veiligheid.

Jacques ·

En so verloor die NUWE SA NOG twee voedsel produsente op een dag , een dood geskiet op sy plaas en n ander moet in die tronk bly vir “petty” klagtes . Dit is belaglik verby . Ek kan net nie help om te wonder wat hulle sal maak as daar nie meer brood of meel op die rakke in die winkels is nie ???? Dan vir Aus wat die dinge raak sien .

christa ·

weereens het die ou wat op sy grond hoort ,nie die reg daartoe nie maar die ding wat daar onwettig is het toegang. Wat ‘n korrupte spul

MAGDA ·

Hy mag nie borg kry nie maar die REGTE plaas aanvallers kry borgtog ???Nie net plaas aanvallers nie maar alle ernstige (moord,verkragting) oortreders kry borg net om binne ‘n week amper WEER dieselfde te gaan doen.
Ons regstelsel is een GROOT grap en ‘n korrupte spul!

Belaglik ·

Dis darem nou belaglik .. poging tot moord maar as die aanvallers die boere half doodslaan en vermink word daar sake van HUISROOF oopgemaak . julle raak nou darem regtig belaglik hoor . die regstelsel is ‘n JOKE … vat jou goed en trek Ferreira .. jy mag NIKS meer aan iemand doen wat jou plaas onwettig beset of onwettig sy intrek daar kom neem nie dan is jy ‘n vermeende moordenaar.

Askies ·

DIE SLAGOFFERS IN DIE SAAK MOES REEDS WEG GEWEES HET, hy werk nie meer daar nie hoekom mag die boer nie na sy eie huis teruggaan en sy eie plaas nie? OMDAT ‘n ONWETTIGE afgedankte ex-werknemer daar plak en nie wil padgee nie??? GOEIE LIEWE HEMEL ons gaan nog almal omkom hier.

christa ·

ek wens Maroela wil al die kommentaar vir die betrokke persone stuur sodat hulle kan sien wat die publiek van hulle en hulle optrede dink. Nou baklei ons en gemoedere loop hoog en hulle weet van niks

Anli ·

Belaglik!As hy n swart boer was sou hy definitief borg gekry het?

Oom Kalahari ·

Wat ‘n grap van regstelsel waar ‘n krimineel die regte het en hierdie is Satans land. Die trekker se remme het nie behoorlik gefunksioneer nie. Die seak werker hoort nie daar nie.

michael ·

Jacques ek stem saam jou as daar nie meer brood en meel is nie dan kom die gewone Goverment must give as Goverment nie kan give nie dan brand en breek hulle weer af.

Drieks ·

Dis belaglik. Moordernaars loop rond en word nooit gevang en ander wat hul eiendom probeer beskerm word aangehou en weg gehou van sy eiendom. Dit is uiters swak.

Alida ·

Nie een van ons was in die hof om die ware storie te hoor nie. Hou of kef soos foxterriers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.