Wes-Kaapse boer se borgtog derde keer geweier

hof-hamer

Argieffoto.

Die borgtogaansoek van Frik Muller, die boer van Herbertsdale buite Mosselbaai in die Wes-Kaap wat onder meer van poging tot moord aangekla word, is Woensdag vir die derde keer in die Mosselbaai-landdroshof van die hand gewys.

Sers. Kappi Kapp, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê nadat Muller se oorspronklike borgtogaansoek geweier is, het hy hom tot die hooggeregshof gewend. Sy borgtogaansoek is sowat twee weke gelede in die Kaapstadse hooggeregshof aangehoor waar dit ook van die hand gewys is.

Muller het Woensdag weer in die landdroshof aansoek gedoen nadat sy regspan aangevoer het dat daar intussen nuwe inligting aan die lig gekom het. Die borgtogaansoek is egter weer geweier, het Kapp gesê.

“Sy regspan kon nie by een van die drie geleenthede daarin slaag om die hof te oortuig dat hy nie ʼn gevaar sal inhou vir die werker en sy vrou wat steeds op die plaas woon nie. Voor die laaste voorval waartydens hy in hegtenis geneem is, was daar na bewering drie voorvalle, waartydens hy hulle onder meer glo gejaag en geslaan het en dit het elke keer erger geword,” het Kapp gesê.

Die saak tot 7 Junie uitgestel.

Maroela Media het vroeër berig  Muller staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, opsetlike saakbeskadiging en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.

Hy het in Maart na bewering met ʼn trekker teen die huis van Hylton Levendal, ʼn voormalige plaaswerker, vasgery het. Levendal is glo al in Desember afgedank, maar het geweier om die plaas te verlaat. ʼn Onderonsie tussen Muller en Levendal het ontstaan wat daartoe gelei het dat Muller glo met ʼn trekker teen die muur van die werker se huis vasgery het.

Van die bakstene van die huis het op Levendal geval en hy is glo gering beseer.

Muller word tans in ʼn gevangenis in George aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

GM ·

Die ou is afgedank, maar hy weier om die plaas te verlaat? Dit klink vir my of die ene uittartend is, want hy weet hy gaan niks oorkom nie. Hoekom moet die boer verniet behuising verskaf as die ou nie meer ‘n werknemer is nie? Hy moes maar eers die mense uit die huis gelok het, voor hy dit probeer ‘sloop’ het.

Paul ·

Daar is wette in Suid-Afrika oor hoe jy te werk moet gaan om iemand uit behuising uit te sit. Die wettige proses is baie moeilik, veral as die behuising op ‘n plaas is. Dis hoekom soveel boere in die 1990s en die vroeë 2000s die werkershuise op hul plase gesloop het, sodat hulle nie met daai wet se gevolge opgeskeep hoef te wees nie, en eerder hul werkers aanry van die dorp af elke dag.
Die frustrasie wat vir ‘n boer deur so ‘n situasie veroorsaak word, kan ‘n mens begryp, maar die oplossing is nie om die huis met ‘n trekker te probeer sloop nie, of daar nou iemand daaarbinne is of nie. Die wet is nie aan jou kant as jy dit doen nie, maak nie saak hoe frustreerd jy is deur ‘n voormalige werker wat nie die huis wil verlaat nie.

Ben ·

As die ou afgedanks is moet hy die plaas verlaat. Wat moet die boer doen. Klink so asof die staat hier nie die regte van die wetiglike eienaar beskerm nie. – Rassisme?

jaco ·

Dis 24 jaar ná apartheid. As jy wit is, BLY BINNE DIE REËLS, al is dit hoe ongemaklik. Die teendeel is juis dít waardeur hierdie boer nou moet gaan.

Lily du Plessis ·

Ek verstaan hoe hierdie boer voel. En hy het met die trekker in sy huis vasgery waarin die werker vir solank hy in die boer se diens is mag bly, die boer het dus nie in die werker se huis vasgery nie

Vryheid ·

Dit is jammer maar die harde werklikheid is dat alle boere die wetlike pad moet stap. Ons het al ons werkers huise gesloop baie lank gelede en ry werksmense in vanaf die dorp. Dit is maar n pyn maar sien lankal nie kans vir die soort moeilikheid.

jaap ·

Opsetlike saakbeskadeging van sy eie eiendom?
Hoe de hel werk dit?
Die land en regstelsel kantel net na een kant toe.

Koos de Meyer. ·

Daar gaan net meer sonder werk en huise sit as die regering aanhou om so aan te gaan. As jy in ‘n staats huis bly en jy werk nie meer vir die staat nie moet jy uit. Maar die boer moet maar in die tronk sit omdat hy hulle sou aanrand. Hulle is al Desember af gedank en hulle bly nog daar. Waar gaan ons heen. Dan praat die regering van versoening, my voet. Almal het humanitêre regte behalwe ons blankes.

anton ·

Hierdie land is by ”belaglik” verby!!!
Die howe weet nie meer wat hulle doen nie en nog minder weet hulle wat is reg en wat is verkeerd!!!

Oom Kalahari ·

Dan kan Zuma mos ook maar in die Staatshuis en Parlement aangebly het. Daar is riglyne ja en die boer het hom gevra om te gaan na hy afgedank is, maar het die boer uitgelok en geweier. Nou bly hy onproduktief daar en die boer is in tronk. Wie betaal belasting, water en ligte ens…..die Boer moet en nie hy nie..

Andre ·

Die meneer wie die blanke vrou op die motorfiets tromp-op geskiet het, is nie eens gearresteer nie. Maar hierdie boer word gearresteer en kan nie borg kry nie. Hoe werk dit, kan iemand my inlig asseblief?

Flip ·

Die boer kry nie borgtog nie want hy is kwansuis ‘n gevaar vir die knaap wat onwettig op sy eiendom is. As die skepsel voel hy is in gevaar, hoekom verlaat hy nie die eiendom nie?

jaap ·

Hy is n boer,daar is die antwoord.
Sal sien tot eerste grond net weg gegee word wie betaal vir krag ens.
Ook wie die plaas se paaiemente by bank gaan betaal.
Slim mos.
En waar geld gaan kry vir plant,diesel,etc

Selfbeskikking ·

Dis deel van die plan om ons almal uit die lamd te druk. Ons moet onderhandel vir ons eie land as ons wil oorleef, of ons moet vlug.

Andre ·

Tyd dat die regstelsel begin om Wittes te respekteer en regverdig te behandel.

Bevry die boer uit aanhouding? … en beskerm hom teen voortgesette staatsteistering?

En sloop die werkershuis op sy plaas?

Cherokee ·

Minder as 24 uur om ‘n plakker sy goed te laat vat en loop –

Verlede jaar hierdie tyd probleem gehad met ‘n plakker van Uganda wat nie woonstelhuur betaal het nie en geweier het om te gaan. Die oplossing was heel eenvoudig. Onthou, hy het nie (meer) ‘n wettige huurkontrak gehad nie. Volgens wet kon ons hom nie laat uitsleep nie.

Hy is dus gelaat om aan te bly. Intussen drie ‘uitsmyters’ vanuit die Kongo ‘n huurkontrak laat teken en aan hulle gratis en verniet ‘n kwitansie gelykstaande aan die deposito gegee. ‘n Slotmaker (locksmith) opdrag gegee om die deur oop te maak en die slotte te vervang. Die nuwe huurders opdrag gegee om in die sitkamer op sy leunstoele en na sy TV te kyk wanneer hy van sy werk af arriveer. Hulle is opdrag gegee om aan hom ook ‘n sleutel (vir die nuwe slotte) te gee sodat hy nie kan sê hy is uitgesluit nie.

So het dit gebeur. Toe hy by die woonstel instap was die deur oop en mense in die sitkamer wat TV kyk. Ek was een vloer hoër om seker te maak alles verloop glad. Hulle was opdrag gegee om hon nie af te ransel nie. Hulle het Engels gepraat want kon nie mekaar se tale verstaan… hul ‘kontrak en kwitansie’ gewys en aan hom gesê hul meubels is op pad. Hy het 3 dae om syne te verwyder. Hy het dieselfde aand vertrek.

Leer uit hierdie vertelling.

DC ·

Die enkellopende melkboer sit id tronk ed afgedankte tydelike werker plus gesin beset n sementdam wat as woning omskep is op die plaas en verhoed die eienaar se borgtog. Dis wat met n weldoener gebeur id nuwe SA tydens n kritieke droogtetyd.

Die eienaar tree op in belang v sy boerdery en voortbestaan. In proses word sy optrede verpolitiseer en gekriminaliseer. Dit ruim eenvoudig nie dat die regstelsel nie in die geval gelykheid voor die reg kan bewerkstellig nie.

Georganiseerde landbou en burgerlike organisasies moet asb indringend kyk wat hier aangaan. As dit is wat die demokrasie vir eiendomseienaars inhou, is die prys te hoog.

GerhardG ·

Nou kan julle sien waarom dit goed is dat die doodstraf nie meer bestaan nie. Daar is twee regstelsels in SA.

Johan. H. ·

Baie hartseer saak aan alby kante, MENSE LEER HIERUIT,!!! Die regering is nie daar vir die wittes nie, Punt. Ek hoop net die boer het nie n sogenaamde regter soos die doodskis 2 nie,,,

Piet ·

As daar enige geregtigheid in die land was kon hulle dalk die boer probeer aankla vir intimidasie. Die boer is in my opinie die een wat eintlik geintimideer is, nou sit hy met poging tot moord teen hom en geen bail. Siek, siek land waarin ons moet probeer oorleef.

Belaglik ·

Ek verstaan dit GLAD NIE, die plaasMOORDENAARS Kry borg maar nie iemand wat sy EIE eiendom en EIE lewe teen ‘n disgruntled employee verdedig het nie. Die regstelsel in SA is ‘n absolute GRAP en dit is biased, van voor tot agter .. jy kan net ‘n VERDAGTE Wees as jy blank is dan hou hulle jou opgesluit terwyl PLAASMOORDENAARS daagliks vrygelaat word asgv ‘gebrek aan bewyse’. Net gister is 4 van 7 plaasmoordenaars wat by ‘n ou oom se dood betrokke was op ‘n plaas VRYGELAAT .. maar wit boere word opgesluit. WAT SOEK DIE WERKER NOG OP DIE PLAAS? Dit is nie sy plaas nie en hy is AFGEDANK en mag nie meer daar bly nie .. HOEKOM is hy nog daar? Hoe werk die REG in SA?? OPSETLIKE beskadiging van jou EIENDOM hou jou in die tronk maar as jy die MUNISIPALE KANTORE UITBRAND kom jy niks oor nie?? DIT RAAK BELAGLIK!!

Skokkend ·

En so vat die blankes die AFGEDANKTE WERKER se kant TEEN die WIT BOER Wat op sy EIE PLAAS teen die huis vasgery het .. dit is ongelooflik hoeveel ‘politiek korrektes’ nog hier is .. maak asof almal die WET moet volg SOLANK JY NET WIT IS NE?? SIEK Suid AFrika, kan nie wag om julle almal hier agter te los wat nie eers agter EEN BOER Kan staan nie …

Johan. H. ·

Lyk eerder of die regters,prokureurs en landroste moet kort gevat moet word,, want lyk my hier saai hulle meer wrywing en onmin as die regering!!Boekgeleerdheid maak jou nie noodwendig n beter mens nie,

Johan ·

Ja ongelukkig is “alles teen die eienaar”. Mens probeer die wetlik en beskaafde pad loop en alles boemerang.

Ek is pas deur ‘n storie waarin ek wetlik geen verpligting gehad het om my tuinjong, wat ek laat loop het, ‘n “severance” bedrag te betaal nie (< 24 ure p/m gewerk). Nietemin gee ek hom 'n bedrag gelykstaande aan meer as 'n maand se salaris as teken van goedhartigheid. Wat doen hy? Hy hardloop CCMA toe, vertel leuens dat hy elke Saterdag by my gewerk het (hy het net elke 2de Saterdag gewerk). Die CCMA maak dit vir my moeilik in die sin dat hulle nie in die bemiddelingsproses na my feite luister nie. Maw toe hulle sien feite is teen klaer, wil hulle die proses net vir so moeilik as moontlik maak. Nee, ek sal moet ingaan na 'n verhoor. Net om die onnodige GEMORS te vermy, skik toe op 'n ekstra bedrag (wat ek eintlik nooit eers hoef te betaal het nie).

Punt is. Hierdie howe, CCMA's ens sal die "krimineel" beskerm en die lewe vir jou as eienaar so moeilik as moontlik maak.

anton ·

Stem saam jou Johan.
Die CCMA is een groot klug!!! Klomp onbevoegde werkers daar en is beslis omkoopbaar. Het dit self al beleef.
As jy nie n prokureer het wat jou daar verteenwoordig nie, is jy gesnoeker. En wie almal kan een bekostig???
Niks in die land verloop meer soos 30 jaar gelede nie.
Alles val uitmekaar en niks gaan beter word nie!!!

Koos B ·

Dankie tog vir hierdie berig.Het so pas ‘n ander huis gekoop en klaar ‘n woonstel vir ons huiswerker ingerig (dit is te ver vir haar om tot by die nuwe plek te kom).Ek gaan nou maar die woonstel vir ander doeleindes gebruik en self plan maak met die huiswerk.Ongelukkig gaan sy nou sonder werk sit maar eerder dit as wat ek later met ‘n probleem mag sit wat dalk kan opduik.

Johan ·

Koos B, 100% die REGTE besluit geneem. Jammer vir jul vorige huiswerker, maar jy moet aan JOU heil dink. Jy sal wel (as julle steeds huiswerker soek) iemand kry.

Wonder ·

Duidelik hier word teen blankes gediskrimineer. Al wat nou oor is, is om slange aan te hou vir ‘n afskrik middel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.