Wes-Kaapse boer steeds agter tralies

hof-hamer

Argieffoto.

Frik Muller, die boer van Herbertsdale buite Mosselbaai in die Wes-Kaap wat onder meer van poging tot moord aangekla word nadat hy na bewering met ʼn trekker teen ʼn voormalige plaaswerker se huis vasgery het, het steeds nie ʼn antwoord oor sy aansoek om borgtog nie.

Sers. Kappi Kapp, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Muller het 15 Junie in die Mosselbaai-landdroshof voorgekom waar die saak tot 19 Junie uitgestel is.

“Hy het toe verskyn en weer om borgtog aansoek gedoen. Die landdros het nie uitspraak gelewer oor sy aansoek om borgtog nie en het die aansoek uitgestel tot 23 Julie in die Mosselbaai-streekhof. Die landdros het aangedui dat hy weer die getuienis van die ondersoekbeampte in die saak wil aanhoor,” het Kapp gesê.

Maroela Media het vroeër berig Muller se aansoeke om borgtog is al drie keer vantevore van die hand gewys. Dié aansoek wat nou uitgestel is, is sy vierde borgtogaansoek.

Muller staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, opsetlike saakbeskadiging en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Die slagoffer, Hylton Levendal, is glo al in Desember afgedank, maar het geweier om die plaas te verlaat. ʼn Onderonsie tussen Muller en Levendal het ontstaan wat daartoe gelei het dat Muller glo met ʼn trekker teen die muur van die werker se huis vasgery het.

Van die bakstene van die huis het op Levendal geval en hy is glo gering beseer.

Muller word steeds in ʼn gevangenis in George aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Leon Coetzee ·

Moordenaars , verkragters en stropers kry borgtog . Hierdie arme man is seker te bleekl

Esther Elizabeth Nigrini-Brink ·

Dis ‘n politieke ding hierdie….. Ons mense het ‘n probleem geword…. Nou sit ‘n boer al v maande in die tronk….. En die een wat al die probleme besorg het sit lekker op die boer se grond… En… Hy doen nog steeds niks op die plaas….. Dis wat hul mos dink as jy. Op. ‘n plaas bly….. Die plaas sorg v homself…skande dat ander mense borgtog kry en nie mnr Muller….. Hy het niemand vermoor nie. Sy mense wat v hom werk het self gesê mnr Frik het nog nooit sy hande v hul opgelig nie …. En die een loop in di dorp en makeer niks skande skande…..

Denise ·

Dit is belaglik as die man geloop het was daar nou nie probleme nie maar so word mense getart ai tog hartseer !!!

Chris ·

As mens nou so lank in die tronk sit en uiteindelik onskuldig bevind word, of jou straf is ligter as die tyd wat jy in die tronk deurgebring het, het jy nie ‘n saak teen die staat nie?

RH ·

It’s a matter of time and they will see whats coming their way!!! I have FAITH & HOPE!!! Hierdie regering wie almal onder die tafel betaal om hierdie korrupsie aan die gang te kan hou, se dae is getel! Alles wat hulle doen gaan met n hengse spoed hulle self tref! Dit gaan nie so aan gaan nie! Ons mense word vermoor en gemartel en dit oor hulle korrupsie koppe en donker harte! Wanneer daai wiel draai, sal ons sien wie se wat dan! Hou moed! Hou geloof mense! GOD is n vreesende GOD en GOD se woord bly staan!

Lana ·

RH, ek stem saam!
Dis op sy donkerste net voor die dagbreek.
Hou moed. Hier gaan nog groot dinge gebeur.

Tammy ·

Vat die saak verder. Hierdie uitspraak is nie die alfa en oomega nie. Dagvaar hom sommer vir huur aangesien hy onwettig daar bly. Laat sy besittings opskryf vir uitstaande of agterstallige geld wat verhaal moet word.

Nico ·

Tammy, die hardekwas kêrel is ‘n man van strooi. Nutteloos om hom te dagvaar en sy besittings, wat dit ook al mag wees, is nie die moeite werd om op beslag te lê nie. Hy is dus onaantasbaar. In Natal het ‘n boer ‘n sangoma gehuur en ‘n hele stat het in die nag holderstebolder met hoenders en al van die plaas gevlug.

Swannie ·

En so loop die man se regskostes ook net op en op.
Ek het lankal vertroue verloor in ons sogenaamde “regstelsel”….wonder of dit nie liewer “regstellende stelsel ” genoem moet word nie ?

tamboti ·

Nee dis glad nie regstellend nie,dit is nou onregstelsel. Reg en geregtigheid word vervang met ” aweregs en ongeregtigheid van die verlede” .
Wet en orde met “hindernisse en beste praktyk” en nugtere verstand met “politieke korrektheid en nodige sensiwiteit”!

Piet Lourens ·

Dit laat my dink aan Mnr Bensen van Mooinooi wat 9 maande in tonk gesit het en toe is die saak terug getrek. Skande.

ben ·

Piet, wat my woedend maak, enige prokureur wat sy sout werd is, behoort te weet. Borg is altyd dringend, en ek glo hier is meer as genoeg rede om dringende aansoek in die hooggeregshof te bring. skande!!!

kas ·

Die saak is nie teruggetrek nie,hy is onskuldig bevind.Daar is ‘n verskil.Hy kan nou nooit weer vir daardie misdrywe aangekla word nie

Piet ·

Nou sal mens weer die kommentare sien van die wat niks tese gehad het oor die vlaag plaasmoorde, wat die afgelepe week soos n donker sluier oor die land gehang het. Watter tipe landros moet weer getuienis aanhoor vir n borg aansoek? As die getuienis swak was moet borg toegestaan word. Hierdie ou sal ook onskuldig bevind word, net soos Mr Hepburn wat sonder rede aangehou was. Afriforum behoort hierdie landroste te dagvaar sodat hulle eise teen die staat uit hulle eie sak moet terug betaal.

Piet ·

Nou sal mens weer die kommentare sien van die wat niks tese gehad het oor die vlaag plaasmoorde, wat die afgelepe week soos n donker sluier oor die land gehang het. Watter tipe landros moet weer getuienis aanhoor vir n borg aansoek? As die getuienis swak was moet borg toegestaan word. Hierdie ou sal ook onskuldig bevind word, net soos Mr Benson wat sonder rede aangehou was. Afriforum behoort hierdie landroste te dagvaar sodat hulle eise teen die staat uit hulle eie sak moet terug betaal.

Teken dit op ·

Teken al die intimidasie teen boere op sodat dit in flieks, dokumentere, hofsake en boeke uiteengesit kan word. Geregtigheid sal geskied.

piper ·

waar is gerrie nel. te besig om die model bytestaam wat deur mugabe se vroe aangeval was

Ben ·

Dit is onregverdig om ‘n persoon wat nog nie skuldig bevind is nie so lank aan te hou. Ek dink die persone in beheer van die SA regstelsel behoort hier in te gryp en die regter te laat ondersoek. Hier is groot fout!! Maak die regter veranwoordelik vir hierdie man se regskostes. Mense moet onthou dat die WIEL draai, jy almagtige, is nou bo maar jy is op pad ondertoe. Die Lewenwiel draai.

Esther Elizabeth Nigrini-Brink ·

Ek stem volkome saam…. Hier is iets groot fout ….. Die boer het reg opgetree……. Maar hy sit nog steeds …. Elke keer word dit uitgestel hoekom gee rede skande

Blondie ·

Die regter maak misbruik van sy gesag deur sy eie agenda. Not guilty until proven guilty

TDW ·

Die afgedankte, weier om te trek, hy sit nou op die boer se plaas, die boer sit nou in die tronk. Ek dink dis die beste voorbeeld van ‘n onderstebo regstelsel.

Esther Elizabeth Nigrini-Brink ·

Stem met jou ook daarmee saam…… Hier is iets snaaks aan die gang……. En as hy wel borgtog gaan kry mag hy nie terug gaan Herbertsdale toe nie……….Is hulle nou bang hy sal daai man leed gaan aandoen,?…………

snoefie ·

die huis is muller se eiendom. die werker was wel bewus dat hy nie mag aanbly as hy nie langer daar werksaam was nie.

Naomi ·

Piper, ek stem saam met jou, waar is Gerrie Nel???
Daar gaan elke geval niks kom vd Grace Mugabe sage of die saak van Zuma se seun nie. Hoekom konsentreer Afriforum nie op die goed wat rerig aandag nodig het nie? Afriforum sit met die puikste advokaat, wat nou regsake doen, wat geen voordeel inhou vir die mees bedreigde spesie in SA, ons boere. Ek is lid van Afriforum maar ek wil nie lede geld betaal vir onbenulighede nie. Ons boere het nou die nodige regshulp nodig. Daai Herbertsdale boer sit in die tronk, betaal n prokureur wat skynbaar nie veel uitrig nie. Nou vra ek weer, waar is jou bystand aan die boer in nood, AFTIFORUM?????
Ek sal nie tweekeer dink om my lidmaatskap te beïndig nie.

Naomi ·

Genoeg gehad.
Debiet order aan Afriforum gestop. Finish en klaar.

DeonC ·

AfriForum is genader vir regshulp. Omrede daar reeds regslui betokke was het hulle goedgedink om nie betrokke te raak nie. Dis sekerlik hul prerogatief, maar duidelik nie in belang v boere en hul grondvlak ondersteuning nie.

Johann ·

Ek het lankal my bydrae en ondersteuning aan AfriForum gestaak. Gerrie is n grap wat nog niks bereik het nie. Groot geraas en niks verder nie. Niemand het die guts om die ANC beheerde regstelsel aan te vat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.