Wes-Kaapse brande: AfriForum stel plan met agt wenke bekend

Argieffoto van die onlangse brande in die Wes-Kaap

Argieffoto van die onlangse brande in die Wes-Kaap

Die burgerregtewaghond, AfriForum, het Vrydag sy plan met agt wenke, na aanleiding van die ernstige brande in die Wes-Kaap, bekendgestel.

Die plan volg nadat 19 veldbrande die afgelope tyd in dié provinsie gewoed het. Na bewering kan dié brande moontlik aan opsetlike brandstigting toegeskryf word, wat strafregtelik vervolgbaar is.

AfriForum se plan met wenke vir die Wes-Kaapse gemeenskap sluit die volgende in:

  • Sluit aan by ʼn plaaslike AfriForum-tak en stig ʼn buurtwag, wat moontlike strafregtelike optrede, soos brandstigting, kan monitor en vir vervolging aanmeld.
  • Die AfriForum-buurtwag sal die volgende ondersteuning van die AfriForum-hoofkantoor ontvang:
    • mediese versekeringsdienste vir die AfriForum-buurtwaglede;
    • ondersteuning met die opstel van ʼn noodplan vir jou dorp in die geval van ʼn brandkrisis;
    • die aankoop van toerusting om brande mee te bestry;
    • noodhulpopleiding; en
    • die vestiging van infrastruktuur om die gemeenskap in die geval van ʼn brandkrisis deur middel van tweerigtingsradio’s en herhalers te mobiliseer.
  • Strafregtelike aktiwiteite moet onmiddellik by die plaaslike polisiestasie vir verdere ondersoek en moontlike vervolging aangemeld word.
  • Lede van die gemeenskap moenie onbevestigde gerugte en boodskappe versprei wat onnodige paniek saai nie.
  • Raak betrokke by plaaslike veiligheidsinisiatiewe.
  • Ondersteun en help wetstoepassers met die uitvoering van hulle werksaamhede binne die raamwerk van wetgewing.
  • Vind uit wat die brandgevaar vir jou omgewing is vir die betrokke dag.
  • Verseker dat alle persele, ook skole, in die gebied die nodige brandbestrydingstoerusting het.

“Gemeenskappe moet by gemeenskapsinisiatiewe begin betrokke raak en eienaarskap van krisisse in hul dorp neem. Dit is waarskynlik nie die laaste krisis wat die betrokke gemeenskappe die hoof sal moet sien nie. Ons moet dus verseker ons gemeenskappe is toegerus en slaggereed om nou en in die toekoms dié soort krisisse te hanteer,” het Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder in die Wes-Kaap, gesê.

Lede van die gemeenskap wat ’n plaaslike veiligheidsnetwerk wil stig kan ’n epos na [email protected] stuur of die woord VEILIG na 45265 SMS (R1).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johanna Botha ·

Enige planne van enige iemand anders ….nee so die res tree net reaktief op soos met so baie ander goed en sit vol kretiek.

Katryn ·

Baie goeie plan! Betrap die gemors op heterdaad en sorg dat, wie ookal, vir hylle dade boet!

Joe Hall ·

Dankie Afriforum!
Soos gewoonlik kom julle met ‘n selfhelp en uitvoerbare oplossing vorendag.
Dat ‘n groot gedeelte van die brande in die Wes en Suid Kaap gestig is, ly geen twyfel nie. Ons het dit eerstehands waargeneem. Probleem is dat dit op moeilik bereikbare terrein plaasvind. Polisie wat deur ons gewaarsku is, kan nie betyds en ongesiens opdaag nie. Is inderdaad nie so maklik om die skuldiges vas te trek en om suksesvolle regspleging te verseker nie.
Jammer dat daar steeds sogenaamde kommentators/joernaliste is wat van beter behoort te weet, maar hartlik deelneem aan die verspreiding van fopnuus waartydens die werklike belewenisse van getuies as ‘n “kluitjies bakkery” beskryf word en wat uiteindelik tot voordeel van die misdadigers strek. Pateties is inderdaad ‘n oorvriendelike beskrywing!

B RENS ·

Langmoed
Hommeltuig tegnologie gaan plaasmoorde en brandstigting beperk
Net te duur moet goedkoper word of finansiele bystand nodig om
aan te skaf, Ons moet dit deeglik navors.

susan@ ·

Ek stem saam met BRens dit moet vir al die boere en oop spasies beskikbaar gestel word. Gebruik tegnologie vir al die doeleindes ñ oog wat kan waar neem en waarsku!

Joe Hall ·

B RENS
Stem allie pad saam!
Kan veral help om die skuldiges vas te trek in bergagtige gebiede soos hier in die Wes Kaap. Skitterende idee wat opgevolg moet/sal word.

E ·

Bietjie van die punt af, maar kan iemand dalk sê of daar enige verband tussen bogenoemde brande en die wat gistraand en vroeg oggend in informele nedersettings naby Kaap plaasgevind het? Simpel vraag of dalk nie?

E ·

Interessant die brande oor die naweek by die informele nedersettings. Is dit toeval?

Johannes Meintjes ·

Klink na ‘n baie goeie plan! Ons burgers moet op grondvlak eienaarskap en rentmeesterskap vir selfbestuur en burgerlike beskerming aanvaar – of uitsterf! Dankie AfriForum.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.