Wes-Kaapse brande: Stappe teen ‘aanhitser’ om wit plase af te brand

Lindsay Maasdorp. Foto: Facebook

Lindsay Maasdorp. Foto: Facebook

Solidariteit het ʼn klag teen Lindsay Maasdorp van die Black First Land First-groep by die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie gelê nadat hy onder meer te midde verwoestende brande in die Wes-Kaap gesê het: “If farmers felt blessed by God when it rained on their fields, then oppressed black people could feel blessed if white-owned farms burnt down.”

Hy het ook op Facebook gesê: “Black god needs servants in CT: wind + matches + white owned farms.” Hy het vroeër op sy Facebook-blad gevra: “When will we kill them?”

In sy klag vra Solidariteit dat dié uitsprake ondersoek en ʼn bevinding gemaak word; dat Maasdorp gedwing word om in die openbaar verskoning te vra; en dat die saak met ’n aanbeveling na die nasionale direkteur van openbare vervolging verwys moet word met die oog op moontlike strafregtelike vervolging.

“Ons is verstom dat daar nie reeds teen Maasdorp opgetree is nie. Die Wes-Kaap brand en die aanhitsers om brand te stig, sit veilig by die huis. Uitsprake soos dié skep ʼn klimaat waarin die afbrand van plase geregverdig word. Dit is nie bloot aanhitsing tot geweld nie; daar is ook ʼn haatspraakelement daaraan verbonde. Die oproep is om spesifiek wit mense se plase af te brand en ’n klimaat word geskep wat geweld teen wit mense regverdig. Maasdorp vra selfs die retoriese vraag: ‘Wanneer kan wit mense doodgemaak word?’” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Maasdorp se plasing op sosiale media.

Maasdorp se plasing op sosiale media.

Die feit dat Maasdorp se uitsprake nie op elke voorblad van ʼn koerant veroordeel word nie, kla volgens Hermann politici, meningsvormers en die media van selektiewe rassisme aan.

Suid-Afrika is heeltemal té geduldig met kru swart rassisme wat geweldsondertone het. Wit en swart moet dit verwerp. Dubbele rassestandaarde hoort nie in ʼn demokrasie wat rassisme verwerp nie.

“Ons klag is ook ʼn toets vir die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se verbintenis om alle vorme van rassisme te beveg. Indien rassisme boonop nog ʼn haatgeweldsondertoon het, behoort dit nie net verwerp te word nie, maar ook aan vervolging onderwerp te word,” het Hermann gesê.

Volgens Solidariteit se klag maak die Grondwet van Suid-Afrika wel voorsiening vir vryheid van spraak, maar daardie vryheid word beperk deur ʼn verbod om geweld aan te stig en ʼn verbod om haat op grond van ras te versprei. Hierdie verbod vind ook in verskeie ander wette neerslag.

Solidariteit voer in sy klag aan dat Maasdorp die waardes van die Grondwet ondermyn en dat Suid-Afrikaners oor alle grense heen moet opstaan om die waardes van die Suid-Afrikaanse Grondwet te beskerm.

In die lig van die Suid-Afrikaanse regsraamwerk argumenteer Solidariteit dat Maasdorp hom skuldig maak aan haatspraak; dat sy haatuitsprake gebaseer is op ras; en dat hy hom skuldig maak aan aanhitsing tot geweld met die doel om skade te veroorsaak.

“Ons wil egter nie net ʼn ligte tik oor die vingers sien nie, want ons glo Maasdorp moet strafregtelik vervolg word. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie beskik oor die mag om ʼn saak by die Nasionale Vervolgingsgesag aanhangig te maak en ons verwag van die kommissie om dit in hierdie geval te doen. Solidariteit sal ook ʼn waghondrol speel om te kyk hoe die Menseregtekommissie hierdie saak hanteer,” het Hermann afgesluit.

Maasdorp het vroeër in ‘n onderhoud met News24 ontken dat sy inskrywing geweld aanhits.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

103 Kommentare

Johann ·

Ek hoop deur dit te sê het hom verlos van die kettings, dalk voel hy nou beter.

Hannetjie Smit ·

Ons is van kleins geleer om die met vuur te speel nie. Mens moet maar oppas dat die wind nie draai nie en jy self brand nie.

Jan ·

Oops ek is gesensor… was nie fake en polities korrek genoeg gewees nie… kort n Trump in SA!!

Hendrina ·

Ek stem. Geen regdenkende persoon sal aanklank vind by sulke barbaarse uitlatings, handel en wandel nie. Baie, baie groot gevaar vir die samelewing. Moordadige neigings. Dit is skrikwekkend.

Johann ·

Tim sê vandag in sy rubriek dat Trump nie wit mense gaan help nie, maar dit is nie waaroor dit gaan nie, dit gaan oor regs vs linksliberales.

Pieter ·

Jan, Ek is meer kere gesensor as wat my kommentaar geplaas is. Seker ook nie liberaal, fake en polities korrek genoeg nie.

Jan ·

Rassisme is n one way street ongelukkig in SA… Ons gee ongelukkig net vir Maaskaas gratis publisiteit…

Dries ·

Wonder of hy weet dat volgens wet mag ek n brandstigter doodskiet…

Dries ·

Was jy al gaan die ontvang kant van n woedende brand wat mens , dier , plante en eiendom verteer?

vermeende ·

Melanie du preez wat sien jy as negatiewe kmmintaar?
Negatief omdat daar teen brantstigters opgetree kan word of negatief omdat boere eiendom en lewens kan beskerm?

Jy glo seker ook, as jy n probleem ontken dan bestaan daar nie n probleem nie.

Sam ·

kan iemand die man uitlewer aan AL die brandweermanne en vroue wat gaan help vuur blus het asb?

Hannelie ·

Lekker Jan…soms mag ons mos nie ‘reguit’ wees nie. Hy hoort nie in tronk….dis te weelderig. Hy hoort tussen die plekke wat brand

Jan ·

Hannelie, die kommentaar waarop jy reageer is geag om nie hier waardig te wees nie, om welke rede sal ek nie weet nie, dis hoekom dit verwyder is.

andrea van vuren ·

Die Suidpool is nog te naby. Die buitenste ruim dalk beter. In die tronk gaan hy kos en slaapplek kry en oor ‘n week op borgtog vrygelaat word en dan gaan hy weer brande aanhits. Die winter is om die draai!

Cornelia ·

Ek het ‘n twitter en facebook rekening. Ek bly in NZ en ek voel dis my plig om hierdie arikel op my twitter en FB te deel. Die wat nie twitter het nie, maak een oop en deel hierdie berigte.

Hennie ·

Maar toe Sparrow bloot na hulle as “monkeys” verwys is dit asof die wêreld vergaan en sy is met helse boete en gemeenskapdiens gestraf. Dis skokkend hoe ons wittes openlik onderdruk word.

Ronel ·

Ne!!
Snaaks hoe haar en daai ander poppie se uitlatings hoofnuus gemaak het. Die ene haal skaars die nuus. Maar nee. Dubbele standaarde beataan mos nie. Nee glad nie. Uh huh!!

Mariana ·

Laat hy ook soos sy, homself verneder in die hof met sy verskoning

vermeende ·

Hennie die media het jou laat glo dat Penny hulle met ape vergelyk het maar sy het dit nooit gedoen nie, sy het hulle gedrag met van ape s’n vergelyk.
Daar is n verskil en nie eers Maroela het die moeite gedoen om dit uit te wys en te bespreek nie.

JJ ·

Net ‘n verskoning.? Verstaan die ou dan nie dat sy eie mense daaronder gaan ly nie?

Kingstone ·

Sy koppie is maar klein.Hy dink seker ‘n brood kom van ‘n bakkery.

Carel ·

Het iemand ‘n skermskoot van sy uitlatings oor witmense uitmoor? Ek is besig om met ‘n groep uit die VSA ‘n klagstaat op te trek wat hulle aan plaaslike senators sal oorhandig.

Stan Basson ·

Hi. Ek jet n skermskoot asook sy website. Kan dit ongelukkig om een of ander rede nie hier oplaai nie. Indien jy nog nie geholpe geraak het nie , stuur jou epos adres vir my dan stuur ek dit aan. Groete !

AL ·

Dankie ons waardeer dit opreg Carel. Ons het mense nodig soos jy en Cornelia om vir die wereld te wys wat werklik aangaan hier.

Conrad ·

Carel! DANKIE! Laat dit asb by Trump uitkom- maak voorbrand vir Steve.

Harry van As ·

Hi Carel, dankie vir wonderlike Werk aangaande “wit uitwissing”. Elke keer as ek lees of hoor van NOG ń plaasmoord en die lyding van onskuldige mense, dan voel dit of my hart oopskeur!! Wat kan ons “wettiglik” doen om te help?

Elsie ·

Cornelia dit sal baie waardeer word sodat die buiteland ook kan sien waarmee ons te doen het. Ons is in die minderheid en staan nie ń kans nie.

Ek wonder ·

Hy eet seker nie ‘n WIT BOER se kos of drink wyn van ‘n WIT BOER.
Eet seker klippe.

andrea van vuren ·

Hy lyk nie soos ‘n Suid-Afrikaner nie. Is dit rassisties?

Debby ·

Want mense ken nie geskiedenis (en ek beteken voor eenige iemand hulle stuk land geclaim het)en ekonomie nie.

Frans C ·

Ek verstaan nie wat jy hier probeer sê nie.Suid Afrika is 1,221,040 vierkante kilometer of te wel 471,443 vierkante myl groot. In 1904 was daar 3.4 miljoen swart mense in Suid Afrika waarvan 1,4 miljoen in die destydse Kaap kolonie,904000 in Natal,937000 in die destydse Transvaal,,en 225000 in die destydse Oranje Rivier kolonie gebly het.

Indien daar dus slegs swart mense in Suid Afrika was sou dit ‘n bevolkingsdigtheid van 0.36
minder as een mens per vierkante kilometer gewees het. Verduidelik nou vir my op grond waarvan swart mense reken die hele Suid Afrika het aan hulle behoort?

Is dit maar nie omdat die swart bevolking die afgelope 100 jaar danksy grootskaalse voedselproduksie deur Blanke boere (wat nou op strepe uitgemoor word) met ‘n verstommende 920% toegeneem het ,wat swart mense sulke wilde aansprake laat maak.
Dit staan in skrille kontras met die Noord Amerikanse ‘Red Indians’ waarvan die bevolking in 1500 beraam is op 12 Miljoen en gedaal het tot 237000 in 1900.

En Tog is Blanke en dan veral Afrikaners uitgekryt as die grootste onderdrukkers van mense!

Pietser ·

Frans C – Ek weet nie hoekom jy in 1904 begin nie maar die swartes sal vir jou se hulle was voor die wittes in SA (wat korrek is). Hoeveel wittes was in SA voor Jan van Riebeeck? Ewenwel, in 1904 was die swartes meer as drie keer meer as die wittes en ‘n meerderheid in al die “provinsies” van daai tyd. So, toe misken die wittes die swartes en besluit dat hulle as minderheid die land sal regeer. Hulle besluit toe ook heel gerieflik om die swartes uit te sluit uit enige regering en om die meerderheid verder te muilband met diskriminerende wetgewing om hulle van alle waardigheid te stroop. Jy is seker baie trots op wat die wittes reggekry het met apartheid, ne?

Annie ·

Ek kry jou jammer God bless die wat in die 3 eenige God glo.En wat glo Dat die Seun van God vir ons sondes gesterf het.VADER SEUN EN HEILIGE GEES ¡¡¡¡¡¡¡¡¡¡¡

Dup du Plessis ·

Pietser, vir hierdie oefening kan jy sommer net jou verbeelding gebruik nl: stel jou ‘n SA voor met geen sement geboude strukture nie, geen mensgemaakte paaie nie, GEEN OPGAARDAMME en waterkrane nie, geen BOORGATE vir water onttrekking nie, GEEN gemotoriseerde vervoer nie, GEEN kommersieele voedselproduksie nie……en nou vir die belangrikste: stel jou ‘n paar jaar DROOGTE voor soos ons nou onlangs bevind het. Kan jy dan dalk vestaan dat die GROOTSTE gedeeltes van SA nie menslike lewe kon onderhou a.g.v. die feit dat daar doodeenvoudig net nie water daarvoor was nie. Eers met die koms van Europese kennis oor ondergrondse water onttrekking en bou van damme en kommersieele voedselproduksie het die bewoning van die grootste gedeeltes moontlik geword…..LAAT MENS NOGAL DINK.

ertjie ·

Die feit dat daar oor die Menseregtekommisie waghond gehou moet word vir hulle om onpartydig hulle werk te doen is belaglik. Die MRK as n ligaam is n klug en net nog n ANC instrument. Hulle moet of hulle naam verander na die Swartregtekommisie toe of heeltemal ontbind word

WB ·

Mense soos hulle moet na n lekker goeie demokratiese land toe gestuur word soos noord korea waar hulle jou voer vir honde of na sjiena waar hulle jou liggaam oes vir spare parts!hulle sal dit seker baie geniet daar.

Johann ·

En dan sê Madonsela nog, ‘n dag of so gelede in ‘n toespraak, Suid Afrika is nie besig om ten gronde te gaan nie, nee, sy is net besig om haarself te herdefinieer.

What a joke ·

Dis mos die nuwe mode onder die soort die sogenaamde free borns wat lui is om te werk en wil n vinnige politieke loopbaan kaap met gevaarlikke propaganda die massas op te stook om die blankes die swart skaap te maak en te blameer vir alles en homself n n lekker cozy joppie weg te slaan soos malema in parlement…

tina ·

Stuur hom en sy simpatiseerders terug na hul land van oorsprong of sommer Siberia toe…hy verdien nie om in gemak te leef en eet nie.

Cynthia ·

Waar was,die freedom.of speech toe n wit vrou die woord’monkeys’ gebruik het. Sy was gestraf en.mense dis nie eers n drupoel van hoe erg hierdie persoon se kommenTARE is nie. ‘When.can we kill them’ .sy straf moet net so hard wees soos sy kommentaar,Meer rasisties as dit gaan.jy nie kry nie!!!!

Carolus ·

Wat sal met n blanke gebeur om te durf vra wanneer swartes doodgemaak kan word, die hele regstelsel sal na hom gegooi word.

Piet Pompies ·

Die persoon word ook verbind met die “fees must fall” beweging, so hierdie optrede is nie vreemd.
Maak hom verantwoordelik vir geweld aanhitsing en stuur hom tronk toe.

Willie ·

Die mannetjies is eersten heeltemal te lig in die broek. Soek sensasie. En tweedens is hy en sy leier en hulle beweging deel van die Zupta bewegings en kyk meer na hulle eie sakke as na ander mense. Voorspoed vir die mense wat hulle glo en volg.

nieBAFUnie ·

Dis reg BAFU , byt die hand wat jou voed. Dit kan gebeur dat die sogenaamde opkomende boer se plaas ook afbrand.

jaco ·

aan sy foto en sy naam lyk dit asof hy n kleurling is. Net met regstellende aksie word daar reeds vir kleurlinge gesê “sorry not black enough”. So as die grond nou uiteindelik suksesvol afgevat en herverdeel word, gaan sy “ras” nie dalk teen hom tel nie? Dan was al sy moeite verniet.

Drakensberger ·

Net baie bly die groot kanonne het ook nou begin stem dik maak. Dis hoogtyd! Ons gewone outjies se stemmetjies word nie gehoor. Miskien kry Solidariteit meer reg.

Johann ·

Kom ons sing liewer DIE STEM …. UIT DIE BLOU VAN ONSE …….

Alida ·

Die MRK gaan niks doen nie. Sluit hom toe vir 30 jaar tot hy groot is.

Regterbal ·

Waarom lewer julle komentaar hier. Hoop julle die regering lees dit hier? Baie gemaklik sit julle agteroor en braak gal teenoor mede afrikaners asof daar dan iets gaan gebeur. Ons sit al vir 22 jaar en kerm teenoor mekaar.

Jan ·

Kom ons ky hoeveel kommentare gaan aan die einde van die dag nog staan.

Henry ·

Wonder ek of die fopnuus arties(te) ook gaan vertel dat hierdie vent bloot “kluitjies bak.”

AL ·

Dankie Solidariteit – ons moet die boodskap internasionaal deur stuur anders gaan ons klagtes net gesmoor en n vroee dood sterf en niks aangedoen word nie.

Dup du Plessis ·

……kan iemand nie asb elke liewe plaas in RSA laat lys nie en aantoon hoeveel keer ‘n spesifieke plaas al gekoop en verkoop is sodat ons nou eenmaal kan SIEN watter dan nou gesteel is…..dieselfde plase is al verskeie kere gekoop……(ironies verdien die staat inkomste met elke transaksie)……

vermeende ·

Pietser jy lyk na die slimste liberalis wat hier kommintaar lewer, miskien kan jy die volgende verduidelik.

Boesman tekeninge kry jy oor die hele land as historiese bywys dat hulle die eerste inwoners van SA was maar tog in die moderend tyd kan hulle net in die West droe dele gevind word.
Nou hoe het jou swart stame grondbesit van die Boesmans gekry.
1) Is dit geroof met moorde wat die Boesmans tot in die woestyn in gedwing het of 2) het jou swart stame die grond gekoop?
Jy sien in stelling 1 moet die swart bevolking hulle eienaarskap eis dan afstaan en die gesteelde grond terug gee vir die Boesmans en in stelling twee was hulle dan die wettige eienaars maar het die grond aan die boere verkoop soos met Retief.
Die swart bevolking het vandag geen aanspraak op geen grond nie.

Help ons met jou kennis Pietser.

Ubdul Rashbangie ·

Deport him back to where he came from . The desert.

Johan ·

In n tronksel sonder n druppel water en n krummeltjie kos . Miskien sal sy oë oopgaan en besef waar als vandaan kom.

Johanna Botha ·

Soos ek dit het was die Khoisan eerste hier en het die swart mense vanaf Afrika afgekom na die suide en toe hulle hier gekry …beteken dit hulle het die grond by hulle gekoop of het hulle dit net gevat maw gesteel ?

Jan ·

Ek het hulle getoets en by die plasing gesê, kom ons sing DIE STEM, maar nou sien ek dat MAROELA het dit afgehaal.

WAT Sê DIT GEVEINSDE.

Retha Roux ·

Jan, jou plasing van Sing die Stem is nog hier op die blad. Ek sal saam sing

Henry ·

Wie eerste hier aangeland het, is werklik nie van enige belang nie.

In 1994 was daar 34 miljoen anderskleuriges teenoor 4 miljoen wittes.

Enige siel kan moontlik op sy/haar kop staan terwyl hy/sy Sarie Marais en God save the Queen gelyktydig deur sy/haar se tande fluit, maar so ‘n skrale minderheid gaan nie in enige siel se dag des lewens daarin slaag om so ‘n groot meerderheid vir ‘n onbepaalde tyd te regeer/oorheers nie. Is maar hoe dit is.

Dat die leiers van die minderheid(ons), jammerlik gefaal het om ons toekoms te beveilig is ‘n feit.

Dit is iets waaraan geen liberalis, nasionalis, kommunis, sosialis, kapitalis, joernalis of watse lis jy ookal aan kan dink, doen of verander nie. Die gaping is in 2017 nog veel groter!

Daarom is die geween en gekners van tande oor wie eerste hier was, van geen belang of nut vir mens of dier nie.

Lize ·

PK – Polities korrek staan mos eintlik vir Polities korrup.

gert ·

Die media is die grootste rassiste. Kyk ook maar na die joernalis op tv met die agter-op -die-bakkie -geval.

Jet ·

En die DA (kamstige opposisie) is weer tjoepstil. Te hard opsoek na ‘n bleekgesig wat hul iewers kan gebruik as weerligafleier.

dom ·

gaan iets nou met hom gebeur ???? gaan hy sy werk verloor ?? gaan hy die selfde oorkom wat wit mense oorkom as hulle net 1 woord se !!! hy wil moord pleeg en wat gaan nou gebeur …

Jan ·

Kyk net hoe staan die mense, ONS mense, kyk na die houding van die lyf, die trots en intensie waarmee hulle hul taak uit voer.

Jan ·

Johan, niks, maar as ek dit nie hier opgehaal het nie sou niemand daarvan weet nie, want MM sou nie daaroor berig het nie.

Net so het Tim beduie dat Trump niks vir wit mense sal beteken nie, maar dan verstaan hy nie dat dit nie oor wit mense gaan nie, maar oor regs vs links liberaal.

Ek het dit hier vroeer gese, maar toe toe word ek in die hondekassie geplaas.

Maryke ·

Wat my ontstel is dat media 24 gereeld berig oor rassistiese aanmerkings wat blankes maak op sosiale media. Maar opmerkings soos die word toegesmeer.

JR ·

Mens moet versigtig wees oor wat jy oor ander mense uitspreek. Jou woorde keer nie leeg terug nie. So ou maat aanhitser, daar wag paar verassings op jou.
Wonder of die knaap wil gaan boer. Seker charcoal maak en langs pad verkoop. Hy wil mos alles brand.

vuur ·

Jip netwerk 24 is deel van die establishment. Net soos CNN Sky News en die BBC is. Gaan net oor sensasie. Maar terug by die berig… Dit sal goed wees as hy aangekla word. Kan nie wag nie. Hy gaan egter op n stadium nog dood gaan van die honger omdat die boere nie genoeg sal kan voorsien nie. Hy weet ook nie dat die brande ons wit mense net nog nader aan mekaar gebring het nie .

Zirk ·

Soos ek uit briewe en mense se geselskap aflei, word daar verwys na swartmense wat in die Kaap was toe onse Jan daar voet aan wal gesit het. Maar wel die Khoi, m.a.w. die sogenaamde strandlopers. Bewys bestaan dat hulle, asook die San, wat meer binneland se kant toe, geswerf het, al 72000 jaar in Suid Afrika teenwoordig was. Swart en Wit het eers baie jare later mekaar by die Groot Visrivier raakgeloop. Maar dit net terloops.
Kom ons praat diefstal in Rand en Sent. Maak gerus hierdie som;
Kom ons los eers alles, soos vee, wat voor 1890 ( met die uitvind van draad) by boere gesteel is. Daarna word daar minstens een draadtang op elke plaas in SA gesteel. Daar was +- 60000 plase in SA@ gemiddeld R80/ tang. Skryf totaal neer.
Nou bereken ons die totale van;
1. Skaap gesteel vanaf aankondiging van voorgenome demokrasie op 2 Feb.1990.
+- 15000×R1100/ skaap of lam× 26jaar.
2. Bokke, dieselfde som.
3. Bees. +- 8000× R4500/bees× 26jaar.
4. Voertuie. Motors, bakkies en SNV’s,
18000/jaar× gem. R200,000×26jaar.
5. TV’s. 12000/jaar× R1500× 26jaar.
Lesers kan nou hul verbeelding gebruik en bytel wat by hulle al “weggeraak” het. Tel nou die totale op, en jy kom by ‘n verbysterende bedrag uit.
M.a.w. die land (d.i. landbougrond in Rc) is al 4.5 keer by ons teruggesteel. Is die boere nie dalk nou geregtig op billike kompensasie nie.? Ek vra maar net.

GES ·

Baie dankie AfriForum / Solidariteit vir die optrede. Hierdie aanhitsers skep ʼn baie gevaarlike situasie en moet op hulle plek gesit word.

Soekie ·

Ag, hy gaan maar net soos die ander wat haatspraak tenoor wittes uitspreek, niks oorkom nie!!! SKANDE!!!! In SA is dit mos net wittes wat rassisties is.

Marinda ·

Dit het my ook opgeval dat MM baie graag die kommentare plaas van berigte wat handel oor ‘n arme swarmens wat benadeel is. En as wit mense sal ons dit veroordeel, want ons hou nie daarvan dat ENIGE iemand benadeel word nie. Maar dit is ook opvallend hoe dikwels wit mense mense kla dat hulle kommentare nie geplaas word as die skoen aan die aan die ander voet sit nie , en hul skywe dalk te na aan die waarheid kom nie. Laat mens wonder aan wie se kant julle is.

Gert ·

Hy moet sy Ma aan die brand gaan steek!!!!! Hy sal seker weer niks oorkom nie……

Liz Kruger ·

Laat hy geblinddoek gaan werk in n brand afdeling van n hospitaal. Dan is daar nie kleur nie net pyn. Dan sal n mens hom kan vra of hy nog sy standpunt staan. Daar is niks so gevaarlik soos mense wat dink hulle is slim nie en dit glad nie is nie

Anoniem ·

Dit wil vir my voorkom asof hierdie man die mentaliteit van die Engelse het. Die Engelse het mos ook jare terug die Boere se plase afgebrand.

Besef jy wat jy se? ·

Weet julle wat is die ergste? As ek na hom kyk lyk hy nou nie eintlik vir my soos iemand wat oud genoeg kon wees om ‘verdruk’ te wees deur die vorige regering nie. Tweedens, as hy dan so verdruk was soos hy voel, hoekom haal hy dit op boere uit wat NIKS daarmee te doen gehad het nie? Het hy enige bewyse dit is enige van daardie wit boere wie se plase afgebrand het wat swartes ‘onderdruk’ het? Besef hy hoeveel werksgeleenthede vir swartes nou daarmee heen is asook kos? Besef hy hoeveel diere het in hierdie brande omgekom en hoeveel eiendom is vernietig wat DIREK ‘n impak ook op werkers gaan hê ? My laaste vraag is WEET hy hoe lyk ‘n plakkerkamp of township waar die huise opmekaar is wat aan die brand geslaan het? Weet hy dat vlamme nie net op een plek bly nie, maar letterlik SPRING soos hulle dit noem. Dink hy regtig GOD stem saam met hom? EN dink hy regtig net boere se huise en nie plakkerhutte en huisies in townships is ook VLAMBAAR nie? WAT dan? Internasionale krisis? Voedselhulp? Please we need your help, we are one our knees? Ouch.

BOLANDER ·

Ongelukkig kan hy nie besef nie want hy het nie die nodige verstand nie!!!!

Mel ·

MM, sal julle ons asb op hoogte hou van hierdie saak? Ek hoop nie hy kom weg hiermee nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.