Wes-Kaapse burgers ‘verdien’ polisieminister se samewerking

Alan Winde, Wes-Kaapse premier.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê hy het nog stappe gedoen in die voortslepende interregeringsdispuut oor polisiëring in die provinsie. Dit kom nadat die minister van polisie, Bheki Cele, versuim het om op sy kennisgewing te reageer.

“Ek het in Oktober en weer in Desember aan minister Cele geskryf en die dringende polisiëringsbehoeftes van die provinsie uiteengesit. Uiteindelik, nadat ek geen reaksie op dié briewe gekry het nie, het ek in April ʼn interregeringsdispuut verklaar. Minister Cele het weereens versuim om te reageer,” het Winde gesê.

‘Sy uitgerekte stilte laat ons nou toe om eensydig ʼn datum vir ʼn mediasievergadering te bepaal.”

Winde het gesê die vergadering, wat vir 4 Julie beplan word, gaan die presiese aard van die dispuut vasstel, maniere identifiseer – buiten ʼn hofgeding – om die dispuut te besleg en dan ooreenkom op ʼn manier om die plan te implementeer.

“Ons gee aan minister Cele die geleentheid om ʼn duur en uitgerekte hofproses te vermy, maar sy tyd is besig om uit te loop en ek wil ʼn beroep op hom doen om die aanbod te aanvaar voor dit te laat is,” het Winde gesê.

“Ons inwoners verdien sy samewerking, maar al wat ons tot dusver gekry het, is ʼn hardnekkige stilte. Ek is bereid om te doen wat nodig is om te verseker dié provinsie het die hulpbronne wat nodig is om dit veiliger vir burgers te maak.”

Winde het gesê die afgelope naweek was daar verskeie voorvalle van bendegeweld. Na bewering is 14 sterftes binne 24 uur in dié verband aangemeld.

“As ʼn provinsie rek ons ons oorsigrol sover ons moontlik kan, maar sonder doeltreffende afdwinging deur polisielede, misdaadintelligensie en behoorlike bestuur, gaan misdaad voortduur in ons stedelike en landelike gebiede,” het hy gesê.

“Ek pleit by minister Cele om die eed wat hy pas afgelê het te eerbiedig deur te verseker dat hy reageer op die polisiëringsbehoeftes van alle Suid-Afrikaners, ook dié in die Wes-Kaap.”

Winde het Cele gevra om sy “dagboek skoon te maak” vir die ontmoeting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Andreas ·

En effek verdien die hele land die polisieminister se samewerking, daardie mense op die plase ook, en dit sal nogal help as Cyril ook sy gewig agter die aksies en planne kan ingooi.

Andreas ·

Terloops, Cyril is mos die president van die hele land, is hy nie?

Michelle ·

Suid-Afrika verdien polisie minister se samewerking of ons het dringend ‘n ander minister nodig. Een wat nie net wil sit en praat nie, wat nie vir die buiteland vertel hier is nie misdaad nie, maar een wat betrokke raak met sy span en misdaad uitroei.

Andreas ·

Dit sal help as hy nou en dan sy hoed afhaal en die moue oprol.

Grysburger ·

Die man met die cowboyhoed en sy hoofmandaryne in die SAPD het nie tyd vir pro-aktiewe polisiëring nie. Hulle is gans te besig om planne te smee om wetsgehoorsame burgers se vuurwapens af te vat en sekuriteitsondernemings asook wildbeskermingsdienste ook sonder wapens te laat.

Grysburger ·

Die minister met die cowboyhoed en sy hoofamptenare in die SAPD het nie tyd vir pro-aktiewe polisiëring nie. Hulle is gans te besig om planne te smee om wetsgehoorsame burgers, sekuriteitsondernemings en wildbeskermingsdienste se vuurwapens af te vat.

Trojaanse Donkie ·

Kan hy nie maar net daai hoed afhaal in eerbetoning vir al die vermoordes nie? Respek word verdien!

Dries du Toit ·

Trojaanse Donkie. Ek het nou so lekker gelag. Trojaanse donkie ……….. baie skerp

Hans, ·

Hy gee nie om nie…. Ons gaan sy regskoste betaal…. Zupta… Selfde ou storie

piet piet ·

Ek hoop ou fw en meyer verstaan nou hoekom jy nie net n land weggee nie maar seker maak jy lei bevoegde mense eers op in poste oor te vat sodat die land vorentoe kon beweeg julle arogantheid is alles rippel effekte van n idiotiese ondeurdinkte plan van n paar ou mans wat hulself in die geskiedenis boeke wou laat verewig,en soos dit maar is flip almal en alles solank ons uitgesorteer is.

George in Bloem ·

Hy’s maar net een van die vele onbevoegde narre in die ANC sirkus. Enige iemand wat dink hierdie spul gee ‘n snars om vir die minderhede,en meer spesifiek die blanke,in hierdie misdaad nes,moet hy sy kop laat lees. Hulle het nie ‘n saak nie. As hulle enigsins omgegee het was daar al lankal stappe geneem maar dinge gaan eerder daagliks al hoe meer agteruit.

Dries du Toit ·

Piet Piet. Deklerk en Meyer het minderwaardig gevoel teenoor hierdie ANC kaders. Hulle het net gekapituleer. Daarom het Roelf , Pik, en van Schalkwyk sommer dadelik by die ANC aangesluit. Ek dink amper De Klerk en Wessels is ook lede

humor ·

Sy hele houding spreek mos boekdele rakende die doel van die regering met minderheidsgroepe. Wie dit nie kan lees nie is horende doof en siende blind.

Gert van Wierdapark ·

Miskien moet mnr Winde dit aan iemand stuur wat wil lees en insien dat dit dringend is, of kan lees en insien dat dit dringend is! Lyk my BC lees tussen die lyne sonder om sy cowboy-hoed af te haal?

Dirk ·

Populere bevelvoerders wat operasionele vergaderings gebruik om te filosofeer kan nie gesag afdwing vir effektiewe polisiering nie, droom gerus maar voort!

Nellie wessels ·

Tyd dat ons slaan waar dit seermaak weerhou ons belasting!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.