Wes-Kaapse DA-leier herkies

Bonginkosi Madikizela, leier van die DA in die Wes-Kaap (Foto; Courtney Africa/African News Agency/ANA)

Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse DA-leier, en Albert Fritz, provinsiale onderleier, is vir nog ʼn termyn van drie jaar in hul poste herkies op die party se provinsiale kongres wat hierdie naweek gehou is.

Madikizela is die provinsiale minister van vervoer en Fritz is die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid.

Voor die kongres was daar ongekende drama toe een van Madikizela se teenstanders in die leierskapwedloop, Masizole Mnqasela, beweer het Madikizela beplan ʼn sluipmoordaanval teen hom.

Nadat die DA die bewerings ondersoek het, is bevind dat dit nonsens was, en in die leierstryd het Madikizela koning gekraai teen Mnqasela en nog twee kandidate, Wendy Philander en Pieter van Dalen.

Na byna 20 jaar in die amp het Anton Bredell uitgetree as provinsiale DA-voorsitter. Die parlementslid Jaco Londt is nou die Wes-Kaapse DA-voorsitter.

Londt se hegte politieke bondgenoot, die DA-LP Erik Marais, is verkies tot provinsiale hoof van die DA se finansies.

Die drie Wes-Kaapse provinsiale ondervoorsitters is die parlementslid Geordin Hill-Lewis en twee stadsraadslede van Kaapstad, JP Smith en Grant Twigg.

Die kongresgangers het die provinsiale wetgewerlid Lorraine Botha en die Kaapstadse stadsraadslede Peter Helfrich, Carl Pophaim en Zimkitha Sulelo tot die vier bykomende lede van die provinsiale DA-leierskap verkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

Hoekom is die swart leier van die DA in die Wes-Kaap nie die premier van die DA-beheerde Wes-Kaap nie? Hoekom is ‘n wit DA lid dan premier? Vreemde optrede komende van ‘n party wat gestem het VIR regstellende aksie en BEE.

Andre ·

Die DA met hulle 3 ondersteuners.Maak dit saak wie kies wie en waar ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.