Wes-Kaapse DA verwerp raskaart

Alan Winde (Foto: ANA)

Die Wes-Kaapse DA het die raskaart wat die party se provinsiale leier probeer speel het verwerp en Alan Winde aangewys as Wes-Kaapse DA-premierskandidaat vir aanstaande jaar se verkiesing.

“Dit was moeilik, en daar is baie bloed op die tapyt, maar ons het die ras-aanslag afgeweer en die regte besluit geneem. Nie-rassigheid en meriete het gewen,” het een prominente DA-leier ná die aankondiging van Winde se naam verduidelik.

Hy het verwys na die Wes-Kaapse provinsiale leier van die DA, Bonginkosi Madikizela, se pogings om die twee topkandidate vir die premierskandidaat-posisie, Winde en David Maynier, op grond van ras uit te knikker met sy beswaar dat hulle nie die kandidaat kan wees nie omdat hulle wit mans is.

As Madikizela se plan geslaag het, sou hyself die premierskandidaat gewees het, al het hy swakker as Winde en Maynier in die nominasieproses gevaar. Sy plan is egter gefnuik en het dus misluk.

Winde is ’n sakeman van Knysna wat sedert 1999 (toe hy namens die DP verkies is) in die provinsiale wetgewer dien. Hy het in 2009, met die DA se bewindsoorname, LUR vir ekonomiese geleenthede geword, wat hom aan die voorpunt van die suksesvolle provinsiale werkskeppingsprogram geplaas het.

Sedert 2014 behartig hy bykomend ook die landbou-portefeulje in die provinsiale regering, wat aan hom ’n stewige staanplek onder plattelandse Wes-Kaapse kiesers gee.

Met die aankondiging van Winde as premierskandidaat en Dan Plato as burgemeesterskandidaat het die DA twee van die gewildste en mees stabiele Wes-Kaapse politici in die provinsie se twee belangrikste uitvoerende poste geplaas, en verseker dat Afrikaans as taal sy plek in die provinsie sal volstaan: Winde se Afrikaans is puik en Plato is ’n moedertaalspreker van Afrikaans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

pieter ·

WYSE BESLUIT, JULLE HET MET JULLE RASSEKAART AL BAIE STEMME VERLOOR.

Karl ·

Mmusi het dit duidelik gewys hoe rassisties die DA is, ek’s bly Winde kon die een wen, maar nou moet jy weet jy gaan slegs wind en opdraande kry van jou eie party af. Sterkte.

Paul ·

Gaan lees maar gerus oor Bonginkosi Madikizela op. Hy is van die Oos Kaap, het aanvanklik aan die ANC party behoort, later UDM, het met die tyd in Khayalitsha gaan nes skrop en in 2008 by die DA aangesluit. Zille het hom kort daarna as LUR vir behuising aangestel.

Hy gaan vorentoe nog vir baie tweespalt in die DA sorg as hulle nie vroegtydig met hom plan maak nie.

Wessel ·

Soos ander ook hier vra, gaan Bonginkosi Madikizela nou aanbly as die Wes Kaapse DA leier?

DeVill ·

So, gaan Bonginkosi Madikizela van sy DA lidmaatskap onthef word agv van sy rassisties uitlatings dat witmense nie mag premiers kanidate wees nie?

DA julle “score own goals”.

Irma ·

Die beste persoon vir die pos of posisie is die enigste manier hoe SA uit die gemors gaan kom waardat die rasse oorweging ons land in gedompel het. Sterkte Allan Winde ek glo dat dit met jou sal goedgaan.

Mrs H ·

Well done!!! Meriete en nie ras nie. Hoop die res van SA volg die voorbeeld van meriete najaag, maak nie saak watse ras jy is, solank jy n SA geboorte sertifikaat en die nodigge kennis na die partytjie kan bring. Dit sal wonders aan die ekonomie doen en nuwe lewe in demokrasie blaas. Alle mense van alle rasse in SA, het die afgelope 25 jaar alle geleenthede gehad om hulself met trots en harde ambisieuse werk, te bevorder na droom kwalifikasies. BEE en AA, kan maar geskrap word. Persoonlik, bly ek staan saam VF+.

J van Rustenburg ·

Hoe kan blankes vir ‘n party stem waar gese word blankes kan nie die top poste beklee nie Daar moet regtig ‘n plan gemaak word met Madikizela

Analeen ·

DA verloor my stem as Madikizela nie uit DA verwyder word nie.
Ek stem DA want ek glo dit is n nie rasistiese party.

Cherokee ·

In ‘n opvolgvraag Analeen, vertel asseblief waarom jy dink regstellende aksie is nie rassisties nie.

Johan ·

So sê die party wat BBEEE voorstanders is. Dis ook sommer weer wol oor die oë van die kieser. Strategies beplan. Ek vertrou GÉÉN politikus nie, hulle almal lieg sover soos hulle gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.