Wes-Kaapse damvlakke steeds laag

Voëlvlei-dam (Foto: Stad Kaapstad)

Voëlvlei-dam (Foto: Stad Kaapstad)

Ondanks onlangse lentereën, het damvlakke in die Wes-Kaap slegs gering gestyg, het die departement van omgewingsake Donderdag gesê.

Anton Bredell, LUR vir omgewingsake, het gesê hy is besorg, aangesien damme Maandag slegs 61,4% vol was, in vergelyking met 90,9% dieselfde tyd verlede jaar.

“Ons het nog nie genoeg reën gehad om gemaklik te wees nie. Al die groot damme in die provinsie, met die uitsondering van die Clanwilliam-dam, is nog steeds baie ver van ideale vlakke,” het Bredell gesê. “Die Voëlvlei-dam is tans 69% vol, Theewaterskloof-dam staan op 53%, en die Brandvleidam op 57%. Die Clanwilliam-dam is tans 100% vol, dit is die enigste hoogtepunt.”

Bredell doen ʼn beroep op die provinsie se inwoners om steeds water te bespaar om seker te maak die damvlakke herstel tussen die droër somerseisoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Koos ·

Die weskaap regering moet belê in onsoutings aanlegte en dit finansier deur water aan rand water te verkoop net soos in Dubai is dit ‘n duur proses maar word goedkoper namate dit in ‘n groter skaal gedoen word.

JP ·

Koos, weet jy hoe ver is die Weskaap kusgebiede van Rand Water af? As jy gepraat het van die Natalse kus, kon ek jou dalk glo.
Die Weskaap moet inelkgeval eers kyk na die verbruikers in die Weskaap, voor daar gekyk moet word na die geld wat gemaak kan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.