Wes-Kaapse damvlakke styg effens danksy reën

Voëlvlei-dam in die Wes-Kaap (Foto: capetown.gov.za)

Voëlvlei-dam in die Wes-Kaap (Foto: capetown.gov.za)

Vlakke van damme in die Wes-Kaap het gemiddeld met ongeveer 5% gestyg danksy swaar reën in die provinsie, maar bly steeds kritiek laag.

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het gesê die damvlakke het tot ongeveer 35,4% gestyg, maar is steeds laer as die 59,2%-vlak tydens dieselfde tyd verlede jaar.

“Groot dele van die provinsie het broodnodige reën gekry. Dit ondersteun die landboubedryf tot ʼn sekere mate,” het hy gesê. “Ons kort ongelukkig nog baie reën sodat die damvlakke ten volle kan herstel voor die somer.”

Die Bulshoek-dam, Clanwilliam-dam en Voëlvlei-dam se vlakke het gestyg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

neelsie ·

God is genadig ,ongeag die afvalligheid van die mens.
Maar wees gewaarsku , Sy stem kan stil raak.!

Ludwig Visser ·

Ons hier aan die Weskus en die suidpunt van Namakwaland is baie dankbaar vir die reën. Die totaal tot dusver is nog veronder ons gewone winter-kwota, maar elke druppel bly vir ons ‘n seèn. Plek-plek begin al plassies water staan , wat aandui dat die grond al taamlik versadig is, maar die jaargety het al gedraai, en teen hierdie tyd behoort die blom-opslag al mooi groot te gewees het. Daar is nog bitter min teken daarvan, so die voornemende blomkykers moet maar eers navraag doen voordat hulle dalk vergeefs duskant toe ry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.