ʼn Wes-Kaapse LUR is in hegtenis geneem nadat hy glo die spoedbeperking op die N1 naby Midrand in Gauteng oortree het.
“Die LUR het Sondagoggend vroeg teen 207 km/h in ʼn 120 km/h-sone gery,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê. “Hy het daarna versuim om stil te hou toe metropolisiebeamptes hom agternagesit het.”
Volgens Minnaar is die LUR in sy goudkleurige Bentley uiteindelik in Corlett-rylaan aangekeer. “Hy is onmiddellik in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van roekelose of nalatige bestuur,” het Minnaar bygevoeg. “Hy is na die Midrand-polisiestasie geneem waar hy later vrygelaat is op borgtog van R1 500.”
Hy sal Woensdag in die Randburg-landdroshof verskyn.
nogal in n bentley, waarheen die haas in die vroee oggendure, hulle is mos altyd laat, gevaar vir die pad en mede gebruikers, vat sy lisensie weg asb!!
Dit gaan goed daar in die Kaap onder die DA dat ‘n LUR ‘n Bentley kan bekostig.