Wes-Kaapse man dood in tref-en-trap

Foto: ER24.

’n Man in sy veertigs is Donderdagoggend dood in ’n vermoedelike tref-en-trap-voorval.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Tygerbergvalleiweg in die Richwood-omgewing in die Wes-Kaap plaasgevind.

Die voorval het omstreeks 07:50 plaasgevind.

“Ons paramedici het die man aangetref waar hy in die middel van die pad lê,” het Meiring gesê.

Die man is ondersoek en daar is vasgestel hy het ernstige beserings opgedoen en toon geen tekens van lewe nie.

“Daar kon ongelukkig niks vir die man gedoen word nie en hy is 08:01 op die toneel dood verklaar.”

Die voertuig wat vermoedelik betrokke was in die voorval is nie op die toneel aangetref nie.

Die polisieondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.